Volg die wit hasie…

9716474074666573eb3e49c516daf4a5

Plek: Iewers in Zimbabwe waar daar nie selfoonsein is nie en ‘n skottel so groot soos ‘n corsa lite die internet opvang.

Die skapie weier om te slaap as hy nie eerste sy bottle gedrink het nie. Die nagaapie wil nie vanaand uit sy hok kom nie en het my al twee keer gebyt. Hy is bang vir iets en ek jag al heel aand die “ding” wat hy so bang is voor. Heel moontlik ‘n slang wat buite sy hok rond beweek. Dit kan ook hyenas wees aangesien die “houseboy” se trop skape van 11 na 4 verminder is oornag. Ek probeer my hondjie binne hou maar waar ek gaan, daar sal sy saam gaan. My ewige skaduwee.

So jy het tot hier gelees en wonder seker waaroor gaan my blog nou eintlik. Dit gaan oor my metamorphoses van gewone dorpsmeisie na ‘n regte Afrika boervrou. Ten spyte daarvan dat ek byna al my vakansies op my oupa se plaas was (leer skiet het, trekkker bestuur en skaap vang) het ek al daardie dinge verleer soos wat ek ouer geword het. Ek moes agter ‘n rekenaar inskyf en kaalvoet-in-die-rooigrond dae opgee om ‘n salaris te verdien. My lewe lank het ek in een dorp gebly, dieselfde vriende gehad en niks veel verder gedoen as een keer Mosambiek toe te gaan nie.

Drie jaar terug het ek ‘n wonderlike man ontmoet (is dit nie hoe meeste stories begin nie?) en ek het alles opgegee om by hom in Zim te kom bly. Vir iemand wat panic attacks kry van net na ‘n nuwe mall toe gaan, is hierdie soos om aarde te verlaat en saam aliens na hulle planeet te gaan. Ek wil graag my avonture met soveel mense deel as wat ek kan. My man is 36 en ek is 30, ons gaan nie kinders kry nie en ek wil nie hê al ons stories moet soos rook in die wind verdwyn as ons eendag weer stof word.

Ek weet nie veel van spel of tel of politiek nie maar, ek weet wat ek beleef. Hopenlik gaan jy lag, dalk ‘n bietjie huil maar bo alles hoop ek jy gaan hierdie stories deel.

Lekker aand,

Die Wit Hasie

 

 

Advertisements

2 responses to “Volg die wit hasie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s