Rise of the machines…dit het begin

download (1)

Vandag wou ek baie graag die storie vertel van al ons diere kinders en die snaakse goed wat hulle doen. Opstaan, koffie, rekenaar aansit om die dag te begin….rekenaar aan sit…rekenaar…ek druk en druk daardie knoppie tot my vingerpunte seer is. NIKS. Ek begin saggies mooi praat met die pc.

“Asseblief sit aan. Toe. Asseblief.” dan harder en harder tot ek met my kop in my hande sit voor die ding en smeek.

“Ag jy vra so mooi en ek wil jou nie WEER sien huil nie, ek sal maar werk.” sal die pc sê en al die liggies sal begin flikker en die fan begin sing.

Toe nou nie hoor. Hy bly net yskoud dood! Verstaan mooi dat ek the worst luck met technology het. Sarah Connor het beter geluk gehad met die goed. As ek Superman was, sou die touch screen my kryptonite wees. In my lewe praat ek baie vinnig maar dit vat my minute (en in die whatsapp wêreld kan dit net sowel dae wees) om een SIN te tik. Omdat my brein so vinnig werk beteken dit dat teen die tyd wat ek by die helfte van die sin kom, ek reeds vergeet het wat ek wou sê en net iets so ‘K’ terug stuur. Dit na ek die J en die L veertig keer getik en delete het. Ek MOES oorgaan na ‘n touch screen omdat my BB sy gat gesien het. Die eerste week saam die touch screen was baie rof. Ek kon net voice notes stuur want ek kon nie tik nie en in een histeriese voice note het snot en trane vir ‘n vriendin vertel hoe ek nooit weer sal kan tik nie want ek gaan net kan praat. Stel jou voor, ‘n foon waarmee jy net praat. Wie sal nou so iets gebruik, hoe leef mens so en voel jy die sarkasme hier?

Ek vertrou nie ATMs nie, E readers is spymasters en technology het ons klaar slawe gemaak met social media. So terwyl ek my kop saggies op die tafelblad doef-doef-doef stamp en steeds die knoppie herhaaldelik druk besef ek hierdie is ‘n geskenk. Dis nie die pc wat vandag ‘n unplug dat gevat het nie, dis ek. Soms moet mens net van al die verligte skermpies af weg beweeg en buite gaan sit. Kyk vir die wolke, voel die groen gras tussen jou tone en asem net jou hele wêreld in want jou wêreld is nie in die internet nie.

P.S Met alles wat vandag verkeerd gegaan het, word die pc en selfone in tinfoelie toegedraai vanaand……net om versigtig te wees.

 

Lekker aand (aan niemand)

Die Wit Hasie

 

 

Advertisements

3 responses to “Rise of the machines…dit het begin

  1. Hallo Wit Hasie…ek gaan jou volg.Welkom hier in blogland.Ek hoop jy voel gou tuis.Ek sien uit na inskrywings oor Zim.Was al ‘n paar keer daar,maar deesdae klink dit hartseer.Sal graag by jou wil hoor wat die werklike situasie is.

    Like

    • Bloos ek darem nou lekker. Ek het nie gedink iemand sal my blog ondek nie. Doen dit sommer net vir sommer. Baie dankie dat jy so gaaf is. Ek sien baie uit daarna om mense oor hierdie mooi vreedsame land in te lig

      Liked by 1 person

      • Klik gerus op besoekers van my blog,dan kommentaar jy by hulle.Jy sal so sommer gou baie vriende maak.Hier is nie baie Afrikaanse blogs nie,maar die klomp wat by my lees is die moeite werd om te volg.Lekker skryf..ek sien uit daarna!

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s