Om ‘n hart heel te maak. 1

176

 

In Augustus 2014 kom ons by die huis na ‘n lang naweek weg waar daar geen selfoon opvangs was nie. Ons bly in Zim en die res van die geliefde is in SA, dus hol ek eerste vir die foon om seker te maak alles gaan goed met almal en te laat weet ons is veilig by die huis. Die boodskappe rol een na die ander in Oupa het geval en sy been sleg gebreek, Oupa het van ‘n bakkie afgeval en baie seer kry, oupa, oupa, oupa….En my hart gaan staan van skrik. My oupa is in sy sewentigs maar ‘n besige ou man. My beste pel en alles wat ‘n oupa vir ‘n meisie ooit moet wees. My grootste cheerleader en soms meer ‘n pa as my eie pa. Toe ek mans begin meet teen pa en oupa, het ek die liefde van my lewe gevind. Oupa is freaking awesome om tot die punt te kom.

Oupa en ouma was op ‘n wildsrit saam vriende en toe hy af klim kon hy nie oor sy groot maag sien nie. Ek weet wat beteken dit as oumense val. Ek weet ook dat met sy honderd en iets kilogram gewig op ‘n 1.6 meter lyf, gaan dit baie moeilik wees om daardie been weer reg te kry. Ek wou van my kop af gaan omdat ek nie daar kon wees nie maar ma en ouma verseker my hy is fine. Die atmosfeer in ons bitter klein famielie het klaar verander. Dit voel of ons by die soompies begin los trek. Oupa is my pa se pa. Aan pa se kant is dit net Ouma en Oupa en ‘n oom wat nie getroud is of kinder het nie. Niemand anders is oor aan daardie kant nie en ek kom agter oupa is eintlik die water van ons spulpunt.

Weke gaan verby, operasie na operasie en oupa doen goed. Ek kry gereeld voice notes en videos van hom. Ek en manlief trou in Augustus 2015 so ek beplan troue ook nog. Oupa is baie opgewonde en belowe hy sal met my kan dans op die troue. Dit was nog altyd ons ding van dat ek van trou begin praat het as jong meisie, Oupa moet daar wees om met my te dans.

In September kan ek weer vir almal in SA gaan kuier en ook trou venue soek. ‘n Besoek aan oupa in die hospitaal stel my gerus dat hy een van die dae weer op en aan die gang gaan wees. Hy baie gewig verloor en lyk gesond. Hy is in Pretoria en ons dorpie is in Limpopo so dis ‘n ent se ry van mekaar wat beteken dat ek hom nie gou weer gaan sien na daardie besoek nie. Ek het nie daardie dag besef dit sou die laaste kuiertjie wees nie ander het ek soveel meer gesê en langer gebly om sy hand vas te hou terwyl ons grappies maak oor hospitaal kos.

‘n Week later is ek en my ma op besoek by ‘n lodge wat as trou venue gaan dien toe ons die oproep kry dat my pa, ouma en oom na die hospitaal ontbied is. Oupa het soos hulle sê ‘n turn for the worst gemaak en hulle kry om nie terug gedraai nie. Ek het nog in die week met hom gepraat en alles was reg, nou skielik is my oupa besig om dood te gaan. Die wilde kontras van daardie dag sal ek nooit vergeet, die vreugde van ‘n venue kry waar ek my lewe aan ‘n man gaan belowe en die nuus dat ‘n groot man in my lewe besig is om dood te gaan.

Dit was die Vrydag 26 September 2014. Saterdag oggend 27 September word ons wakker met die nuus dat hulle die morfien begin verhoog het en ons weet die tyd is nou naby. Ons ry om goedjies vir my ouma se huis te koop want besoekers gaan binne kort opdaag as sy terug is van Pretoria af. Dis ‘n klein dorpie so dis nie eers nodig om mense te bel met die nuus nie. Ek dink ons was voor my ouma se huis toe ek en my ma die nuus kry dat hy nou weg is. Ek kan regtig nie onthou nie, daardie dag is ‘n mengelmoes van snot en trane. Wat ek wel baie goed onthou is die melk in my hand en hoe ek gewonder het of dit genoeg sal wees vir al die koffie en tee wat ek sal moet maak.

 

Vir nou gaan ek hier stop, my man kyk my snaaks aan omdat ek so sit en huil voor die rekenaar. Jy mag dalk jouself vra hoekom ek so iets op ‘n blog sal skryf, dis darem baie persoonlik. Wel, my oupa is veras en in die Kruger Wildtuin gestrooi. Daar is geen graf om te besoek en na twee jaar is dit steeds baie moeilik om met enige iemand oor hierdie gebeurtenis te praat. Nou nog huil ek soos ‘n kind as ek net dink aan hom en dat hy nie meer hier is nie. Dalk as ek daaroor skryf kan ek so bietjie begin minder huil. Skryf was nog altyd my sielkundige. Paging docotor pen and paper.

 

Die Wit Hasie

 

Advertisements

20 responses to “Om ‘n hart heel te maak. 1

  1. Ek is bly jy het ‘n draai gemaak op my blog. Dis goed dat jy jou gedagtes en gevoelens op jou blog uitstort – en dus ook met die klomp bloggers hier deel – dis goeie medisyne vir die siel. Ons is almal al min of meer deur die meule wat hard maal en verstaan. Jou oupa klink asof hy ‘n besondere man was. Ek volg graag die blog waar die hart geheel gaan word.

    Like

  2. Wat ‘n voorreg dat jy jou lewe kon deel met so ‘n pragtige oupa!Pragtig geskryf,Wit Hasie.Ek is nou sommer saam met jou hartseer.Jy sal sien dat baie bloggers skryf oor hul hartseer…dis terapie en gedeelde smart is halwe smart.

    Like

  3. Pen en papier of te wel keyboard en rekenaar is soms die beste terapie. Skryf gerus jou pyn uit, al deel jy dit nie met ons nie en skryf dit in ‘n boek gee jy nogsteeds tyd vir ‘n seer om salwing te kry… gryp net daii pen en papier en volg jou hart.

    Ek ken die soort seer waarvan jy skryf. My ma is vyf jaar gelede oorlede en soms, net soms is daar nog ‘n onthou vol trane… dit raak makliker, maar dit gaan nooit weg nie, maar hoekom moet dit weggaan as dit trane is vir iemand wat jou opgebou en gehelp het om jou hart mooi te hou. So as jy wil huil en onthou, volg jou hart en onthou. Hartseer trane gekweek in liefde is nooit iets om oor sleg te voel nie.

    Like

  4. “Hierdie Hasie verbeel haar sy kan skryf maar eintlik is sy net lief vir skryf.”
    Van iemand met ‘n baie soorgelyke ingesteldheid verbeel Abrie hom hardop dat jy wel kan skryf en dat jy jou nie hoef te verbeel dat jy kan skryf nie. Skryf you stories maar druk gereeld jou tone in die rooi grond want dit gaan jou stories mooier en aardser maak.

    Liked by 1 person

  5. Skryf is beter terapie as wat meeste mense besef. Dis hoe my blog begin, so uhhmm, ek dink drie jaar terug? Ek kan my vereenselwig met jou hartseer oor jou Oupa. My Oupa en Ouma is ook in die laaste vyf jaar oorlede. My Ouma se dood laat die grootste leemte in my hart en lewe. Sy het permanent “geworry” oor al haar kinders en kleinkinders. Sy het gereeld gebel, sms’e gestuur, my gunsteling kosse gemaak wanneer ek gaan kuier het, ens ens. Sy was baie siek na die einde toe – ek het maar begin bid dat sy eerder moet gaan. Die seer raak minder, maar die verlange is maar altyd daar. xx

    Liked by 1 person

  6. Hartseermooi het jy dit vertel. Iemand het my eenkeer gesê ‘jy sê soms goed wat ons nie weet hoe om te verwoord nie’. Ons is geneig om so beskeie te wees weet ek – maar ons eie gedeelde droewighede beteken dikwels iets vir iemand anders. En dit gee dit ‘n doel – sonder dat mens weet.

    Like

  7. Dankie vir die “follow” op my blog….om jou te ondek is soms a groot plesier as ek kan al weer begin oefen my ou skooll Afrikaans (verskoon my vir die foute!) Eks ‘n bietjie “anxious” om die wit hasie te volg….ek ken waar dit sal gaan en eks bekommerd! 😉 Jammer te lees oor jou verloor (loss ?) van jou Oupa. Bioman.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s