Die avonture van ‘n bang Hasie

Goed, laat ek begin deur eers ‘n bietjie agtergrond te verskaf. Hierdie hasie bly haar hele lewe lank in een dorp waar haar oupa en pa groot geword het. Ek is ‘n baie bang hasie soos meeste hasies maar is en het ‘n paar quarks om saam dit te gaan. Ek is bang vir roltrappe want hulle gaan my voet vasknyp en die handreëling is vol dodelike kieme. Ek is bang vir huisbakke want ek kan daar vassit of hulle kan val en die knoppies is vol DK. Ek is bang vir groot groepe mense, vreemde mense, vreeemde plekke, om langpad te bestuur, om in besige plekke te bestuur, om te vlieg, publieke badkamers, om in die publiek te eet, om te eet en drink aan goed wat vreemde mense aan gevat het, om dom te wees, dat ander mense vir my lag (nie saam my nie), dat mense my naam gat maak of ek self my naam gat maak……sjoe, dis eintlik ‘n baie lang lys hoor. Vir die wat al Mr. Monk gekyk het, ek is nie ver daarvan af nie. Ek steek dit net baie goed weg. Wanneer ons iewers gaan kuier, drink ek wyn want dis mos ‘n kuier en dit help om my te laat ontspan en met mense praat. Nou het ek opgehou drink en moet dus maar blog.

Ek het in ‘n koekon groot geword en my ouers was baie streng. “Wat sal die mense sê” is iets wat nou nog in my kop ronddwaal en maak dat ek vir niemand (nie eers my man) van hierdie blog vertel nie want ek is bang hulle lag vir my. Op skool het ek my groot liefde ontmoet en ons was saam tot ek so 26 was. Daar val al my planne uitmekaar want ons werk nie uit nie. Vir die eerste keer ooit moet ek alleen bly en nuwe vriende maak sonder dat iemand my hand vashou. Dit was basies tyd vir Hasie om groot te word. Die jaar was 2013 en ek was gatvol vir gatvol wees. Moeg vir bang wees, moeg vir stress en moeg vir al die mense om my wat my net kon sien as ‘n bang hasie.

Die idee om in George te gaan bly het oornag by my opgeduik, nadat ek ‘n lys sit en maak het van die man wat die Here vir my moet stuur. Toevallig was my ouma en oupa(van ma se kant) oppad George toe vir ‘n vakansie en ek besluit om saam te gaan. Ek wou gaan kyk hoe my nuwe lewe sal lyk as ek die groot stap neem en ek was oortuig ek sou my man daar ontmoet. Daardie vakansie het my lewe verander. Vir die eerste keer in my lewe het ek begin glo in myself. ‘n Vriendin se broer het op facebook met my begin gesels terwyl ek op vakansie was want hy is ook mal oor die Kaap en ken die area goed. Hy was op daardie stadium besig om te werk in Zim…… wel, die res is ‘n fairy tale romance history. So ek het toe my man in George ontmoet, hy was net nie fisies daar nie. Alles opgegee en oor ‘n 1000km agter liefde aangetrek. Almal het gedink ek het my varkies verloor.

 

Fast forward na 2016 en ek vlieg gereeld af SA toe om vir die famielie te gaan kuier, draf deur die grenspos al het ek griep, was al armlengte ver van ‘n olifant op die oewer van die Zambesi rivier, het gaan tiervis vang op Cahora Bassa, in ‘n helikopter gevlieg en ek bly op ‘n plek waar ons 4 blankes is en van die kinders nog nooit mense met ons velkleur gesien het nie.  Regtig. Ons het gery om na die skool te gaan kyk wat deur ‘n storm amper plat gevee is en een van die kleintjies het begin huil toe hy ons sien. Dis ‘n baie aardige gevoel as jy kinders bang maak.

  1. Die area waar ons bly075.JPG

2.Kapentas eet in Moz115.JPG

3.Ek is al ‘n pro met vlieg094.JPG

4.Traffic jam in Zim021.JPG

5.Wild kyk op die Zambesi (het ek genoem ek is bang vir olifante?)031.JPG

6.View van die stoep af.029

 

 

Advertisements

13 responses to “Die avonture van ‘n bang Hasie

  1. Nee skaam jou! Mens mag nie kinders so ontstel nie bwahaha. Dit lyk na ‘n baie lekker en interessante lewe wat jy daar het. Mooi wêreld daar. Jy het duidelik gegroei in jou selfbeeld; doe zo voort.

    Like

  2. “What’s wrong with wanting more. With all there is, why settle for a piece of sky” Barbara Streisand in YENTL.
    Niks fout om jouself hier uit te druk nie. Gaan vir goud. Ek is bly ek het jou raakgelees.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s