Hallo Tarzan.

020.JPG

Elke jaar in November begin die reënseisoen met ‘n moerse storm. Dames en here, hier oordryf ek nie. Dis reën en wind soos ek nog nooit gesien het nie. Dakke word afgewaai, bome word soos vuurhoutjies geknak en ek gaan skuil met die diere iewers in ‘n kamer. Laas jaar November is dit toe weer sulke tyd en dit klink of ‘n jet op die huis wil kom land soos die wind alles probeer wegwaai. Na die tyd loop ons deur die tuin en observeer die skade. Darem nie so sleg soos die vorige jaar toe ‘n boom op die huis geval het, nogal in die aand. Nou daai shit was scary maar dis ‘n inskrywing vir ‘n ander dag.

Tussen al die bome en takke deur hoor ons ‘n geluid, klink amper soos iets uit die Predator movies maar ons vind nie sy bron. Volgende dag begin die groot skoonmaak en die tuinwerker kom roep my oor iets snaaks wat hy tussen die takke gekry het.

024.JPG

Vader maar my hart breek in stukke net daar. Dis ‘n nagaapie. Nat, koud en heel aand op die grond tussen die takke vasgekeer (tot vandag verwyt ek myself omdat ons hom nie die vorige dag al gekry het nie). Hy is so naby aan die dood dat ek om eers nie wil optel. Ek is baie sag as dit by diere kom en een ding wat ek verseker weet, hier kom nog baie trane. Dan hoor ek weer daardie geluid en die keer kom dit van bo in die boom.

028.JPG

Heel….heel bo in die boom hang nog so kleintjie aan ‘n takkie niks groter as my pinkie. Hy gaan val en hy gaan hom doodval as ons nie vinnig ‘n plan maak nie. Ons trek die bakkie tot teen die boom, sit ‘n leer agter op die bakkie, stuur die huisjong die boom in met meters se rolbar en ‘n sak voor aan vasgemaak en bid.

025.JPG

Ons doop die een Yoda en die knaap wat so ver in die boom op was heet Tarzan. Dis ‘n groot geskarrel om uit te vind watter kos moet hulle kry en hoe om hulle warm te. Yoda was nat en om die grond heel aand en mens kan sien hy kry van die begin af swaar. Daar is nêrens naby ons ‘n plek waar hierdie twee boeties heen kan gaan nie en so word ons ma en pa vir twee nagaapies. Binne die eerste week doen Tarzan baie goed maar teen die naweek kan ons Yoda sien gly. Dis alles in sy longe in en hy is net ‘n slap hygende dingetjie as jy hom optel. Ons besluit saam om dit te eindig en nes ek voorspel het, is dit riviere vol trane. Ons praat nou nog nie oor dit nie. Dis net te donners seer en ek glo nie ons sal ooit onsself kan vergewe vir sy dood nie. Ek bly altyd wonder of ons meer kon doen, wat ons verkeerd gedoen het en en en.

IMG-20151123-01017.jpg

Nou ja, daar sit ons toe met ou Tarzan en dis ‘n gespartel om hom aan die gang te hou. Dis elke drie ure se opstaan en soms meer net om te kyk of hy okay is. Ek google die hel uit die internet uit om alles moontlik oor nagaapies te kry. Daar is nie veel nie. Gelukkig kom ek af op ‘n vrou wat al van hulle groot gemaak het en sy gee ons hope raad oor kos en so meer.

024.JPG

Verstaan mooi dat hierdie NIE ‘n troeteldier is nie. Ons het hom nie gaan steel van sy ma af omdat ons dink hy is cute nie. Ek is baie BAIE teen die aanhou van sulke diertjies as troeteldiere. Hy is baie werk, baie aandag en baie geld. Waar hy eintlik hoor is by sy ma en ek het die eerste week elke aand gaan buite sit om te kyk of een kom. Ek wou hulle nie hê nie want dit het net nie reg gevoel nie. Wildediere moet asseblief wild bly, moet nooit ooit hierdie tipe diertjies koop nie want jy voer net die onwettige handel. My droom is om Tarzan eendag weer te laat gaan en hopenlik kan hy dan sy eie klein Tarzans gaan maak. So asseblief julle, hierdie is nie ons troeteldier en jy moet nooit een aanskaf vir daardie rede.

029.JPG

Die krimvarkie teddie het sy ma geword en tot vandag gaan slaap hy nie sonder die teddie nie. Ons het al ander gekoop vir hom wat groter is (want hy is al te groot vir teddie) maar hy stel nie belang. Hy is nou al ‘n groot seun en binnekort ‘n jaar oud. Daar is ‘n wilde maatjie wat elke aand vir hom kom kuier en ons hoop dis ‘n girlfriend saam wie hy in Desember kan gaan.

12401998_10208749387836025_8400282127409043698_o.jpg

Ek het nie baie fotos van hom nou dat hy groot is nie omdat ek bang is die flash maak sy oogies seer. Sy nuwe maatjie hou ook niks daarvan as jy ‘n lig in sy/haar (ons weet nog nie) rigting skyn nie so fotos neem is uit.

 

13707562_10210348475292212_682958884613990861_n.jpg

As hy op sy agter bene staan vat hy my om die knieg en hy is al lekker swaar. Ek is baie dankbaar ons kon hom red en dat ons hom kon grootmaak. Hy het egter net liefde vir my man. Dis sy groot pel en ek is maar net ‘n glorified waitress (is alle ma’s nie maar nie?) Toe hy nog kleiner was, het hy in een van die spaarkamers gebly want hy was nog te klein om op sy eie buite te wees. Wat ons vergeet het is dat hierdie diertjie baie slim is en duime het so toe maak hy vir homself die venster oop en gaan speel buite. Dit terwyl ‘n reuse uil aand na aand net hier voor ons stoep kom sit en roep het. Ek het tot die volgende oggend vier uur na hom gesoek en ek was seker die uil het hom gekry. Gelukkig het hy honger geword en huis toe gekom. Ek het toe besef hoe moeilik dit gaan wees om hom te groet eendag maar hoe dan anders? Jy kan nie iets wat wild is, probeer mak hou nie. Dis net wreed.

Nou is dit eers tyd om hom buite toe te vat vir die aand. Waar meeste diere nou gaan slaap, begin sy dag eers. Dis lang laat aande met so ‘n diertjie in die huis.

Lekker slaap

Die Wit Hasie

Advertisements

7 responses to “Hallo Tarzan.

  1. Selde hier die fotos se nommer wys maar nie die foto self nie.
    Wat Yoda aanbetref, partymaal loop dinge verkeeerd ten spyte van ons beste pogings maar daar is ook ‘n anderkant. Ons maak partymaal droog en dan kom dinge tog reg – dit is genade.

    Liked by 1 person

  2. Hoe vreeslik interessant om ‘n nagapie te kan versorg. Ek het natuurlik in die middel van die storie ingestap (met Girlfriend), en moes toe eers gaan lees wie Tarzan is. So vreeslik jammer om te hoor oor Girlfriend. Mag daar ‘n hel wees vir sulke mense.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s