‘n Cheat sheet vir die lewe.

image.jpg

My vriend Mr. Wit en ek is al vriende van std. 9 af. Hy was nuut in die skool en het vriende gemaak met outjies wat regtig losers was. Ek kon sien hy is heeltemal te slim en goed groot gemaak vir daardie spul maar in ‘n nuwe skool val jy in by die eerste mense wat jou maatjies wil wees. Mr. Wit is my boetie. Dalk nie deur bloed nie maar ek is seker daarvan die Here het hom vir my gestuur as ekstra back-up vir die lewe. Hy het gekyk dat my huiswerk gedoen is, vir my gecover as ek slip (en met my geraas) en altyd geglo in my skryftalent. Ek in return het weer hom raad gegee oor verhoudings, bitchy girlfriends verdryf, die rugby jocks se gatte geskop wat hom wou boelie en seker gemaak hy lewe net ‘n bietjie.

Mr. Wit en ek het deur die jare regte “wenners” gedate. Gelukkig het ons altwee met wonderlike mense getrou en sy vrou is een van my beste vriendinne. Sy is my skoonsus. Vir ‘n hele paar jaar sukkel hulle om swanger te word. Al die ander vriende en famielie het met gesinne begin en hulle gesinskar was nog by die begin punt. En toe die mooiste boodskap ooit.

“Wou jou graag laat weet dat ek tussen 4 en 5 weke swanger is!”

Ek het begin huil. Dis hoe bly ek was. Hulle is die twee heel beste mense wat ek ken (net na my man) en ek is klaar lief vir hulle mensie. Ek het begin dink aan ietsie special doen vir die klein man (ja dis ‘n seuntjie) en wat ek graag wil doen is om ‘n boek te skryf vir hom. Dinge wat niemand vir jou sê soos dat dit nie saak maak watse moeilikheid  jy in beland nie, jou ma en pa sal altyd lief wees vir jou. Of…..blank. Ek het net die idee om die boek te maak maar die inhoud is bietjie flou. Aan die een kant dink ek dis ‘n baie oulike idee en aan die ander kant dink ek weer dis stupid en ek gaan my naam gatmaak.

As daar ‘n insperasie feetjie is of ‘n kabouter wat my beter kan laat skryf, nou sal die tyd wees om te skitter julle. Ek het tot Desember kans om hierdie plan deur te voer of in die asblik te gooi. Ek begin nou verstaan hoekom van die beste skrywers ‘n drank probleem het.

13718531_643785779104343_2605083333071086889_n.jpg

Die Wit Hasie

PS As jy raad of ‘n idee het, nou sal die tyd wees om te praat.

Advertisements

4 responses to “‘n Cheat sheet vir die lewe.

  1. Wat van “life truths” in rymelary per alfabet letter…. sodat sy ouers dit al van vroeg af kan lees?
    B=bang/baie/boelies/boeliebeef/balspeel en gepaardgaande gedagtes daarom.

    Sal bietjie dink oor hierdie een.

    Like

    • Ja ek wens eintlik ek kan meer boekies doen. Een vir elke life stage. Een waar jy vertel hoe pa die monsters kan doodmaak, een waar jy hom vertel dat daar hoop na die hormone is en een wat jy hom vertel dat ‘n grootmens wees suck en dis awesome. hahaha!!

      Like

  2. Jy het my hier…sal dit nie beter wees as jy vir hom ‘n album maak van bv sy eerste lewensjaar,met al sy foto’s in nie…amper iets soos ‘n scrapbook,maar op jou eie manier sonder tierlantyntjies.Ek het dit gedoen vir my kleinseuntjie..sy eerste jaar en toe een met sy tweede jaar en nou is ek besig met een vir sy derde jaar.Sommer gedoen op Photoshop en laat print op A4 gewone papier,met ‘n oulike foto op elke album se buiteblad.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s