Die k@k wat jy nooit geleer het nie

Vandag besluit ek om koek te bak vir my man. Dis natuurlik ‘n flop want ek kan nie bak nie. Punt. Dierbaar wat hy is, eet hy dit in elk geval met ‘n smile. Ek dink vies terug aan skool en probeer dink waar gebruik ek algebra in my elke dag se lewe, of hoe het geskiedenis dinge vir my makliker gemaak. Hel, ek kan skaars spel in my eie taal man. Ek wens skool het ons geleer van geld spaar, huis koop, kos en klere maak, noodhulp of net hoe om ‘n blêrrie CV op te stel. Ek weet dat meeste van die goed hoort jy by jou pa en ma te leer maar met altwee ouers wat deesdae moet werk, wie het die tyd?

Ek weet nie eers hoe om ‘n flippen soom in te sit nie. Dit is alles goed wat ek nou self moet leer. Gelukkig kan ek kookkos maak en ek kan braai. My asyn poeding is tops en ek weet hoe om ‘n budget te maak EN daarby te hou. Die res moet ek nou leer wat my laat voel hoërskool was ‘n mors van tyd (en my twintigs for that matter) en ek wonder maar net, hoe gaan die kinders wat nou op skool is nie sukkel nie? Die goed wat hulle deesdae leer is great as jy gaan swot maar met die land soos hy is, geld en geleentheid in sy glory, kan jy weet dat meeste sal dadelik moet begin werk. Gaan hulle ‘n huishouding kan run met dit wat hulle geleer het? I think not. So dalk in plaas van boetie stuur vir musiek lesse of sussie stuur vir dans….stuur hulle na mense wat hulle goed kan leer wat hulle wel eendag kan gebruik.

Ek gaan nou koffie maak en jammerlik aan my flop eet want selfs die hond weier ‘n happie en mens mag nie kos mors nie.

Lekker aand

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Die k@k wat jy nooit geleer het nie

  1. In vandag se lewe is die meeste mense NIE so bevoorreg soos jy nie…. hulle wens hulle het tyd om die goed te doen waarvan jy hier praat. Hulle koop eenvoudig n nuwe “iets” as die soom uit is of gee dit erens in…. in stede hou bitter min mense nog huis…. jong mense ken en weer nie hoe wat en waar nie… dis baie sad.

    Like

    • Ekl hoor wat jy sê, maar om te weet van soom in sit of hoe om kolle uit ‘n hemp te kry dink ek nie het iets met tyd te doen nie. Ek praat bloot hier van basiese vaardighede wat ons nooit geleer het nie wat ek regtig wens daar was klasse op skool voor. Die koek bak is maar net ‘n voorbeeld.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s