Is ek reg vir kritiek?

download (1).jpg

Die idee agter die blog was nie net om MY stories te deel nie maar ook die wat uit my droomwêreld wil ontsnap. Die probleem met dit is dat ten spyte van mense wat my verseker ek kan skryf, glo ek dit nie. Seker omdat ek so baie spel en taal foute maak. Dis regtig soos ‘n disability vir my. Om foute te maak in jou skryfwerk is soos om te hakkel as jy praat. Almal kry die idee van wat jy wil sê maar dit vloei nie so mooi nie. Anyway, ek kry toe my moed bymekaar geskraap uit elke hoekie van my wese en plaas my storie. Let wel, Trooskombers is deur ‘n baie oulike dame vir my geproeflees. Daardie dag was baie moeilik gewees. Ek het elke vyf minute gaan loer of iemand iets gesê het oor die storie en ek het my reg gemaak vir iets soos

“ja dis oulik maar…”.

Ek is ook deel van ‘n page op facebook waar jy stories kan plaas en een van hulle reëls is, dat dit nie hulle probleem is as jou storie negatiewe kritiek ontvang of selfs afgekraak word nie. Jy moet die punch kan vat. Daar sit ek en wonder of ek regtig die punch sal kan vat. Om te skryf is baie persoonlik. Dis ‘n stukkie van jouself wat jy deel met ander. Altans, dis hoe dit vir my is. Is ek regtig sterk genoeg om van wild vreemdes te hoor:

“Sussie, die storie is ‘n bol stomende kak. Jy moet liewer terug in die bed klim.”?

Ja, ek is. Ek het die laaste jaar mense uit my lewe gesny wat al van skooldae af daar is. As ek die guts het om teen hulle op te staan, dan kan ek regtig ‘n klomp gesiglose poefters hanteer wat iets oor my stories wil sê. As jy moes hoor watter vet bruid jy was na jy so hard geoefen het en NIE in die hoekie gaan sit en huil het nie, dan kan jy weet daar is nie veel wat die wêreld jou kant toe kan gooi wat jy nie kan vat nie.

Ja my skryfwerk is ‘n gehakkel, so what. Ja my stories is nie Stephen King gehalte nie, so what. Ja daar is niks wat iemand kan sê wat ek nog nie vir myself gesê het nie en dit verander alles. Ek werk nou baie hard aan nuwe stories en hopenlik sien ek eendag my storie in ‘n boek. Miskien.

download.jpg

Die Wit Hasie

 

Advertisements

11 responses to “Is ek reg vir kritiek?

  1. Hier is niemand wat mens ooit afkraak nie.Ek lees heelwat blogs met baie taalfoute en gemeng met Engelse terme en niemand kritiseer dit nie.Die rede is,dat dit uit die hart kom van wie ookal dit skryf.Dit vertel vir die lesers meer van daardie persoon en mens weet naderhand presies wie dit is ,sonder om na die naam te kyk.Op ‘n interessante manier leer ons mekaar ken,sonder om ooit mekaar te ontmoet.As iemand jou hier uithaal,is dit gewoonlik ‘n suur trol,wat niks beters het om te doen nie.Skryf uit jou hart uit en die res kom vanself!

    Liked by 1 person

    • O nee ek het glad nie na die blog verwys nie. In fact, ek dink nie ek het al so baie nice mense in die “regte” lewe eers ontmoet soos hier nie. Nee ek verwys na die wrede wêreld van publishing. Daar waar kwaai ooms en tannies moet besluit of hulle jou snert kan smous. Daardie maak ‘n baba bang hoor

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s