D#*@%se Skaap!!!

Dis Sondag. Vir sommige is dit kerkdag, famieliedag of sommer net roer-nie-jou-gatdag. Vir my is dit middag slaapie dag. Dit is die een dag in die week wat ek (na almal kos gekry het) in die bed kan klim en lees tot ek vaak word en vroeg ‘n slaapie inwerk. Ek sien vreeslik daarna uit. As ek dan opstaan na my nap, is dit koffie en ietsie soet. Dis die klein goedjies in die lewe wat my kinderlik opgewonde maak. So vandag, vir die eerste keer in maande kry ek die kans om weg te glip kamer toe. Nee, ek dans kamer toe.

Lekker snoesig in die bed met my koppie tee, al my Afrikaans tydskrifte wat ek oor die grens moes kry (het ek al genoem jy kry nie dit in Zim nie. Not nice hoor!) en ek is so opgewonde oor die lekker lees en slaapie dat ek myself ‘n drukkie wil gee. Gah!! Toe nou nie hoor. Ek is mos ‘n skaapma vir die wêreld se vieslikste bederfde skaap. As hy ‘n menskind was, sou hy die een gewees het wat tantrums gooi in die winkel ten aanskoue van almal, tong uitsteek vir vreemdes en ander kinders gebyt het. Dis hoe bederf hy is. Reëls is vir honde en katte, nie vir ‘n hanslam nie. Nou ja, daar kom staan hy voor die deur en gooi ‘n oscar nomination worthy tantrum. Skop en stamp die hoewe, blêr soos een wat gevang word en stamp sommer die deur met sy kop. Ek laat hom in. Nope, dis nie goed genoeg nie. Hy besluit om eers in die kamer te poo net om te wys hoe ongelukkig hy is. My man jaag hom toe uit die huis want skaapies moet wei dammit, nie mal raak oor hulle nie hul sin kry. Dit keer hom nie vir ‘n oomblik. Hy hol net om na my kamer venster en sit die show daar voort. Ek probeer hom ignore maar na ‘n uur van hy wat blêr, my man wat op hom skree, ek wat hom probeer verjaag en selfs die hond wat blaf….gee ek op en staan maar op.

En wat is die sin wat hy nie kry vra jy dalk?

13315698_10210037718483486_6941240375636065510_n

Om op sy matjie onder die rekenaar tafel te lê en slaap, MAAR ek moet daar sit want hy slaap teen my bene. My man is besig met Fallout 4 so TV kyk is uit en ek gaan sit maar voor die rekenaar. Binne ‘n oogwink is skaapkind op sy pos en vas aan die slaap. So vinnig dat nie ek of my man hom sien inkom het nie.

Wel f@k, bly iemand kry darem ‘n middag slaapie vandag.

Die Wit Hasie

Advertisements

7 responses to “D#*@%se Skaap!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s