Mnr. Dieet, ek wil skei

Vandat ek kan onthou is daar hierdie love/hate relationship tussen my en kos. Ek LOVE om alles te eet (regtig alles, ek het niks op my eet-dit-nie lys) en ek HAAT wat dit aan my lyf doen. My pa is baie ingestel op gesond eet en ook gesond lewe. Die man is al ver in sy vyftigs en het skaars ‘n teken van ‘n boep, gaan gym elke dag en eet byna geen gemors kos nie. My ma aan die ander kant, couldn’t care less. Sy het twee kinders gehad, het haar vyftigs bereik en geniet alles wat lekker is. Na ‘n gym toe gaan met klein poppies wat nog kleiner probeer wees, is nie haar idee van pret nie.

So het ons groot geword met die twee polar opposites wat oefen en kos aan betref. As tiener het ek my lyf gehaat maar as ek nou terug kyk dan gril ek vir hoe maer ek was. Magtig, dit lyk of ons arm was man. Na skool het ek soos ‘n kleuter by ‘n kinder partytjie aan gegaan. Ek was onder my pa se reg-eet oog uit en ek het sommer middel van die nag melkskommel met pies in gesneak. Dan praat ons nou nie eers van hoe baie daar gedrink is met elke braai of “dop na werk” nie. Needless to say, die eens gimnas het begin lyk na iets uit Honey Booboo.

Teen die tyd wat ek dit agter gekom het was dit al heel wat te laat. Dit was ‘n jaar voor my troue en kort na oupa se dood. Deel van hoekom oupa so vinnig weg is, is juis oor hy honderd en iets kilogram geweeg het en die man was skaars 1.7m. Alles het ingegee met die gewig, die val en been breek was nou letterlik the straw that broke the camels…leg. Een jaar om gewig te verloor sodat ek kan rok pas en mooi lyk. Ek het elke denkbare dieet probeer, ek het soos ‘n mal mens aan die oefen gegaan en ek was ‘n train smash. Ek het alles wat oor my lippe gegaan het deeglik bedink. Happie vir happie geweet wat ek inneem en met die stress van troue beplan was dit nie maklik nie. Tog sien ek die fotos en ek is steeds ‘n vetgat. Ek voel so jammer vir my rok want dit was regtig die heel mooiste rok en my lyf het dit net nie justice gedoen nie.

Twee maande terug het ek een oggend opgestaan. Lekker babalaas van my en manlief se kuier die vorige aand (net ons twee want hier is niemand anders). Ons was by ‘n oord en die het ‘n vol lengte spieël. Ons huis het nie so iets en dus vir byna ‘n jaar het ek nog nie myself in volle glorie gesien nie. Wel daardie oggend het ek ‘n skok van my lewe gekry. Ek was byna 30 en ek het soveel ouer gelyk as wat ek gedink het. Ek het regtig nie gedink ek lyk SO sleg nie. Pens hang oor die broek, boobs hang, plumbers crack wys….ek het dit verloor. Sommer net daar begin huil en iewers in my brein het daar uit eindelik ‘n liggie aan gegaan. As jy wil verander hoe jou lyf lyk, dan is daar geen quick fix nie. Jy moet jou hele leefstyl verander. Jou verhouding met kos moet verander. Alles moet verander.

Dis nou al twee maande terug en ek het nog nie weer aan enige drank geraak nie. Ek het ook opgehou rook en ek drink glad nie meer gaskoeldrank nie. Die eerste paar weke se detox van die coke was MOER rof. Ek het nie besef hoe afhanklik jou lyf word van daardie suiker nie. Om van byna ‘n liter coke na NIKS coke te gaan, op te hou drink en rook op een slag….wel ek beveel dit nie aan nie. Ek was siek soos ‘n hond. Hoofpyn, moodswings, griep simptome. Man, my lyf was kwaad vir my. Dieet was ook nie ‘n opsie nie. Ek het dit alles by die deur uitgesmyt en besluit om net kleiner porsies te eet. As ek lus is vir ‘n stukkie koek dan vat ek ‘n happie. Glo dit of nie maar daardie happie is meer as genoeg. Dis wanneer ek dit nie doen nie, dat die lus wen en dan vreet ek die hele koek op.

Ek het my trou rok weer aangepas en my ma was amper in trane. Die rok sal nou aan elke kant met 2cm kleiner gemaak moet word sou ek volgende maand trou. Op my troudag het die rok so styf gesit dat dit soos ‘n korset gevoel het. Nou doen my lyf daardie rok justice. Ek moet ook vir die eerste keer ooit nuwe klere koop omdat myne te groot is. Wie sou dit ooit kon raai? Nou moet ek net myself sover kry om te begin oefen maar one step at a time. Ek is nie superwoman nie jy weet.

‘n Paar dae voor die trou. Nie hoe ‘n bruid hoort te lyk nie. 1 16-11-2014

Die moed om ‘n “after” foto te neem is nog nie daar nie. But hey, watch this space.

Die Wit Hasie

Advertisements

7 responses to “Mnr. Dieet, ek wil skei

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s