Om ‘n hart heel te maak 2

Fokit, om ‘n week so te begin. Ek begin nou regtig opsien na die tyd van die jaar. Oupa se val is om die draai en sy end date is ook net ‘n klipgooi weg. Nou kry ons gister aand die nuus (en soos ek tik begin ek snik want dit kom sit nou hier oor my) Ouma is weg. Sommer net so. Een oomblik pes sy my nog met cute prentjies op whatsapp en ek is te BESIG om iets terug te stuur, nou maak ek plan om af te vlieg vir haar begrafnis. Darfuq??

Na oupa se dood was sy nie dieselfde nie en in die geheim het ek gesit en wag vir hierdie dag. Ek het gewag vir hierdie presiese boodskap en steeds maak dit so donners seer ek weet nie wat om met dit alles te maak nie. Al wat ek weet om te doen is skryf. Om dit nou onder my eie naam op facebook te gaan doen, gaan nie werk want dan lyk ek net soos ‘n simpatie slet. Ek kom doen dit nou maar hier in my wegkruip plekkie waar ek net vir myself bietjie shit kan uitsort. My ouma is dood. My oupa is dood. Ek voel nie oud genoeg om hiermee te moet deal nie. Daar is nog soveel goed wat ek vir haar wou sê. Die laaste keer wat ek haar gesien het was ek nog vies vir haar oor sy en my ouers aan die strei was oor iets. Nou sal ek nie vir haar kan sê dat alles fine is tussen ons en dat ek steeds dink sy die bomb.com. Nope. Dis verby.

Jy sou nooit kon sê dat sy en my oupa lief was vir mekaar soos hulle aangegaan het nie. Daardie twee oumense kon baklei, strei en soms het dit gelyk of hulle mekaar haat. My ouma was ‘n nagging force of nature en as jy nie nou doen wat sy vra nie, sal sy haar rugbreek maar dit sal nou gedoen word. Sy het altyd aan my oupa gekarring oor sy gewig en sy het alles geweet wat in die dorp aangaan. Ek het baie keer gedink sy was ‘n spy in haar jonger dae. Sy het net daai air omtrent haar gehad. So stel jou voor hoe onkant ek gevang was toe my sterk all together ouma een aand bed toe gaan en ek die volgende oggend ‘n patetiese oumens in die kombuis aantref. Dis asof iemand ingeglip het en haar met ‘n kloon vervang het, maar ‘n baie bleek en maer en jammer-gatttige kloon.

Dit was ‘n paar maande na my oupa se dood. Om eerlik te wees, dis asof my ouma ‘n paar maande na oupa dood is en die dop het net bly rond beweeg soos ‘n zombie. Steeds, om te weet ek kan nie vir haar alles sê wat ek wou nie is vir my baie erg. Ek is kwaad dat ek die geleentheid gehad het om my oupa te groet (my ouma het ons boodskappe vir hom gelees voor hy dood is) maar nie my ouma nie. Ek is kwaad dat vir so lank as wat ek kan onthou ek gedink het hulle is nie lief vir mekaar nie juis oor hoe hulle aangaan, net om nou te besef sy was so lief vir hom dat sy ons sal los om by hom te wees. Sy het dit al twee jaar terug gedoen, sy het net opgegee en ek wens so ek kon…….net koebaai sê.

Gisteraand in die bed het ek besluit om nie meer my hare te kleur nie. Aan die linker kant steek ‘n kolletjie uit wat ek na oupa se dood gesien het, regs het ‘n paar uitgekom na my moerawiese break up met die ex ‘n klompie jare terug. Die trek op Zim toe het nog ‘n groepie gryses bygevoeg en ek is amper seker ouma se dood het nuwe intrekkers verwelkom. Ek sal hulle nie weer toemaak nie. Ek is trots op hulle vandag, hier waar ek LEWENDIG sit. Daar is baie vriende wat dit nie tot hier gemaak het nie. Daar is baie mense wat nie vandag se son sal sien nie. Ek sal nie weer my plooie en gryshare weg wens nie. Ek het ook net ‘n paar plooie om my oë en ek het gewonder waar kom dit vandaan, tot ek ‘n foto gesien het van hoe ek oopmond met toe ogies lag en van daar die plooie. Lag plooie, dis iets om op trots te wees.

Ons is so besig en gejaag in ons lewe dat ons nie eers kans kry om behoorlik met mekaar te praat deesdae nie. Nou vandag sal ek alles wat ek het ruil net om nog een keer ‘n boodskap van ouma te kry en behoorlik ‘n “dankie ouma, lief jou ook” terug te stuur. Bel vandag jou ma, jou oupa, jou oom, jou kinders, wie ookal maar bel hulle en gesels sommer oor kak. Dalk is een van julle nie môre daar nie.

Liewe Ouma,

Dankie dat jy my geleer het kos maak. Veral die gravy, C is mal daaroor. Dankie vir al die kere wat ek kon afpak oor die lewe en vloek ook nog en dan hou ouma alles ‘n geheim. Dankie vir al die kere wat ek nie geld gehad het vir kos en ouma net somehow geweet het en my gevoer het. Dankie vir al die kere wat ouma geweet het ek is op ‘n dieet en my net gesonde kos gevoer het. Ek is jammer ek het so besig geword dat ek ouma nie eers behoorlik kon terug whatsapp nie en dat ek nie eers tee kon drink saam ouma nie. Ek is jammer ek was so crappy kleinkind die laaste jaar. Ek wou ouma nog die trou fotos wys. Ons twee lyk so mooi in die een foto saam met oupa se fototjie. Dis amper asof hy daar was. Ek hoop julle braai lekker in die hemel vanaand.

 

Die Wit Hasie

 

Advertisements

9 responses to “Om ‘n hart heel te maak 2

  1. “You think that life on Earth is better than life in heaven? I tell you this, at the moment of your
    death you will realize the greatest freedom, the greatest peace, the greatest joy, and the
    greatest love you have ever known.” Conversations with God book 2

    Rus in vrede Hasie-se-Ouma, die stryd is verby.

    Like

  2. Sterkte. Los die selfverwyt dink ek – jou ouma weet wat sy moet weet. My oumas is al jare oorlede, vang ek myself die naweek dat ek so erg na my ouma Nienie verlang! Ek het naaldwerk gedoen en sommer met heimwee terugverlang na haar kreatiwiteit en idees. Vandag is ek ook dankbaar vir wat ek by hulle kon leer.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s