Jy het WAT gepost?

Daar is iets wat nou al vir ‘n rukkie aan my krap en bly krap soos om ‘n harde wol trui aan te hê wat te hoog om die nek sit. Ek is redelik afgesonder hier waar ek bly en social media is ‘n manier vir my om op hoogte te bly met almal se lewens. Daar is egter ‘n paar goed wat mense doen wat maak dat ek “slap that bitch” funksie soek op my rekenaar.

Nommer 1.

Baie geluk met jou 2de verjaardag ma se poppeloppie liefiediefie. Jy is ons geskenkie…blah blah blah. Die oomblik wat ek dit lees dink ek twee dinge; die eerste is dat jy aandag soek en die tweede is hoe die kleintjie in die middel van haar party op vlieg en sê

“Hoorie mamma, chill gou vir my met die hele nappy omruil ding. Ek MOET my facebook check” gevolg deur “aaaaa dankie mamma, jy is die heel beste.”

Stupid ne. So hoekom doen julle dit???!!! Jou kind verjaar, super vir jou. Jy het hom of haar vir nog ‘n jaar aan die lewe gehou. Ek is regtig bly vir jou en ek is mal daaroor om die fotos te sien. Kinder partytjies is oulik maar om op die dag van al drie jou onder ses, nie facebook gebruikende kinders se verjaadae hulle geluk te wens…..is stupid. Dit lyk regtig soos niks anders as aandag soek nie. Begin dan ‘n blog. Join the dark side van skelm aandag soek.

Nommer 2

My liefste man, jy is my son. Sonder jou sou ek nie bestaan en so voorts. We get it, jy is baie lief vir jou man, maar het jy sy nommer verloor? Dink net hoe sit die twee voor die TV, sy op haar foon en hy op syne besig op facebook. Hy lees wat sy (ten aanskoue van sy 380 fb friends) geskryf het.

“Ag dankie skat. Dis oulik” lees, whatsapp dit asseblief vir my. Ja ons is almal vrot verlief op ons ander helftes. Hel, jy moet wees om iemand wat voor jou poep nie met ‘n glas te gooi nie MAAR jy hoef dit regtig nie op social media te skree nie. Om ‘n oulike prentjie te post op sy wall is nog aanvaarbaar. Ag en liewe fokkietoggie, as julle date night het moet dit asseblief nie met ons deel nie. Julle gaan uit sonder die kinders, great of ouma pas hulle op, great. Julle is bly om weer alleen te wees, we get it. Ons weet ook julle is baie bly om weer loud tydens seks te kan wees of dit sommer enige plek te doen soos in die ou dae. Jip, DIS wat mense sien as jy sê date night. Mamma en Pappa gaan karfoefel en ek het nie daar image nodig nie. Stop dit!

Nommer 3

Tik amen en liewe Jesus sal jou seën. Bitch ek sal jou so hard moer jy sal ‘n fast travel hemel toe hê. Wat is fout met die mense? Watter geloof jy ookal volg, vir wie jy ookal bid dink ek nie Hy of Sy het facebook nie en ek is doodseker hulle sit nie likes en amens en tel nie. Dit laat jou vertraag lyk, asof jy so gedokter is dat jy nie eers vir jouself kan sien hoe simple dit is nie.

As jy nie skaam is vir Jesus of ‘n kind van God is, tik of like. Hou op met dit toe. Jy gee Christenskap ‘n slegte naam. Jy laat dit lyk of ons almal breinloos is.As jy in elk geval dink dat jy iets moet tik of like om geseën te word of om te wys jy is ‘n trotse gelowige….then you are doing it wrong! Wie jy is as mens, sal vir ander wys of jy skaam is vir jou geloof of nie.

Nommer 4

Politiek, geloof en rassime praat op jou social media. Wil jy alleen doodgaan? Wil jy geen vriende oor hê nie? Nou dan doen nommer 4 met oorgawe en jy sal eensaam wees want dit is die vinnigste om mense kwaad te maak en om vriende te verloor. Magtig, dis die vinnigste om werk te verloor en dalk jou lewe ook. Ek gee nie om vir wie jy stem nie, dis alles ‘n gemors in elk geval so moenie in ‘n bek geveg betrokke raak oor watter party die beste is nie. Politiek is die duiwel se ryperd so los vir hom in die kas saam jou ander donker geheime (soos daardie thong wat pappa op date night dra) Geloof aan die anderkant is baie persoonlik en om iemand aan te vat hoor hulle geloof is net vir moeilikheid soek. So ook om ‘n ander geloof af te kraak. Dit laat jou lyk soos ‘n aap. ‘n Oningeligte small minded aap.Elke ou glo wat hy glo. Jy gaan nie sy opinie sommer verander nie en dis ook nie jou werk nie. Ek glo jy moet ‘n goeie mens wees, nie ander seermaak nie en altyd vriendelik wees. As jy dit is, gee ek nie om vir wie jy jou gebedtjies stuur nie.

En laastens, ons almal word kwaad. Ons almal verloor ons koppe soms maar moet dit nie op social media doen nie. Die oomblik wat ek die K-woord op iemand se facebook lees, vlug ek want jy is ‘n hot head en ek kan nie met mense vriende wees wat nie beheer het oor hulle woede nie. Ja die land is ‘n gemors, ja rasse haat kom van alle kante af maar magtig RISE ABOVE. Jy is mos beter as die ou in die rooi pet groot gemaak. Jy het beter maniere, meer menslikheid en ordentlikheid as om so iets kwyt te raak waar die hele wêreld dit kan lees. Inkluis jou werkgewer. Bly weg van enige iets met knoppies (of ‘n touch screen) as jy kwaad is en tel jou woorde waar ander mense is. Alles wat jy doen word deesdae record en voor jy sien is jy so bekend soos Sparrow en Momberg. Ons lewe in ‘n baie vieslike wêreld, moenie bydra daartoe nie.

En dan moet ons nie eers begin praat van mense wat stadig loop in winkel sentrums, ouens met groot bakkies wat soos groot poepholle bestuur en parkeer nie…..O die lys is lank. Ek sal graag wil hoor of ek al een is wat so voel en of julle ook goed het wat jou hele dag kan bederf as dit met jou gebeur of wat die serial killer in jou inspire.

Lekker dag

Die Wit Hasie

PS Hierdie is glad nie gemik op enige een nie en ook nie bedoel om iemand se gevoelens seer te maak nie. Dis net ‘n small rant

 

Advertisements

18 responses to “Jy het WAT gepost?

  1. Geloof, politiek en rassisme hoort nie op sosiale media nie.

    Die EEN ding wat menz bokspuls maak (en dis nie persoonlik nie) is spelling. Nou bedoel menz nie die opsigtelike spelfout nie, menz bedoel die mense wat GEEN opvoeding/opleiding op skool gehad het nie en GEEN boeke lees nie. Soos: “ek wul deer die gebreukte mier klim, bit asublief vir mei.” Dafaq?

    Dan die gewone spelery op die hoofweë van die Boerewors-hoofstad: hulle ry in die heel regterkantste baan maar wil binne die volgende twee meter die afrit links neem – gewoonlik met 35 jillende passasiers in. Of hulle gil uit vrees of plesier kon menz nog nie agterkom nie.

    Daar is nog baie ander klein balbytertjies, maar menz sal nie jou spasie hier volmaak nie.

    Liked by 2 people

    • Lag ek nou dat die trane loop. Ek sien gereeld mense wat werk vra op die dorpie se blad maar die spelling is so afgryslik dat selfs EK weet dis verkeerd. Dan wonder ek altyd, hoe verwag jy iemand moet jou ‘n werk gee as jy nie eers die moeite doen om te kyk wat jy skryf nie. Oeg en ek kan mos nie spel om my lewe te red maar magties, seker dinge weet mens

      Liked by 2 people

      • Presies! JY spel glad nie sleg nie, maar die ander …. en dan adverteer hulle dienste of produkte! Menz weier om by hulle te koop, is bang dis aansteeklik. Mos.

        Like

  2. Ons is per slot van sake almal mense…en mense raak soms radeloos die moer in vir goed wat ander mense sê of doen. Jy is dus glad nie alleen nie.

    Die probleem is dat die oorsaak van jou frustrasie meestal salig onbewus is, en sou hy/sy wel bewus wees ook meestel ‘n veer voel. Die onus is dus op jou om die spreekwoordelike bruggie te bou. Gelukkig kan jy darem nog kies hoe om daardie bruggie te bou…of dit is ten minste die kern van dit wat die van Helsdingen poppie vir my probeer leer. My suksessyfer tot dusver is nie baie goed nie!

    Like

  3. Ja, mens raak verveeld met sekere inligting, maar dan aan die ander kant – dis elke ou se voorreg om sy social media te gebruik soos wat hy / sy goed dink. Daar is darem kontroles wat jy kan toepas: unfriend, unfollow, scroll down …

    Like

    • Ek is altyd bang om iemand te unfriend. Juis omdat my groepie so klein is sal daardie een dan vra “maar hoeko?” en gevoelens gaan seer gemaak word want wat op aarde sê mens? “Hi ek is so jammer maar ek moes jou unfriend want eintlik hou ek nie van mense nie en my koffie was nie vandag sterk genoeg.”? 🙂 Nee dan rant mens eerder saggies op jou blog agter jou wegkruipertjie naam

      Liked by 1 person

  4. Ek sit kliphard hier en giggel oor Om te blog: “dark side van aandag soek”! Skerp man.

    Facebook haal al die pret uit reünies want ek weet klaar wie het vet geword en wie moes trou. Whatsapp is net rooigesig as ek boodskappe kry wat vir ander mense bedoel is. Erger is as iem dood is (vrek gerook – kanker) en sy vrou post weke lank simpel boodskappe soos ‘ek mis jou vandag net soveel soos die dag wat jy dood is’ rêgtig? Dissie iets wat ek wil weet nie. Trek potswart aan en gaan sit in ‘n hoek en hekel, maar deel daarmee soos ou tannies van ouds.

    Ons sit ook in die stokkies en ja sosiale media hou my op hoogte van mense wat geboorte gee en wie se kinders afgestudeer het. Maar ek hoor ook van die buurman se ou koei wat na 7 jaar weer gekalf het, en sien mooi fotos van die sneeu in RSA.

    Maar ai – mens kan darem maar tyd mors op daai ding met stront lees.

    Like

      • Die blog ding is weird want die vreemdste mense lees jou skielik raak. En party kan so gemeen raak. Soms trek ‘n mens ‘n snaar wat ander as persoonlik opneem en dan kry jy ‘n cyber opneuk of note! Op blogger.com jet ek eenvoudig ‘n blog van my destyds net gaan delete want ek is nos harregat en hou nie my opinie nie. 😐 so in ‘n neutedop: ja yip is reg, griffel oor als wat jou raak. Facebook is ‘n ‘cop out’ hoeveel mense sit regtig hulle eie idees of dinkwerk daar uit vir almal? Meeste re-post net ander se idees en dinkwerk. Blog en spoeg is harder werk. Defnitief meer persoonlik. Onthou die gemiddelde mens kan nie vir een minuut oor ‘n onderwerp of idee gesels nie. Ons is almal reeds stomp afgewerk om die rante- met al die tegnologie en tv vra niemand meer mekaar se opinies nie. Stuur net ‘n emoji. Is makliker. Hoef nie te dink nie. Niemand challenge ooit ‘n emoji nie

        Liked by 3 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s