Super Geek?

Op skool was ek nie juis een vir sport nie. Mense piss my af so om in ‘n span te werk is nie ‘n goeie idee so ek was nie ‘n Jock. Ek was ook nie goed met wetenskap of wiskunde nie (lees hier 12% as ‘n jaar punt) so ek was ook nie ‘n Nerd want nerds is immers slim. Nee ek was iewers in die middle. Ek was stout genoeg om in die badkamer te rook maar soet genoeg om 80% in meeste van my vakke te kry. Betaal my R20 en ek skryf jou opstel, gee my ‘n Rand en jy kan ‘n lose draw koop. As ek kon, was ek in die bibloteek tussen die boeke. Dit was my happy place en toe ek vriende kry met goeie rekenaars, het ek games begin speel. Spesifiek The Sims. Dit was toe ek 16 was. Nou op 30 het niks veel verander nie. Ek speel steeds Sims maar deesdae is die Dragon Age of Fallout 4 wat my aandag het. As jy my maatjie wil wees, begin net met my praat oor Game of Thrones of The Walking Dead…..veral The Walking Dead. Ek lewe van een seisoen tot die ander.

Vra my oor Star Wars, Lord of the Rings of Guardians of the Galaxy en ek sal jou vir weke besig hou. Ek is ‘n Geek want ek het vriende (wat net sulke Geeks is) want ek is nie slim genoeg om ‘n Nerd te wees nie. Eendag as ek my eie huis besit, sal daar comic books geraam wees en van die beste ou movie posters op die mure pronk. Wanneer daar ‘n fliek soos Hunger Games wys, het ek al die boek gelees en is ek daardie pyn in die gat wat heeltyd vir jou vertel waar die fliek van die boek verskil en hoe erg hulle drooggemaak het.

Ek was kinderlik opgewonde om weer Monopoly te speel en dis hoe ons “date night” lyk. Mooi klere koop en uitgaan saam vriende is nie my idee van pret nie. ‘n Matras voor die TV met snacks en ‘n marathon van een of ander series is my perfect bliss. Op skool was hierdie leefstyl nog nie “cool” soos dit nou is nie. Ek het soveel grief van die “vriendinne” gekry omdat ek boring was of ‘n ou koek was en steeds vandag word ek snaaks aangekyk as ek rooi en uitasem opgewonde verduidelik oor Norman Reedus wat in Death Stranded gaan wees.

En tog, terwyl ek hierdie tik glimlag ek want ek is so weird en ek is mal daaroor. As die stroom links gaan, dan wil ek regs gaan net om anders te wees maar met almal wat nou hulle Geek on kry, waarheen moet ek dan gaan? Dis tog wie ek is. Super Geek.

Advertisements

5 responses to “Super Geek?

  1. Ek was nooit in die Geek league nie, maar het ene getrou en Boeta; hy’s ‘n ‘Keeper’! Kobus my man sit kalm in die hoek want hy het nie lus vir ‘small talk’ nie, totdat iemand Quintin Tarrentino noem, Vikings, Game of Thrones of so iets dergliks. Dan besef jy hy kan so rustig aan dreun soos ‘n lister enjin wat water pomp. Als wat jy hierbo noem sien ek in my seun, sy Pa uitgeknip. Behalwe as dit by kamp kom, dan is dit soos ‘n foksterier en ‘n tennisbal. As die Eva’s nie die kranse saam kan uitklim nie, of sy para-normal movies kan deursit en waardeer nie, is hulle uit soos suurpap. En al sy pêlle word ‘dude’ genoem en hulle kan ‘n stoel nie aandra nie, maar jinne – as julle afklim is dit kabels en gamepacks en monitors en ‘stuff’ om te game!

    Liked by 1 person

  2. Ek is ‘n procrastinator par excellence, en om series te binge kyk gee my die perfekte verskoning om goed uit te stel tot na “nog net hierdie episode” Ek treur nou nog oor Sons of Anarchy klaar is. Spartacus. Vikings. Black Sails. Vinyl. American Horror Story…
    George RR Martin kry nie hierdie jaar ‘n kerskaartjie nie wat hy het die volgende boek opgeoffer ten gunste daarvan om die series verder te verfilm. Bly vir die series…pissed off oor die boek.

    Maar vra my om ‘n game te speel en my siel gaan ‘n bietjie dood. Ek soen eerder ‘n swart mamba oopbek

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s