As dit spook, gesels met die spook.

DSC_0037a-1.jpg

 

Die ou horlosie se deuntjie maak my wakker. Geen klokslag volg want die ou horlosie werk nie meer so lekker, maar ek weet dis baie laat. Iewers verder die gang af hoor ek my oom saggies snork of dit kan een van die huishondjies wees. Die straatlig oorkant die pad gooi ‘n liggie in die kamer sodat ek darem kan onthou waar ek is, want ek is geneig om te vergeet ek is nie in my eie bed en dan skrik ek my simple. Maar die aand se skrik het nog nie begin. Ek hoor skielik my Ouma se badkamer deur oopgaan en dan weer toe knip. Dis in die kamer langs myne en dis ‘n klank wat ek goed ken. My hart spring tot tussen my ore en ek kan byna niks verder hoor nie. In hierdie huis is dit veronderstel om net ek en my oom te wees. Ek is of braaf of nuuskierig want as ek ‘n geluid in ‘n huis hoor, wil ek weet wat dit is en gaan kyk altyd eerste. Net toe ek my moed bymekaar het om op te staan en na Ouma en Oupa se on-suite badkamer te stap, hoor ek die pappegaai in die kombuis…

“Hallo Sweetheart”

Hy groet net mense wat hy ken en iemand wat hy ken loop vanaand in die huis rond. Kasdeure wat oopstaan in hulle kamer na ek dit toe gemaak het, hekke wat sommer vanself toe gaan en ‘n selfoon wat bly op my pa se verjaardag ingaan is maar net ‘n paar vreemde goed wat die week in Ouma en Oupa se huis gebeur het. Mens kan sê dis oor ek rou dat ek elkedagse gebeurtenise in iets paranormal wil verander maar ek glo dat soms laat weet ons geliefdes ons net;

“Ek is nie weg nie, ek lyk net anders.”

My ouma, het ek altyd gespot, kan so nag dat sy selfs die dooies wakker nag. Dit maak vir my sin dat sy, die control freak wat sy kon wees, selfs na haar afsterwe sal wil kom orders uit deel en ons nag. Ek neem aan daar is dinge in die kas wat ons moet aan aandag gee en my selfoon wat bly in gaan op my pa se verjaardagdatum, is sy wat seker maak ek vergeet dit nie. Sy het altyd vir my ‘n boodskap gestuur as iemand verjaar en so het ek nooit rooi-in-die-gesig, iemand se verjaardag vergeet nie. Toe my oupa dood is, het ek hom nooit weer “gevoel” nie. Hy het gaan rus en ek het nog net twee keer weer van hom gedroom. Maar Ouma is ‘n baie besige engel en jy kan haar orals in die huis nog voel en ruik. So toe die selfoon weer mal gaan en bly op 4 Augustus in gaan het ek hardop en heel vies gesê:

“Ja magtig ouma, ek sal nie vergeet nie. Kyk, ek sit ‘n reminder op!”

En dit was die einde daarvan. Die twee oumense se bedjies staan nou leeg in hulle kamer en dis amper asof hulle op vakansie is en ons net huis oppas. Dis eintlik hoe die dood is want jou mense is nie regtig weg veraltyd nie. Julle sal mekaar weer sien eendag as jy saam hulle op vakansie is. Ouma het net haar paranormal selfoon gebruik om ons te laat weet, alles gaan goed en kan julle net die volgende in die huis doen….

Net voor ek moes terug vlieg huistoe, word ek weer in die nag wakker en vir ‘n oomblik lyk dit soos ouma wat by die deur staan. Ek het omgedraai, die komberse styf om my gevou en half deur die slaap gemompel,

“Kan Ouma nie asseblief ‘n lysie maak van wat ons moet doen nie? Dit gaan vinniger gaan en almal sal dan geslaap kry.”

 

Lekker slaap Ouma

Die Wit Hasie

Advertisements

3 responses to “As dit spook, gesels met die spook.

  1. Stry & baklei van geliefdes is nie altyd “bad blood” nie , maar is aangeleerd soos die manier hoe jy stap, praat, redeneer & hoe hardegat jy is. “Monkey – see – monkey – do” 😄. Ons is soms “assholes” uit respek, respek vir die wat ons gevorm het met hul opvoeding en voorbeelde. Ouma sal rus as sy toegelaat word om haar te vergewe vir haar voorbeeld wat sy gestel , uit respekte vir haar ouers gevegte en hardegatheid 😏? Gaan die nageslagte voort met die “curse” van ons voorouers se hardegathoudings en glo net swakkelinge vra verskoning of hulp. 🤔 Hoe verander jy hierdie ongelukkige uitsiening van misplaasde “respek”? Laat weet my asb ? Ek probeer al baie jare onsuksesvol. Hopelik op sy 51ste verjaarsdag 4 Aug sal ‘n deurbraak wees en Ouma se boodskap tref ✊🏻. Ons word slimmer elke dag wat ons ouer word, party baie stadiger ander. 😏. Hasie sê groete aan Ouma, ☝️

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s