Kunstenaars is Towenaars.

Vanoggend het ek voor my ou vriend die rekenaar ingeskuif met die idee om julle te vertel van my en Mr. Price. Die klein klere, die unisex aantrek kamers en nog meer want dit piss my af man. Maar, toe besluit ek aangesien dit so ‘n lekker warm dag hier in Zim is en alles so mooi begin blom gaan ek een van my “secret pleasures” met almal deel. Share the good feeling en share the love sing Kenny Chesney so dis wat ek vandag sal doen.

‘n Hele klompie jare terug stap ek deur styf saamgepakte stalletjies by ‘n kunstefees. Dis begin Augustus en die rugbyveld waarop alles staan gemaak is, is ‘n grys-geel gekleur deur die winter. Selfs die mense om my lyk of die winter hulle vreugde gesteel het. Ek het nie veel geld nie en dit maak my nog meer mismoedig want ek sien soveel mooi goed maar kan niks kry nie. Eintlik is ‘n kunstefees nie goed vir my nie. Ek vreet en drink alles wat ek nie moet nie. Boonop loop ek alleen daar rond want almal is besig en ek is single vir die eerste keer vandat ek ‘n “grootmens” geword het so ek voel behoorlik jammer vir myself.

Dan vang helder kleure my oog en soos die wyse manne volg ek die kleure asof dit ‘n verlossing kan wees van my donker gemoed. EN DIT WAS!! Tussen die rooistof van die bosveld se Augustus winde en dooie gras en moedelose siele, ontdek ek ‘n oase van vrolike skilderye en vrolike mense. Dis die heldste tonele wat ek iemand nog ooit sien skilder het en die skilderye is so groot dat vir ‘n oomblik dink ek dat mens daar binne sal kan rondloop. Ek is nie seker hoe lank ek daar gestaan het voor ‘n vriendelike oom my kom vra het of ek in een belangstel. Ek was lanklaas so dikbek soos daardie dag want ek weet, sonder om te kyk, dat ek nie een van hierdie prag stukke sal kan koop nie. Hy gesels met die selfde helder gemoed as wat om hom pryk en hy is regtig net ‘n besonderse vriendelike mens. Hy sê ek kan staan en kyk so lank as wat ek wil, sy vrou is die kunstenaar maar is ongelukkig gou uit om iets te gaan doen.

13614986_854989197967653_3231716936650713383_n.jpgEk was dadelik ‘n MEGA fan van haar werk. Enige iemand wat so met ‘n mens se gemoed kan toor moet van Hogwarts afkomstig wees. And I like it! Ek het haar gaan opsoek op facebook en ure op haar website gaan rondloop. Miq Miles se kuns het my pick-me-up geword as alles om my so bietjie te winter word of as die mislukheid van die lewe binne my kom kamp opslaan. Ek gaan na haar website of facebook page en gaan verloor myself in die mooi goete wat sy maak. Ek gebruik ook haar kunswerke as ‘n writing prompt en van my oulikste stories is gebore na ‘n drool session op daardie sites. Jig, nou klink ek amper soos ‘n ou wat porn kyk maar miskien is dit wat ek is, ‘n kuns perv. Los my tussen mooi kunsstukke en jy hoef nie te worry oor my vir die res van die dag nie. Kom voer my net elke dan en wan.

Om kuns te koop is ‘n duur storie maar as ek dink dat mens lag-lag vir ‘n tablet duisende rande betaal, dan is kuns eintlik goedkoop. Dit sal nou nie vandag of selfs die jaar wees nie maar eendag gaan ‘n Miq Miles art-piece op my huis se muur pryk, verkieslik daar waar ek sit en skryf sodat die stories uit die verf deur my vingers kan loop. Elke ou se smaak verskil so nie almal sal van haar werk hou nie (jy verkies dalk iets meer donker) maar doen jouself ‘n guns en gaan loer net. Net om die nuuskierigheid te voed. Mag almal ‘n helder Miq Miles dag hê. *big fat smiley face*

Die Wit Hasie

Advertisements

13 responses to “Kunstenaars is Towenaars.

  1. Haai Hasie,ek moet sê dit is kleurvolle opbeurende werke.Ek lag my altyd ‘n papie vir kunssnobisme.As dit met jou praat,praat dit…eindelik is dit ‘n geval van “beauty is in the eye of the beholder”.Wel,ek hou baie hiervan!

    Like

  2. Baie lekker gelees; dink jy is omtrent my eerste “offisiele” follower 😉 – ‘n mens se man tel mos nie eintelik nie…… Ek is nou sommer dood nuuskierig om te weet wie jy is – en wou jou nou sommer gaan “Facebook Stalk” het…. Ha-ha dink nie ek sal “diewithasie” erens kry nie. Mal oor jou:”Se-dit-hoe-dit-is” skryfstyl! En stem saam daai skilderye is pragtig.

    Like

  3. Ooh ek is gek oor kunsfeeste maar moet asb nie vir my se ek moet na n mall toe gaan nie.
    Haar werk is bsonders. Dink die is die kleur en die natuur saam wat dit vir my so besonders maak.

    Like

  4. Ek volg nie eintlik mense nie. Al is ek jonk en seker veronderstel om tegnologies savvy te wees, is ek glad nie…het nie twitter, snapchat ens nie en is maar nou seker ‘n jaar eers op Facebook na vriende my vriendelik verplig het. Maar dit was nou highly entertaining om jou skryfstuk te gelees het en toe besluit ek, laat ek nou hierdie ding doen, ek volg jou – klink so creepy om te se, haha! Maar dankie, dit was refreshing gewees! PS Ek meng my taal verskriklik en dit beteken nie dat ek nie respek vir Afrikaans het nie, just saying.

    Like

    • In die Kaapse mond is Engels en Afrikaans beste pelle maar selfs daardie mense sal vir my sê “Ok enough nou hoor, tjy lat my embarrassed voel.” So moenie worry oor die taal meng. Ek vertrou nie tegnologie nie maar om my skryfwerk met ander te deel(groot droom wat hier waar geword het) moes ek “the machines” embrace. Rage against the machine that is social media….en so nou en dan laat jy hom aan jou boud vat want dis lekker 😉

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s