Ek vrees November.

Ja jy het reg gelees. Ek is kakbang vir November maand. Why?

016.JPG

Dis die maand wanneer die storms begin. Wanneer dit nader aan November kom en die wind waai so bietjie  verkeerd en die wolke lê donker op die horison, dan word ek skoon naar van die bang. Daar is net geen manier wat ek akkuraat een van die storms kan beskryf nie maar dis baie naby aan die fliek Twister. Dit klink soos ‘n boeing wat op jou huis gaan land. Die wêreld val weg agter ‘n muur van reën en wind. Dit donner en dit bliksem en dit hael. Bome word soos vuurhoutjies geknak, die hele dak dreig om weg te vlieg, water giet by elke liewe gatjie wat jou huis kan hê in en ek wag dat ‘n moerse boom ons enige oomblik plat val. Die agterkant van ons erf is ‘n ou graniet dumpsite so groot blokke wat op die huis val is vir my baie “real” al weet ek dis hoogs onmoontlik.

Gewoonlik gryp ek al die diere en gaan sit hulle in ons kamer. Die veiligste plek in die huis. Dan probeer ek soveel as moontlik van die storm opneem want…..dis eintlik awesome! Toe ek klein was, wou ek ‘n storm chaser word. Extreme weather  fassineer my. Hoe kwater moedernatuur word, hoe meer opgewonde word ek. Wanneer die storm so woed en my hele binne kant bewe van die bang, voel ek weer klein en baie nederig. Sodra die storm oor is en alles is plat, deurmekaar en ‘n gemors dan voel dit vir my ons begin nuut. Is die lewe nie ook so nie? Alles moet eers moertoe wees sodat jy van voor af kan begin. Ons egos word so flippen groot en almal vertel jou hoe belangrik JY, die eie-ek is en Moedernatuur of ….. <—-(Insert deity of choice here) het ‘n manier om jou vinnig te laat besef jy is net ‘n poep in die wind van tyd.

So die maand sal ons begin om die dak na te gaan vir los plekkies, die bome terug sny en hoop dat hierdie jaar is die jaar wat dit net kom reën vir ‘n slag. Die kans dat dit gaan gebeur is so goed soos ek wat nee sê vir KFC maar dit kan gebeur, just maybe.

 

Lekker dag,

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Ek vrees November.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s