Die Zambesi Avontuur

In die heel begin van 2014 pak ek my hele lewe op. Bedank by die werk, stoor my goed, los die kar by Oupa se huis, gee kennis vir my landlord en vat ‘n 13ure lang trip Zimbabwe in. Dit alles vir liefde. Ek ken my man se sussie al vandat ons sestien jaar oud was maar in ons byna elf jaar wat ons vriendinne was, het ek nooit haar broer ontmoet nie. Een aand by ‘n braai was hy toevallig daar van Zim af en ‘n vriendskap het begin. ‘n Jaar later was ons verloof en ek, my geliefde woef Jess en soveel goed as wat op sy bakkie kon pas het die lang dun pad Zim in gevat. Net so vinnige FYI, niemand sou kon sê ons is nie Zimbos nie want daardie bakkie was gelaai! 1939901_10203486564628734_1225499059_n.jpg

Ek het die eerste aand lekker gehuil want ek het besef hoe ver ek nou van almal was EN hoe afgesonder dit was. Mens kan nie eers bel nie want hier is nie sein nie. Al hoe jy met iemand kan praat is deur ‘n foon of rekenaar se skerm. Hy besluit om my te verras met ‘n trip op na Mana Pools.

009.JPG048.JPG031

Ek is vrek bang vir olifante maar so van die boot af het ek heel veilig gevoel.060

Om hierdie groot meneer hierbo te sien, het my baie skrikkerig gemaak wanneer ons in en uit die boot moes klim. Ek was ‘n russiese ballerina vir die res van daardie naweek. Dan praat ons nie eers daarvan dat die lodge nie omhein is nie en wanneer jy reg is om te gaan slaap, word jy aangery na jou kamer omdat dit te gevaarlik is om te loop.079.JPG

Tiervis vang op die Mighty Zambezi behoort op almal se bucket list te wees. Dis waar dat dit duur is omdat alles in dollar is maar dis ‘n ongelooflike belewenis. Die een aand het ek wakker geword van iemand wat op die walk way voor ons deur loop. Gelukkig slaap ons met die deur toe maar die deck se deure is oop met net die gaasdeur om goggas uit te hou. Die volgende dag sit ek en gesels met die bestuurder se seun en vertel hom wat ek gehoor het.

“Ah yes, must have been the leopard. He tends to be a bit curious.” en so waar as vet, daar sit die spore net onder die deck. Raai wie het met al wat ‘n deur is toegeslaap daardie aand…015.JPG

Dan is daar die aand wat die olifante teen die deck kom staan en eet het. Het ek genoem ek is bang vir hulle? Ek was meeste van die aand in die badkamer want dis al plek wat behoorlik toe is. Kyk, dis een helse ent om te ry. Die paaie is dun en min en die roadblocks kan jou ‘n klompie ekstra dollars kos maar hierdie is ‘n geval van it’s worth every penny. 172008

As co-driver het ek vele kere ‘n denkbeeldige briek getrap as trokke om die draaie kom. Soos ek reeds genoem het is die paaie maar smal en baie trokke gebruik die pad. Die drywers is ook nie veel gepla met stadig ry nie en ek het by die lodge aangekom met ekstra hare op plekke waar daar nie moet wees nie. 014.JPG

Hier bo is ‘n bos padteken. Wanneer jy die aanwysings na die lodge kry staan daar “then turn left at the big baobab tree” en daar was ‘n paar so ek was oortuig ons gaan in die bos verdwaal en dat al wat ‘n dierasie is, ons bene gaan skoon vreet. Ek het baie respek vir die eerste verkenners van hierdie area gehad na die vakansie.127.JPG

En geen storie oor die bos kan sonder ‘n bosveld TV afgesluit word nie. Daar mag dalk baie dinge verkeerd wees met Zimbabwe maar dis ‘n land wat nog waarlik wild is en as jy eers so avontuur beleef het, dan is enige iets anders taamlik gewoon. My wens is dat al die natuurmal mense eendag dit kan doen.

Lekker Naweek

Die Wit Hasie

Advertisements

7 responses to “Die Zambesi Avontuur

  1. Die romantiek van Afrika! Om dit saam met jou liefling te kon beleef, moes ongelooflik wonderlik gewees het. Hou van die benaming “Bosveld-TV” – dis baie raak, want mens sit mos so half gehipnotiseerd in die vlamme en staar.

    Liked by 2 people

  2. So mooi beskryf,Hasie!Ons was oorkant Mana Pools by Old Mondoro(Lower Zambezi National Park)in Zambië en dit was vir my net so fantasties.Daardie Zambesierivier kan mens vir niemand beskryf nie.Pragtige foto’s!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s