As die kat koning is, wie’s baas?

Ons het ‘n gemmer kat met die naam van Spookie. Het ek julle al vertel van Spookie? Ons was oppad terug van my oupa se begrafnis en was net deur Beitbrug grenspos.Die pad was baie besig en van die meer ongeduldige bestuurders het sommer op die kant verby gejaag gekom.

“Kyk daardie kattie.”sê my man skielik en wys na ‘n klein bruin tennisbal wat oor die pad hardloop, onder deur aankomende verkeer, onder deur die reuse tanker trok voor ons, onder deur die karre wat op die skouer verby jaag en op ‘n bultjie kom hy tot stilstand. Mondjie oop en tong wat uithang. Ek shame en ag siestog nog toe maak manlief ‘n u-turn tussen daardie gemors verkeer. Ek trap ‘n briek wat nie daar is en gryp aan enige iets vas wat gaan keer dat ek op sy skoot beland. Hy jaag reguit op daardie kattie af en so reg uit ‘n aksie fliek, veroorsaak die vinnig stof ‘n reuse stofwolk en toe die stof verdwyn kom hy met die kattie onder sy arm aangestap. Hoe sexy is dit nie? In elk geval, so het ons Spookie gekry. Dit was ‘n lang pad huis toe maar hy het gou met ons begin speel op die pad en ek het vinnig gesien dat hierdie klein meneer ons hele huis gaan oorneem.

Hy het ook weggeraak na een van ons pit stops en ek het vrede daarmee gemaak dat hy die bos in is. Hoe hy sou kon uitkom weet ek nie maar hy was weg en my man se hart was klaar seer. Ure later moes ons stop na ‘n snaakse geluid van agter die stuurwiel gekom het….en so het Spookie sy naam gekry want die stouter het doer binne die dash gaan slaap. As ek daardie tyd geweet het wat ek nou weet, sou ek dalk nie so bly gewees het om hom te sien nie.IMG-20141010-00681.jpg

Spookie is windgat en sy enigste liefde is my man. Ek moet ook net noem dat my man ‘n cat whisperer is. Maak nie saak waar ons gaan nie, hy sal vriende maak met ‘n kat of hulle sal hom kom uitsoek. Dis nie ‘n verrassing dat Spookie erg is oor hom nie maar dat hy nie ‘n veer vir my voel nie, dit maak seer. Hy ken my net as ek hom kos moet gee en sal tussen ons indruk as ek tog net durf liefies raak met manlief. Spookie is ook nie eintlik ‘n goeie kat nie. Hy kan niks vang nie. Die beste wat hy kan doen is om oopmond naby ‘n voëltjie te gaan lê en kla in die hoop dat die dingetjie homself sal offer en in sy mond spring. Tot dusver het dit nog nie gebeur nie. Spookie is ook ‘n vreeslike ladies man en gaan loop gereeld rond. Hy het al met tekens van ‘n onderonsie terug huis toe gekom maar hy is die grootste kat in die area so dit gebeur selde. Wat wel sy party trick is, is om 3uur die oggend my te kom wakker skree om vir hom kos te gee.

Moenie vir ‘n oomblik dink jy hou jou doof en slaap verder nie. Meneer Spookie sal aanhou tot ek opstaan. (Nie my man nie, EK) Jong en hy kan darem aangaan as hy iets wil hê en jy mens slaaf, spring nie vinnig genoeg op nie. As hy stout is kry hy nie eintlik pak nie want sy pa dink dis snaaks dat hy die ander diere afknou (ek en die domestic ingesluit) en toe hy een aan my hele varkchoppie steel en opvreet, toe lag sy pa net en sê arme ou Spookie was net baie honger.

Maar pa het nie vanoggend gelag nie. Hy kom in die kombuis, heel opgewonde oor sy steak van gisteraand wat hy vir ontbyt gebêre het.

“Liefie, waas my steak?” Ek bars uit van die lag want ek weet baie goed waar daardie steak is….

“In jou liefie kat se maagie my engel”

Spookie was nog nie tuis vandag nie en dis ook maar goed so want vandag hang ek hom op maar soos gewoonlik sal sy pa keer want hy sê hy moes van beter geweet het en die steak in die yskas gesit het. Ons ander gemmer Katta doen nooit sulke goed nie en word vreeslik geboelie deur Spookie maar nooit sal hy ‘n stukkie steak sommer mag kry nie. Ek het nou maar vrede daarmee gemaak dat ek iewers agter die nagaapie en die flippen kat in val en dat as die huis sou brand…ek myself sal moet red. Maar dis in die hak met my want ek verstaan, ek sal my hond red voor ek hom red maar sy het immers beter maniere en luister as ek sê sit.

Hoor hier, maar daar was mos ‘n rol wors ook oor gewees…..Flippen kat!

IMG-20160211-01056.jpg

Die Wit Hasie

 

Advertisements

8 responses to “As die kat koning is, wie’s baas?

  1. Hehehehe ek is sommer MAL oor jou Spookie! Of moet ek eerder sê jou man se Spookie? 😉

    Ek is ook kat bedinges, as ek my sin kon kry sou ek 117 katte hê, maar ek het nou net twee. Jack, wat sommer op ‘n wintersnag by ons ingetrek het (as volwassa kat, wat vir my vreemd was) en Simone, wat my man Desember by sy werk opgetel het. Simone skree my wakker sodat ek die badkamer kraan kan oopdraai vir haar, dis AL waar sy water drink. En moenie dink jy sit die prop in en tap vir haar water in nie, o nee. Sy laat jou daar in die koue staan 2 uur in die oggend totdat sy nou klaar met die water gespeel het en dan gedrink het, en eers wanneer sy klaar is kan ek maar gaan slaap!

    😆

    Liked by 1 person

    • Ons ander kat Katta(ons is nie vreeslik kreatief met name nie, die skaap is Skaap) het ‘n baie creepy gewoonte om my te sit en wakker kyk en dan as ek wakker is, slaap hy verder. Soms wonder ek of hy my siel probeer steel of iets

      Liked by 2 people

      • Hehehehe, dis vreeslik snaaks!

        My katte freak my weer uit want hulle kyk altyd so STIP na iets net langs of bo my wat ek GLAD nie kan sien nie!

        Like

    • Dit lyk my ons huis maak karakters bymekaar. Vanoggend vroeg is ek op(baie vroeg) en sien die kat met iets speel wat onder die nagaapie se deur uitsteek. Heel benoud dat dit Tarzan is en die kat gaan hom seermaak, hol ek nader….net om te sien dis sy teddy. Hy druk hom uit sodat Katta “saam” kan speel. Blerrie slim

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s