Girlfriend se dood en die einde van medemensliefde

Ek was stil vir ‘n paar dae. Ons huis is weer in rou gedompel. Saterdag oggend ry manlief werk toe. Ek maak koffie, maak bietjie kombuis skoon en sien sy bakkie weer aangery kom. Hy het seker iets vergeet….en ek moet gaan kyk of die ons Tarzan okay is, die katte moet kos kry, dalk moet ek Jess bad maar is dit warm genoeg, miskien sommer ook vir skaap bad, skaap choppies vir ete….

“Kyk wat kry ek.”hoor ek agter my en die tyd loop skielik ure en nie sekondes. Eers skrik ek alles in my weg want ek kan aan sy stem hoor hier is groot fout en dan val my oë op die klein lyfie in sy hande. Groot ore, grys pels, lang stert….Tarzan. Ek gryp my keel vas ,seker om die gil diep in my longe te keer maar hy troos vinnig,

“Nee dis nie ons baba. Dis sy maatjie. Iemand het haar geskiet.”

Julle, ek is nie seker of ek al ooit in my lewe so gehuil het nie en ek het nou al twee geliefde grootouers verloor en deur ‘n vieslike break up gegaan EN ek het my liefie hond dood in die pad gekry ‘n klomp jare terug. Dis moord op ‘n onskuldige ou diertjie wat niks en niemand ooit sal kwaad aandoen. Nagaapies is klein nuuskierige goedjies wat banger is vir jou as wat jy ooit vir hulle kan wees. Hoe kan enige mens so ‘n diertjie skiet?

Ek was en is met soveel haat gevul dat ek baie seker is my sitplek hemel toe is gekanselleer. Wat hunky dory met my is solank ek langs die ou beland wat Girlfriend geskiet het want ek gaan daardie bliksem elke dag in die gesig skop tot die einde van tyd. En dit laat my beter voel, glo dit of nie.

Girlfriend is ‘n wilde nagaapie wat in die aande vir ons Tarzan kom kuier het. Ons het vir haar kos bo op die hok neergesit sodat ons weet sy darem een ordentlike ete in het. Ons het so ook seker gemaak sy gaan nie ver van ons huis af nie. Juis omdat jy nie mense kan vertrou om dieselfde hart vir diere te hê as jy nie. Sy het groot maats met Tarzan geword en hom deur die hok van haar kos begin voer. Dit was pragtig om te aanskou en vir ‘n oomblik het ek gedink Tarzan sal saam haar weer wild kan wees. Tot Saterdag.

Ek hou oor die algemeen nie van mense nie. Verstaan mooi, ek sal nooit lelik of ongeskik wees nie. Dis tog nie jou skuld dat ek so voel nie. Maar die aarde het te veel van ons en baie min van ons gee om wat met hierdie mooie Eden gebeur. Ons verwoes alles soos ‘n kanker en ek weet niemand (nie eers ek) is onskuldig. Dis ook hoekom ek nie wil kinders hê, daar is genoeg sonder dat ek nog twee byvoeg. Girlfriend se dood het my bitter gemaak. Die laaste stukkie van medemensliefde dink ek het doodgegaan saam met haar. Ek wonder of ek dit kan terug kry. Ek wonder of ek dit terug wil hê. Ek wonder hoekom Hy my met soveel liefde vir diere gemaak het in ‘n tyd wat daar nie meer plek is vir hulle.

Girlfriend is agter by die hok begrawe sodat niks haar kan eet nie. Ons sit nog steeds die kos op die hok al glo ek nie ons sal ooit weer ‘n wilde nagaapie hier sien nie.

 

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Girlfriend se dood en die einde van medemensliefde

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s