As jy vriende wil verloor, praat oor godsdiens.

world_religions

Daar is huidiglik 20 hoof godsdienste en oor die 4000 godsdienste in totaal. Volgens my beste vriend Meneer Verklarende Afrikaanse Woordeboek, is daar ‘n groot verskil tussen geloof en godsdiens. Ek persoonlik “geloof” baie meer as wat ek “godsdiens”. Vir my maak dit nie saak wie jy dien nie en ook nie hoe jy Hom/Haar/Hulle/Dit dien nie, solank jy ‘n goeie mens is. Ek is vreeslik nuuskierig en is ‘n vra-baie-vrae mens, so natuurlik het die ou heks wat vir ons sondagskool gegee het(in my tienerjare) nie veel gehelp nie want sy was van die ou garde wat ons mooi laat verstaan het, om HOM te bevraagteken is dodelike sonde. Met die gevolg, kom katkisasie, weier ek om dit te doen tot groot onsteltenis van my ouma (kerk tannie wat sy was) maar my oupa en my ouers het dit darem probeer verstaan. Ek het vasgeskop omdat ek baie onseker was oor God en Jesus en die Bybel. Ek wou nie daar voor ‘n gemeente gaan staan en lieg nie. Ons het gelukkig ‘n wondelike Dominee wat geluister het na alles wat ek wil vra, waarvan een was dat ek nie Jesus in my voel nie en dat ek nie ‘n hallelujah oomblik van “sien die lig” al gehad het nie.

Hy het ‘n goeie sin vir humor en het darem gelag hieroor want soos hy verduidelik het, mens moet altyd soek na God en altyd vrae vra want dit oefen jou geloof spiere en hou jou geestelik fiks. Nou ja, ek het maar gaan staan en lieg voor die gemeente want ek was sewentien en baie onseker.  Deesdae is ek minder onseker maar baie privaat. Buiten my man, is hierdie die eerste keer wat ek regtig oor my geloof praat. Ek het nou al gesien dat as jy mense wil kwaad maak of vriende wil verloor, dan praat jy godsdiens en geloof en alles wat saam met dit gaan. Ek is nie arrogant genoeg om te glo dat my godsdiens is die enigeste regte een nie. Ek sal ook nooit dit wat ek glo op ander probeer afdwing nie (do onto others en al daardie jazz)

Ek glo:

*Daar is iemand grooter as ons en dat ons heeltemal te dom en te “klein” is om Sy bestaan en Sy plan te verstaan.

*Om niemand en niks op hierdie aarde seer te maak, verneuk of sommer net ‘n gemors mens te wees. Werk hard, wees eerlik, gee om. That’s it.

*Dit maak nie saak of Jesus die seun van God was of is nie. Volg net sy voorbeeld. As almal so lewe, dink net hoe anders sal ons wêreld wees.

*Jy kan ‘n kak mens in enige geloof wees en jy kan ‘n merkwaardige mens in enige geloof wees. So moenie te vinnig iemand oordeel nie.

*Ek lewe as ‘n goeie mens, nie omdat ek bang is vir hel toe gaan of omdat ek wil hemel toe gaan nie nie. Dis nie veronderstel om ‘n rewards card system te wees nie. Ek doen dit omdat ek dankbaar is ek lewe, vir die lewe wat ek kan hê en om aan God (dit kan ‘n hy,sy of Frikkie Venter wees vir al wat ons weet) dankie te sê net vir die kans om hierdie tyd op aarde te gebruik. Sou ek die dag my ewige slaap ingaan en wel in die hemel beland, dan is dit ‘n bonus maar dit gaan verseker nie die hele doel wees nie.

Ek sal nooit my geloof kan verander nie byvoorbeeld om van Christen na Muslim oor te gaan en ek sal nooit verwag van iemand anders om dit te doen. As mens is ek vol foute maar ek staan elke dag op en probeer elke dag beter wees as gister. Wat my wel kwaad maak is mense wat diere seermaak (moord sal plaasvind) en mense van enige geloof of nie-geloof van ander anderval omdat hulle anders glo.

My vriendin was by ‘n troue waar die meerderheid mense ateïste was. Sy is ‘n Christen en ‘n liefdevolle, vreedsame mens wat met almal kan gesels oor enige iets. Sy lyk ook nie eintlik soos ‘n soet Christen meisie nie met al haar tattoos maar sy is regtig die goedheid vanself. Was ek darem omgekrap toe sy my vertel dat een van die manne haar uitgelag het oor haar geloof. Ek ken sy soort, hulle soek jou uit en om jou vas te vra en uit te lag is ‘n sport vir hulle. Hy het vir haar gelag want sy glo in ‘n “make believe character”. Sy het hom nie probeer oortuig dat hy verkeerd is nie (sy is in elk geval nie die baklei tipe nie) maar sy het by haar punt gestaan dat elkeen kan kies wat hulle glo en hoe hulle lewe.

Ek het vir haar gesê ek dink iets kort in sy lewe en dat hy net kwaad is vir sy eie gat. Ongelukkig was sy nou die “soft target” gewees. Dit pla my so baie dat ek hierdie stukkie net moes skryf en hoop dat mense wat sulke goed doen dit raak lees. Jy is ‘n asshole by the way en ‘n boelie. Jy het geen reg om iemand anders se geloof te verkleineer of te spot daarmee. Jy het geen reg om vir iemand te sê hoe hulle glo en hoe hulle dien, is verkeerd. Solank jou godsdiens en jou geloof nie ander seermaak nie, doen wat vir jou reg voel. Niemand van ons kan 100% seker wees wat wag vir ons na hierdie lewe nie. Wat ons wel weet is dat hierdie een lewe flippen rof kan wees, mens dra jou amper half dood aan jou sakkie stront. Die minste wat ons in die lewe kan doen, is om nie nog stront in ‘n ander ou se sakkie te pak nie.

Shalom berakhah ve-tovah

Atamanna lak yawmaan saeidaan

Aap par bhagavaan kee daya rahe

Have a blessed day

Mooi dag julle

Die Wit Hasie

 

Advertisements

20 responses to “As jy vriende wil verloor, praat oor godsdiens.

  1. n Vonds op vrouedag, dis jy Withaas! En ek het jou skrywe geniet, dit vat aan my hart! Ek en my virgo glo daar is twee soorte mense…assholes en nie-assholes! En die veroordelendes val onder assholes! Dankie dat jy my raakgelees het!

    Like

  2. Withasie,ek is ‘n ateïs,maar sal nooit iemand verkleinneer of uitlag nie.Ek het ‘n lang pad gestap om te kom waar ek vandag is en ek dink elke mens moet wyd lees,hard dink en kyk wat vir jouself sin maak in die lewe.Ek tree graag in debat met mense oor hul godsdiens en het dit vir ‘n lang tyd op LitNet gedoen.Gevolgtrekking…niemand oortuig vir iemand nie en dis ‘n futiele oefening!Ek weet wat ek weet,weet wat ek glo en nie glo nie en los mense om hul eie ding te doen.Dis egter verblydend as mense vrae vra en nie net alles vir soetkoek opvreet nie.

    Like

      • Dis juis een van die dinge wat my pla oor godsdiens…dit het moraliteit gekaap en daar is ‘n persepsie dat goddeloses nie goeie mense is nie en ook nie morele waardes het nie.Dis totale onsin!

        Like

      • Ek stem heeltemal saam. Ek ken baie mense wat kastig groot gelowiges is en tog assholes is. My hele idee is, elke ou dink en glo wat hy wil en respekteer dit. Dink net hoeveel beter sal die wêreld wees as almal goeie mense probeer wees wat mekaar at least probeer verstaan. Dankie dat jy met my ‘n geselsie deel.

        Liked by 1 person

      • Ek kan jou niks vertel van ateïs wees nie.Daar is baie leesstof deur denkers,wetenskaplikes en mense wat eers godsdienstig was en daaroor begin twyfel het.As jy wil,kan ek vir jou ‘n paar titels gee,maar jy moet dit self wil hê.Ek wil niemand beïnvloed nie.

        Like

      • Ek bedoel maar net dat wat mens glo verander niks. Dis watter tipe mens jy is en in die stuk het ek dit dalk nie mooi duidelik gemaak, ek praat nie oor alle “non-believers” as kwaad of so aan nie. Dit was bloot net die een ou wat my vriendin so ingevaar het. Hy kon Hindu ook gewees het, die punt was….jy mag nie lelik wees met ander nie. I don’t judge maar ek gesels graag met almal oor alles.

        Liked by 1 person

      • Ek het dit so verstaan…wou ook net weereens beklemtoon dat mens nie kan veralgemeen nie,want ateïste word gewoonlik deur die bank uitgemaak as slegte mense.Maar jou punt het goed deurgekom.

        Like

  3. Ek is ‘n Christen en gee nie om om vriende te verloor nie. Ek lees egter baie op oor my geloof. Baie Christene doen dit nie, en dan verskil hulle van my oor sekere dinge in die Bybel. Dit maak nie saak wat se geloof jy aanhang nie, jy moet daaroor oplees. Jy kan tog nie jou werk doen as jy nie die kennis en ervaring daarin het nie. Ek respekteer ander se gelowe. Ek sal jou nie afskop as ons verskil op hierdie gebied nie. Dan is ek kinderagtig.

    Liked by 2 people

  4. Sit sommer politiek en sport ook op daardie lys.
    Dan weer, ek glo as ek nie politiek, en godsdiens en sport en filosofie met my vriende kan praat nie is hulle nie werklik vriende nie.

    Like

  5. Ooh genade baie van ons hier het vroeer jare by LitNet geblog, daar was nou vir jou TROLLE wat hierdie einste onderderwerp vir jou kon platloop… menig maal was daar baie gevegte en n groot slegse deur ateïste. Dit was aaklig, jy wou geen comment of enige vorm van jou spore daar los nie want jy was behoorlik uitmekaar getrek en sommer vervloek ook.
    My pa het altyd gese mens praat nie kerk en politiek nie.
    Ek glo in God die Vader en ek skroom nie om te se DIT is waarin ek glo nie, maar ek gun ander mense om te glo in wie en wat hulle wil en ek repekteer hulle en oordeel nie.

    Liked by 1 person

  6. Ateïste het ‘n radikale, opdringerige, fanatiese geloof in niks en wil almal oortuig om, soos hulle, onwrikbaar in niks te glo nie. Aan die ander kant, as wedergebore volgeling van Jesus, moet ek sê dat die 38,000± dogma-dwalende Christendenominasies ewe van koers af is. Net soos ander gelowe, is die dogma ver van die waarheid af. Die oorspronklike, outentieke Waarheid is nekomgedraai alreeds binne die eerste eeu na Christus. Ek sou versigtig wees om iemand anders ‘n asshole te noem en sodoende self een te word.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s