Mr. Price, kiss my fat ass.

Dames, hierdie een is nommer pas vir elkeen wat al gaan klere koop het en daar uitstap met die wens om daardie winkel af te brand. This rant is brought to you by, no coffee and a lying-cheating-no good scale!

Ek haat klere koop. Dis presies soos die fliek Saw(1-50). Ongelukkig kan ek nie kaalgat rondloop nie. NIEMAND wil dit sien nie and it’s frowned upon. Voor Ouma se begrafnis besef ek dat al my kerkklere te groot is vir my, engele begin sing. Ek ken net van klere wat te klein is. Met ‘n glimlag op my bakkies en ‘n waansinnige idee dat ek die keer klere gaan kry wat pas, vaar ek die dorp in. Ek eet en drink niks daardie oggend, net om seker te maak.

Ons ou klein dorpie het baie winkels waar jy kan klere koop maar laat ons sommer nou iets uit die pad kry, ek betaal nie R350.00 vir ‘n hemp nie en verseker gaan ek nie R700 betaal vir ‘n broek nie. Woolwoths, Truwoths, Focini en Edgars is dus van die lysie af(ek weier om seker te maak dis reg gespel, I spit on your name). Dit los CB Stores, Mr. Price en Pep. Pep is deesdae ‘n babyboom winkel maar ek gaan kyk in elk geval en kry darem ‘n jas. By CB Stores kry ek ‘n broek maar geen hemp want al die dames met taataas het reeds die Large size hemde gekoop. Ek verstaan alles kom nou van China maar kan iemand tog net ophou om so politically correct te wees? Jy gaan niemand kwaad maak as jy die klein sizes verminder en meer L, XL en XXL stuur nie. Op hierdie kontinet het ons boude, boobies en heupe. Niemand kan in die stront pas wat “Medium” of kleiner is nie. Selfs ‘n Small is te small vir my HOND!

Ek haat Mr. Price want dis altyd te besig en terwyl die wag by die deur my pakkie toe draai, voel dit vir my of ek nou deur die sewe gates of hell gaan stap.

Gate One: Daar is te veel mense. Vrot asem, hoes, snot, lywe wat teen mekaar skuur, kleintjies wat in jou ore skree en rye wat lyk of dit geen einde het.

Gate Two: Ek het blykbaar by Strippers R Us ingestap of ek het verdwaal en by die kiddies afdeling beland. Dan loop ek iemand raak wat ek ken, ons is nie eers vriende nie maar ons groet mekaar soos susters. Dis net so goed om ‘n gesig te sien wat jy ken en wat jy kan sien verstaan jou hel. Ons moan gou oor die klere wat so klein is (ek het nie verdwaal) en hoe mens as ‘n getroude vrou iets moet kry wat darem orals toe maak. Dan praat ek nog nie van as jy vet is nie. ‘n Stroom mense kom verby en sy word weggespoel saam vrouens wat soos pasgebore lammers op hakskoene loop.

Gate Three: Die klere is so styf teen mekaar op die reeling ingeprop dat ek so waar as die donner, my nael breek! Ja, ek breek ‘n nael net om by die tags uit te kom om te sien of daar iets anders as 12jaar en superslet oor is. Van die goed is see trough body suits en ek dink vir ‘n stoute oomblik om dalk een te koop…..en dan sien ek my manlief (soms my lovable asshole as hy my terg) se frons as ek met die ding moet rondloop. Hy SAL NIE dink so ‘n nommetjie is sexy nie en sal my vra waar die res van die ding is vir die prys wat ek betaal het. Goed, kanselleer daardie plan. Ek vererg my, gooi toe sommer alles op die grond. Ek het gesien een uit die trop dit sien doen en niemand kyk haar snaaks aan. I’m adapting to my surroundings

Gate Four: Dit wat wel pas, sal my oorlede ouma nie eers dra. Die hoe lelik dit is. Ek vermoed die een hemp is gemaak van ou vatlappies en kondome. Die ding is so vlambaar dat as ek hom aanpas, gaan hy smelt. Well at least I’m hot, yah! Ek verlaat die winkel om asem te gaan skep (en in my kar te gaan sit en huil) dan probeer ek weer want ek kan nie in die kerk gaan sit sonder ‘n hemp nie. Ek is doodseker dit word nie toegelaat nie.

Gate Five: FITTING ROOMS!! As dit is wat die hel is, dan neem ek elke geloof in die wêreld aan en word die beste, soetste watookal wat ek kan wees. As ek ‘n spioen was, het ek my volk so vinnig veraai soos popcorn maak as hulle my in die kamers wou sit. Mense, dit STINK daar binne. Ek ken die reuk van vrotvoete maar daardie reuk is meer gangrene as ou sokkies. Dis asof sy of hy ‘n dooie donkie gebruik as kouse. Ek het eerlikwaar duislig geword en ek is ook al een wat dit ruik. Met die aanpas gaan dit goed. Ek moet ‘n kleiner hemp kry want ek het meer gewig verloor as wat ek gedink het en as ek in die spieel kyk, wil ek nie huil. Nee, ek doen so bietjie van ‘n dansie en check my hot-self uit van elke kant. Oeg, someone kiss me before I do. Miskien is hierdie aanpas kamers tog nie so bad…..wait for it…..

Gate Six: Unisex aanpas kamers. Ek maak die deur oop en loop my vas in vier mans wat oppad is na die hokkie langs myne. Twee het klere om aan te pas, die ander twee het bier en kos. Darem geniet iemand klere koop ne. Ek skrik so groot dat ek amper terug spring in die hokkie en die deur weer sluit maar die afstand tussen die deur en die vloer is so groot, een van hulle sal onderdeur kan glip. Goed soos selfie sticks met ‘n foon aan wat my dansie (kaal nogal) afneem, flits deur my kop. Die twee manne los die deur sommer oop en begin aanpas terwyl een van die tjommies ‘n bier oopmaak. Ek hardloop nie teensy iets my jaag maar daardie dag het ek Usain Bolt my stof laat eet. Weereens is dit net ek wat dink dis onvanpas en nog voor ek uit Gate Six van die hel kan kom, moes ek eers verby die kaal ouvrou in hokkie een. What has been seen can never be unseen!

Gate Seven: Ek het dit gemaak tot by die ry vir ‘n til. Daardie plekkie in ‘n winkel waar jou siel doodgaan. Mense staan te naby aan jou, orals word daar ingedruk en niemand weet wat is spuitgoed nie. Man, selfs die vliee druk hulle neuse toe. Dit voel of ek my hele lewe hier staan en mors. Ek is al byne drie ure besig met die gemors en dis drie ure van my lewe wat ek nooit weer sal terug kry nie. Die ry het nog nie beweeg nie en tog sien ek mense met pakkies by die deur uitstap. Ek haat hulle.

Op een of ander manier het ek ontsnap met die hemde wat perfek pas. By die huis pas ek weer alles aan en die hel is nog nie klaar met my….die broek is te groot. Ek sal ‘n tou gebruik as dit moet maar ek gaan nie terug nie. Ek kry nog terugflitse van daardie dag en het besluit om te leer klere maak. Ek lyk eerder soos ‘n nar voor ek weer gaan klere koop. Ek sal nooit wens dat my klein geboorte dorpie iets oorkom nie maar as ‘n tornado Mr Price tref sal ek glad nie sleg voel nie. Ek mag dalk net paartie-paartie!

Die Wit Hasie

Advertisements

18 responses to “Mr. Price, kiss my fat ass.

  1. Ek sweer die mense by die werk dink ek is mal. Sit en lag kliphard by myself in my kantoor!

    Ek ken die pyn net te goed! Dis hoekom ek VEEL EERDER Spree. Dis maklik en vinnig en in die comfort van jou eie huis. En ek is mal oor hulle klere.

    Like

    • Die probleem is dat ek geen idee het wat pas by my nie. Ek sal ‘n hemp vat en dink “YES, ek gaan nou hotness wees” en dis gewoonlik ‘n notness. Dus kan ek nie my eie smaak vertrou nie en moet die goed vooraf aanpas. dammit! Bly jy het gelag.

      Liked by 1 person

  2. Man, ek wil lag…maar ek gaan nie. In ons huwelik was die kluis al drie maal oopgesluit om die skeibriewe uit te pak, daar was twee gevalle van messteek, een skietgeveg en daardie insident met die koekroller waaroor ons nie praat nie . . . en almal was as gevolg van klere koop.

    Liked by 1 person

  3. Ek ruik daai aanpashokkies,so goed beskryf jy dit!Ek haat ook klerekoop en winkels oor die algemeen.Waar lywe teen my skuur en in my spasie kom…uh,uh…nie vir my nie.Lekker gelees en gelag,dankie!

    Like

  4. Liewe Hasie, as ek jy is, skryf ek slegs sonder koffie! Dis nou mits die onttrekkingsimptome hierdie kostelike stuk aangehelp het. “Vrouens wat soos pasgebore lammers op hakskoene loop” – bwahahahaaah! Ek sien hulle so duidelik…

    Like

  5. Uitstekend!! My dogter het hierdie na my gestuur en ek het dit so geniet! Koop gewoonlik klere wat ek “skat” gaan pas en as ek by die huis kom gooi ek dit eenkant in die kas en oor ‘n jaar dan sorteer ek alles uit dan het ek dit nooit gedra nie want gewoonlik is dit of te klein of te groot of ek haat dit….

    Like

  6. hier in die kaap is dit nog naweek drank asems by die lyne mense en snotneus kinders met hare wat doer staan terwyl dit neuskrap en items bevoel. en dan gil ma op die hoogste noot LOS DIE FOKIN GOED. ek wag vir jou ma-se-@@@@ en soms glip dit ook uit. mens kan sommer jou woordeskat ook hier opknap.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s