Kom ons leer Shona….

images.jpg

Kom ons laat my kop lees! Nou wil ek nuwe goed leer, dit terwyl ek nie eers kan onthou hoekom ek in die badkamer is nie! Ek is nou hier so kom ons piepie maar. Tot jy in die sitkamer kom en besef jy’t opgestaan om watte te gaan haal vir jou toon wat stukken gestamp is!!! For the love of…!!!

Daar is dinge wat ek weier om te doen en klere met die hand was is een. Dus het ons ‘n man wat in die huis werk om my te help my man aan die gang hou. (en uit my hare hou sodat ek kan skryf) Die man E. het vir baie jare vir ‘n diplomaat in Egypte gewerk. Hy het toe besluit om terug huis toe te kom maar moes weer begin werk na die bank om ingedoen het. Dis vir my baie hartseer want hy is werklik ‘n goeie ou. Nou die dag het E besluit dat ek moet leer Shona praat en ek het gedink dis ‘n blink plan, tot ek die f#%ing woorde probeer uitspreek!! Hy het nou net weer vir my ‘n nuwe woord geleer, 5min terug en ek kan dit nie onthou nie! Tanda…tandeka…tarrentulla?? Ek weet nie maar dit beteken dankie.

As jy ooit dink jy het ‘n smexy big brain, probeer ‘n nuwe taal leer. Jou gat stamp ‘n gat in die vloer van nederigheid. Maar ou E het ‘n plan in sy kop en hy wil dit nie los nie. Ek MOET Shona leer want hoe gaan dit lyk as ek soveel jaar in sy land bly maar nie sy taal kan praat? Want, liewe E, ek is gebore in my eie en ek kan op die meeste twee van die 11 tale praat. Hy was geskok hierhoor, hoe is dit moontlik? Die mense wat dink hulle is slim is toe nie so slim want ons leer nie hierdie tale op skool nie (maar jy kan Frans by een van die grander skole leer…useless) en die mense wie se taal dit is, wil jou nie leer.

“It’s so they can gossip. We cannot gossip. All people know Shona, even the light ones.”reken hy my. Dis waar, ek en my man skinder baie oor hulle want niemand in ons area verstaan Afrikaans nie en dis nogal fun. I kinda get it.

Kom ons som gou op wat ek wel geleer het:

Die “functional” Shona wat jy in die handboekies leer is informeel en “disrespectful” as jy met ouer mense of die met aansien praat. Amper soos om met ‘n ouer persoon te praat en nie vir hom oom te sê.

Mangwanani, masikati en manheru kan ek darem al sê. Môre, middag en naand.

Ek moes meer geleer het toe ek jonger was.

Ek moes na my pa geluister het en meer geleer het toe ek jonger was (en geoefen het)

Ek moet onthou om my pa te bel en hom te vertel hy was reg.

Shona might be the death of me.

Ek wil een vloekwoord in shona leer maar E sal dit nooit toelaat nie. Ek is after all sy star project.

Ek weet wat sadza en nyama is. Tipies dat die vettie heel eerste sal leer hoe om kos te bestel.

See you mangwana

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Kom ons leer Shona….

  1. Oe, jy kan my rubber arm draai om ‘n nuwe taal te leer! Ek is mal oor tale, maar moet my nie verkeerd verstaan nie, ek sukkel ook nou meer as toe ek jonger was. Soos met die Spaans wat ek moes leer vir my avontuur… (Ek leer egter eintlik amptelik Frans nou, want dit kan ek regtig gebruik waar ons nou bly – hel is DIT nou moeilik!).
    Vasbyt Hasie, dis fantasties! En jy het ‘n persoonlike instrukteur, wat meer wil jy hê? 😉

    Liked by 1 person

  2. Hy gaan soveel respek vir jou he as jy sy taal kan praat, klink my hy hou van jou. Altyd goed om die mense om jou te verstaan.
    My broer se twee dogtertjies in Australie skinner so in Afrikaans op die bus skool toe – die juffrou het nou gese hulle mag nie meer Afrikaans op die bus praat nie. So eerlik, hulle het teenoor skoonsus herken, hulle “praat” van die ander kinders 🙂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s