Om Dankbaar te wees.

19231913-mmmain

Kom ons begin by die begin, ek is verslaaf aan tydskrifte. Ek moes ekstra handbegasie op die vlug terug huistoe vat want al my tydskrifte sou my tas oorgewig maak. Ek het lees ADD en kan nooit net een ding op ‘n slag lees en klaar lees nie. Ek lees gewoonlik drie boeke en vyf tydskrifte. Bietjie van die een, bietjie van daardie een, nog so bietjie hier, drink tee en slaap. Gewoonlik as ek iets raak lees wat so om my hang soos ‘n mantel en ek staan selfs in die stort en dink oor dit, dan weet ek dis iets wat ek met ander moet deel.

Wat van as jy môre wakker word met net dit wat jy vandag voor dankbaar was? Dis die vraag wat Leef die maand aan hulle lesers gestel het en dit spook by my. Gaan dink nou baie mooi hieroor, waarmee SAL jy wakker word? Sal jy in jou bed, in jou huis met jou pajamas aan wees of kaalgat in die veld sonder bene en kos? Ek het regtig nie baie nodig om gelukkig te wees nie. Selfs my man weet dat al is hy die beste-este mens in my lewe, sal ek okay wees sonder hom (dit sal vrek boring wees ongelukkig) maar hy sal steeds môre daar wees. Hy weet dit nie maar ek sê elke dag dankie vir hom. Ek onthou die eerste keer wat ek langs hom wakker geword het, het ek saggies vir God gevra “Kan ek asseblief die een hou?”

Nou ja, hy sal daar wees en my diere. Om te sien en te dink en te praat sal daar wees maar wat van die res. Dit laat ‘n ou nogal stil staan en om jou kyk en jy besef jy is een lucky-lucky bitch. Die vraag wat Leef gevra het, is nou in die murg van my bene geskryf en ek sal nooit weer dieselfde na my self of my lewe kan kyk nie. Ek is vet want ek eet genoeg, my voete kry koud maar ek kan dit voel, die skaap poo in die huis maar ek het ‘n skaap en ‘n huis en die skaap is gesond en….wel jy kry die idee. Ek hoop almal kyk vandag na hulle shitty job, poerdez kar en boring ou lewe en dink

Lucky-lucky me!!

 

Lekker dag almal

Die Wit Hasie

Advertisements

10 responses to “Om Dankbaar te wees.

  1. Jy is reg ons dankbaarheid en gemoedstoestand is nogal gekoppel aanmekaar. Die gemoedstoestand kan ‘n wonderlike lewe leeg en problematies laat lyk. Dankie vir die besoek aan “Magnum”. In ‘n blonde oomblik het ek ‘n onvlotooide draft publiseer. dit regte een is nou daar. Dit vertel vam my ondervinding met Dobernmans op die einde

    Liked by 1 person

  2. SO waar, dankie vir die deel…. Mr Price sal verseker weg wees in jou geval – lol.

    Nathaniel se:

    Kry elke dag iets om voor dankie te se, al is dit vir die gang…. wat jou yskas toe vat. Of jou nek sodat jou kop nie op jou bors hang.
    En as jy nou wraggies niks het om voor dankie te se, koop vir jou n hond en doop hom “Dankie” sodat jy n paar keer per dag dankie se!

    Liked by 2 people

  3. Ek is baie skuldig daaraan om probleme eerder as blessings te tel, ek werk daaraan.
    Intussen is ek dankbaar wanneer ‘n dag verloop het waarin niemand gebloei het, swanger geraak het, uit die tronk geborg moes word of se lyk weggesteek moes word nie. Dit tel ook mos, of hoe?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s