Die avonture van ‘n ninja skaap

PhotoGrid_1470408503943.jpg

 

Skaapie is nou al ‘n groot kind. Hy begin almal stamp, merk sy area en die ballies is al so groot soos sy pens. Dis tyd dat hy van Ma geskei word en op sy eie deur die dag wei. Voorheen is hy toegelaat om sy gat lam te slaap in die huis. Hy het homself, as jy nie kyk, op die bank tuis gemaak. Die begin van sy ninjaness?

Skaapie is nie beindruk met hierdie stront dat hy nou nie meer deur die dag in die huis kan wees nie. In die oggende word daar tantrums van formaat gegooi as hy uitgejaag word en vir die res van die dag probeer Ninja Skaap in die huis in “sneak”. In die begin was hy nie baie goed daarmee nie. Hy het sommer net ingestap en sou dan dadelik “gebounce” word. Na ‘n paar dae hiervan, het hy begin wag tot ons die sitkamer verlaat en dan het hy ingekom. Hoekom weet ek nie want hy kom in en staan stil in die middel van die vertrek. Soms herkou hy iets, ander kere staar hy die verte in asof hy diep dink oor sy skaap bestaan. Die tik-tak van sy hoewe op die sement vloer gee hom ongelukkig weg.

Ek is gou besig in die opwas kamer om die katte kos te gee. Ek moet laat wiel want Spookie is ‘n boelie vandat hy ‘n slet geword het. Tieners raak mos so onmoontlik as die hormone inskop. As ek nie gou genoeg Spookie aan die eet kry nie, sal hy Katta aanval net om vir my te wys hoe ongelukkig hy met die diens is. Om my hop Jess rond en hoop sy kry ook ‘n happie. Dan kom ek agter, maar daar is nie een lyfie wat om my hop nie, maar twee. Wragtig, hier staan skaap tussen almal en vra ook vir ‘n happie. Ek kyk verbaas rond of hy saam my man ingestap het of wat gaan aan want ek het hom nie gehoor of gesien tot hy by my was. En dit was maar net die begin. Ek sit by die rekenaar en werk. Jess en Katta by my voete, manlief regs van my voor die tv en ek kan skaap deur die venster voor my sien wei.

Jess bly aan my voet lek en ek skop haar ‘n paar keer weg. Sy doen dit as sy bietjie jammer vir haarself voel en aandag soek. In ‘n huis met soveel kinders raak een altyd verlore in die bondel. Man maar sy hou net nie op nie en ek loer tog maar onder die tafel in om haar maagie te krap. Daar loer drie gesiggies vir my terug en die een by die enkel is ‘n skaap. Die twilight zone musiek het net daar begin speel toe ek en my man mekaar verbaas aan kyk. Waar het die skaap vandaan gekom? Hoe het hy verby E. my man en my gekom? Dan was daar die keer toe ek sit en TV kyk en met Jess raas omdat sy nie haar lê kry op die bank agter my. Nope, nie Jess, Ninja Skaap!

Iemand eet uit die borde op die tafeltjie voor die TV en hier sal almal dink dis ‘n kat of ‘n hond ne…nee, dis ‘n ninja skaap. As jy gaan piepie en iemand loer vir jou van agter die stort gordyn…ninja skaap (ek het my lam geskrik vir daardie een hoor) As jy in die oggend aan trek en iemand vat aan jou kaalboud…NINJA SKAAP. Hy is orals, hy sien alles en ek is seker hy gaan ons een aand in ons slaap doodmaak. Ek eet glad nie meer skaapchops nie net sodat hy weet ek is aan sy kant.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

9 responses to “Die avonture van ‘n ninja skaap

  1. Ek het so lekker gegiggel vir jou Ninja Skaap!

    Hy is te pragtig, sal hom opvreet! Nou nie rerig nie. Jy weet mos wat ek bedoel!

    🙂

    Dink ek sal so 3 beroertes average ‘n dag as ek so bekruip word, ek is mos maar van die bewerige soort.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s