Die Wit Hasie hop nou op facebook ook

Vir die van julle wat baie rond snuffel of Facebook, soos ek wat vreeslik nuuskierig is, ek hop nou rond daar. Op Die Wit Hasie page share ek alles wat ek hier skryf en spog so bietjie met van die blogs hier op WordPress is. As ek so lekker lees aan julle blog, dan moet almal saam lees. Gaan loer, gaan like en nooi nog mense. Die WordPress se Afrikaanse gemeenskap is taamlik klein het ek gesien en nie baie mense weet van al die oulike blogs wat ek hier al raak gelees het nie. Ek hoop om dit te verander. Ja daar is ander plekke om te blog (wat seker meer “legit” is) maar as ek nog eenkeer moet lees “Man, fok jou klein idees” as kommentaar op iemand se blog post, dan cyber nuke ek dalk daardie arme website. Ek moet erken, as jy vir google gaan vra vir Afrikaans blogs….moet liewer nie. Ek is nou so bietjie naar. Om “spykertafel” deel van jou website se menu te hê laat my klaar ophou lees. Ek is nie ‘n koek maar as elke paragraaf byna ses fok, fokker of fok jou in het….dan is ek f*#en klaar.

Die van julle wat nog nie swartbeltvirdiere raak gelees het nie, gaan loer ‘n bietjie. Sy reis die wêreld vol EN help diere. What’s not to love?

Lekker dag almal

Die Wit Hasie

Advertisements

23 responses to “Die Wit Hasie hop nou op facebook ook

  1. Ek hou van die idee, sal bietjie gaan loer – wonder net of almal sal “ok” wees met die idee dat hulle blog blootgestel gaan word op n FB page, sommige mense blog anoniem en privaat en wil dalk nie he mense moet hulle privaat ding erens raaklees nie – ek noem dit maar net…

    Liked by 1 person

  2. Nee o moer netnou word ek weer gedreig met lastersake! Ek hou maar eerder my goed van Facebook af. Hoe kleiner my wereldjie hierso is, hoe beter. Maar dit is ‘n goeie idee vir diegene wat om kreatiewe redes skryf en dig. Ek doen dit net vir terapie.

    Liked by 1 person

  3. Ek gaan nou loer vir die wit hasie op fb. Dis wat ek ook doen met Toortsie op faceboek. Ek plaas oulike bloginskrywings wat ek raakloop. Ek het darem nog nooit probleme gekry met mense wat kla dat ek hulle bloginskrywings post nie. Anoniem bly mos maar anoniem, of hoe?

    Liked by 1 person

    • Dis presies wat ek wil doen. Ek is mal oor Afrikaans en ek glo in skryf as terapie. Ek probeer van die mense in my lewe wat deur rowwe tye gaan, aanspoor om te blog of selfs net dagboek hou. My antwoord vir alles is skryf

      Liked by 4 people

      • Perfekte antwoord. Daardeur hou ons ons taal lewend, selfs al wil sommige mense dit van ons steel. 🙂 Wroem! Ons laat ons nie sommer onder kry nie.

        Like

  4. Hallo Hasie

    Ek lees nou (uiteindelik!) weer rond en loer in hier op WordPress. Dis 100% as gevolg van ‘n kennisgewing wat my laat weet het jy “like” een van die enigste 3 skryfsels op my blog.
    ‘n Groor baie dankie, on both counts! 😊

    PS:
    Duidelik moes ek “Klein Begin” liewer
    “piep-klein amperse-begin” genoem het 🙃

    Liked by 1 person

  5. Dis goed om blogs te bevorder. Mens skryf tog meesal om jou woorde en gevoelens te deel. Ek dink as mense nie hul skrywes wil deel nie, moet hulle dit maar privaat maak of net op hul eie rekenaar hou. Dankie dat jy deel, Hasie 🙂

    Liked by 3 people

  6. Terug pieng: Reblogging | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie·

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s