Ek wil ‘n hondjie hê maar ek wil nie betaal.

download (2).jpg

Ek wil weet waar bly jy maar ek wil nie tronk toe gaan. Daar is dinge in hierdie lewe wat my so kwaad maak dat ek soos Storm van die X-men my eie donderstorm veroorsaak. Mense wat diere wil hê maar nie by die DBV een wil vat nie “want dis te duur.” is basies heel bo. Net onder “mamma soek klere vir pasgebore baba” want blykbaar het jy nie geweet jy is swanger nie en kon nie in byna NEGE maande ‘n plan maak nie? Goed maar laat ek nou nie van die spoor afdwaal nie. Wanneer jy ‘n dier in jou huis verwelkom moet jy VOOR die tyd al weet hoeveel so ‘n hond of kat jou kan kos.

Ontwurming, inspuitings, sterilisasie en dan hoop jy hulle word nie siek of kry seer nie want dis baie geld. Elke dag sien ek op ons Dorpie Pages mense vra vir ‘n hondjie wat iemand verniet weggee. Nee jou sleg! Gaan DBV toe en red ‘n lewe. Indien jy nie geld het vir dit nie,MOENIE ‘n dier aanneem nie want die DBV gaan anyway by jou huis moet gaan draai om daardie hond se kleintjies weer te gaan optel. Elke dag is daar maklik 10 post oor hondjies wat  huise soek want die moroon wie se hondjies dit is, het nie die teef laat regmaak nie en nou is daar ses tot tien nuwe gesiggies wat ‘n huis moet kry. Dit terwyl die DBV in ons dorp sukkel om hulle deure oop te hou en elke Dinsdag hordes honde en katte moet laat uitsit.

Moenie met my eers probeer praat oor mense wat hulle diere weggee want hulle trek nie. Weet jy, ek wonder altyd of daardie mense wat so sukkel met geld vir diere ooit geld het vir hulle kinders? Ek sal baie eerder langs iemand met stoute honde bly as iemand met stoute kinders. Just saying.

Ons weet dat eendag gaan ons terug S.A toe maar ons het reeds planne in plek vir elke liewe dier wat ons het en nie een van hulle is gekoop nie. Dis almal optel goed maar ons het planne en ek sal minder eet sodat ek geld het vir hulle. Dis hoe baie ek vir hulle omgee en jy het ‘n beter kans om my arm te vat as een van my diere. Ek klink dalk bietjie mal maar as meer mense so gedink het, sou ons nie so gesukkel het om renosters en olifante te red nie. Again, just saying.

Die Wit Hasie

Advertisements

3 responses to “Ek wil ‘n hondjie hê maar ek wil nie betaal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s