‘n Hele maand oud.

Goed, so dis nou nie juis oud nie. Maar van wat ek al gelees het oor blogs, moet jy vir elke maand dankbaar wees want blogs is soos ‘n skoolkys…hy kan so vinnige verby wees soos wat hy begin het. Hiedie blog van my het begin as ‘n eksperiment om eerlik te wees. Ek wou uitvind of mense sal WIL lees wat ek skryf, voor ek verder gaan met my kursuse en geld mors as ek nie enige talent het nie. Vier-en-tagtig van julle dink ek skryf goed genoeg dat julle dit elke dag wil lees en dit het my laat besef….mense op wordpress se torre het afgeval. (en die wat lag, lag want hulle weet dis so bietjie waar.)

Ek het ook gesien dat daar mense is wat Afrikaans kan vat en die ou girl kan opdress vir ‘n paartie. In die maand het ek ‘n paar springmielie blogs gevind (springmielie enige iets is wanneer ek popcorn moet gaan haal voor ek begin lees want dis hoe goed dit is) en my doelwitte het verander. Nou wil ek nie net meer my stories skryf en deel met ander nie, ek wil dit blêrrie goed skryf en dan deel met ander. Hopenlik sal ek eendag iets vir ‘n tydskrif kan skryf of selfs ‘n boek publiseer maar dis ‘n baie ver eendag daardie, hierdie blog kan nog nie vaste kos eet nie.

Iemand het my net nou die dag gevra hoekom blog ek nie onder my eie naam nie, is ek dan skaam vir my werk? Nee glad nie. Ek is baie trots op die snert wat ek hier kwyt raak maar ek is altyd bang mense gaan vir my lag. In die begin van hoërskool is ek taamlik erg geboelie, so erg dat ek na ‘n ander skool toe is en ongelukkig is dit ‘n letsel wat jou nooit los nie. Deur my lewe het ek ‘n paar keer onder boelies weer deur geloop en ‘n stalker of twee. Om onder Die Wit Hasie naam te blog maak dit net so bietjie moeilker vir hulle om te kom troll. In die era waarin ons lewe is cyber stalking ‘n baie ware en lelike ding. Ek hoop niemand hoef ooit aan die ontvang kant van dit te wees nie.

Vir die van julle wat lief is daarvoor om julle Maandag te begin met ‘n koppie koffie en ek-werk-maar-eintlik-surf-ek-die-net, kom loer hier in by Die Wit Hasie. Ek gaan julle bietjie vertel van morning people en hoekom dit so ‘n weird spesie is.

Tot môre dan

Die Wit Hasie

P.S Ek dink ek het ‘n tydskrif probleem maar ek beskou dit as navorsing.IMG_20160814_115531.jpg

 

Advertisements

14 responses to “‘n Hele maand oud.

  1. Jy skryf fliks en baie gemaklim. Ek is mal daaroor om by jou in te loer. Ek blog meer om ander se blogs te lee 😃 en soms bietjie om die brommers uit my kop te kry en soms net my denke op papier te sit. Ek het nie n talent soos jy om te skryf nie maar ek is mal oor die blog gemeenskap en ek mis die mense en as hulle vir so week nie post nie dan wonder ek hoekom en wat dalk fout is en of hulle ok is.

    Like

  2. Ek geniet jou blog ook vreeslik! En verstaan die anoniem-ding 100%. Kleiner, minder populêre, veral tiener-tydskrifte, soos die 17-magazine publiseer nogal maklik mens se stories (ongelukkig tiener-gemik en engels), en, ek is seker as jy probeer, sal jy regkom by Afrikaanses ook! Jy gaan nie weet voordat jy vir hulle iets stuur nie!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s