Goeie môre…nee dit is nie!

 

images (1).jpg

Kyk, ek is nie ‘n oggend mens nie so ek vra sommer nou al onverskoning aan almal wat is want ek hou nie van julle nie. In ons taal en kultuur is Goeie môre ‘n manier om mekaar te groet in die oggend. Ek sal graag wil hê mense moet dit as ‘n vraag aan my stel sodat ek iets kan brom soos “nee” en “gee koffie”. Net sodat jy weet waar staan ons met mekaar. Wanneer ek jou wel groet met ‘n “Môre” beteken dit dat ek weet dis oggend en is bewus dat jy daar is maar ek is nie reg om te human nie.

Wanneer jy ‘n lang afstand aanpak in atletiek, begin jy stadig en bou dan op. Die laaste 100m gee jy jou alles om oor daardie wenstreep te kom. My laaste 100m begin eers van ses uur in die aand. Ek kry woema hoe donkerder en stiller die wêreld word. Dit voel of dit net ek is wat wakker is. Die huis word stil, die buurt word stil behalwe vir ‘n hond wat verveeld sit en blaf. My mense kom dan uit. Jy sien deur die buurman se oop gordyn die TV wat tot laat flits of sien iemand doening in die motorhuis en daar loop buurman net in sy onnie met ‘n spanner in die hand. Dis die sakeman wat nooit eers kortbroeke dra nie maar as die donker so om jou vou, dan verander alles. Selfs jy.

Omdat ek laat gaan slaap, het die Here my geseën met ‘n man wat soos ‘n spook in die huis rond beweeg. Of hy ‘n oggend mens is of nie is moeilik om te sê want hy is nie ‘n mense-mens nie. Ek weet nooit of hy nors is omdat dit oggend is of omdat hy met mense moet werk. Hy staan wel baie vroeg op, sy interne klok is nou maar net nie lekker nie. Hy weet nou al dat as hy my kom wakker maak, moet hy dit versigtig doen.

Jy kom ruk en pluk nie aan my nie. Ek gee nie om wie de hel jy is nie maar ek SAL jou donner. Jy skree nie op my of ruk die deur oop nie. As jy my probeer skrik maak om my wakker te kry, gaan jy vir die res van jou lewe kak. Ek sal jou haat. Dis hoe sterk ek hieroor voel. Daar kom vloekwoorde uit my uit wat die duiwel se ore sal rooi maak. So manlief kom met “liefie….oppie-oppie my skat.”

Mag ek net gou ‘n oomblik neem om iets duidelik te stel? Vir die van julle wat jammer voel vir my man, moenie. Die blikskottel kry vreeslik lekker dat ek so ongelukkige mens kan wees wanneer ek opstaan. Hy staan gewoonlik in die gang en lag vir my, ver genoeg dat ek hom nie kan gooi met iets nie. Wanneer jy my vroeg wakker maak moet jy in ag neem dat daar beter ‘n goeie rede wees hiervoor. “Jy moet gaan werk” of “Dis na tien die oggend” is NIE goeie redes nie! Vanoggend was dit klein van Niekerk wat goud gewen het in die 400m. Die ander keer was dit “Liefie, kan ek die laaste brownie kry.” en ek is op.

Indien daar ‘n rede is soos ek moet optyd wees vir my vlug, dan raak dinge lelik. Die vlug wat ek op moet wees vertrek altyd net na sewe. So ek moet drie uur al op wees om klaar te maak en in die pad val want ons bly ver van die lughawe af. Die wekker gaan al van half drie af, manlief probeer mooi praat, ek probeer onderhandel vir nog 10min (ek kan nie my panty reg aantrek in die oggend nie maar ek word The Good Wife om vir 10min ekstra te veg) dan kry ek dit nie en voel jammer vir myself, huil ‘n bietjie in my kussing (regtig) en dan skop ek die laken(het jy al Jim Carey in Bruce Almighty gesien? Nog erger) dit lyk of iemand my skok terapie gee en dan sit ek regop. Ek praat met niemand, stamp my toon teen alles, loop in deurkosyne vas, mik om te skop na wat ookal in my pad kom, huil nog so bietjie en stort. Die badkamer is oorkant ons kamer en tog vat dit my ure om daar in te gaan. As ek meer koffie in gehad het, kon ek een of ander slim ding sê van ek kan tyd stop of tyd is….dis skaars agt uur, I can’t do this.

My famielie is oggend mense. My pa en oom het dit van my oupa gekry. Wanneer ek sê “oggend mense” bedoel ek daardie vrolike, jissie ek’s bly ek lewe, trippel en dans oggend mense. Hulle weet ook nie hoe om saggies te beweeg nie en dit klink altyd soos ‘n trop olifante wat deur die huis probeer sluip. Seker omdat hulle so bly is dis oggend. My oom is ook iemand wat baie lief is vir die koue en al wat ‘n venster is, is oop. Jy stap uit jou kamer en jou snot vries. Dis soos om ‘n Arktiese avontuur aan te pak en dan is hy so vrolik you just need to slap a tutu on him and watch him dance. Ek raak nors net om daaraan te dink want maak nie saak hoe lief julle mekaar het nie, oggend en aand mense gel net nie voor elf in die oggend. As julle saam werk is dit nog erger. Ek het al in detail mense se moord beplan net omdat hulle so freaking chirpy is in die oggend. Man, magtig, ek sal jou sommer byt!

So as jy ‘n oggend mens is en jy lewe saam ‘n nie-oggend mens, hier is ‘n paar wenke om te oorleef:

  1. Moenie aan die N.O wys dat jy bly is dis oggend nie. Probeer net so hartseer soos hulle lyk dat julle nou moes opstaan.
  2. Moenie te veel praat nie. Jou N.O is dalk op maar die hartjie slaap nog en niks wat jy sê gaan by die brein uitkom nie. Hierdie sal jou kans wees om goed kwyt te raak soos “my ma kom vir ‘n week kuier.” en “Ek vat jou krediet kaart”
  3. Sit die koffie neer en beweeg weg. Moenie stupid goed vra soos “Soek jy ‘n groot beker” of “Hoe gaan dit?” nie.
  4. Verstaan dat jou N.O basies ‘n knorrige kleuter is tot laat in die oggend. Werk daar volgens en almal sal gelukkig wees. Jy sal nie jou kleuter uit die huis laat gaan sonder om te kyk of hulle klere reg aan is nie, doen dit vir jou N.O. Dis nie lekker om by die werk te kom en teen elf uur te besef jou hemp is verkeerd om aan nie.
  5. Moenie iets wat jou N.O sê persoonlik opvat nie. Ons raak goed kwyt soos “Sharrap.” en “Ek haat jou.” maar ons bedoel dit…..later in die dag nie.
  6. As daar nie koffie is nie…..verlaat onmiddelik die huis. Do not pass go, do not collect 200.

Net voor ek gaan om nog ‘n koppie koffie oor my kop te gooi, diere kan ook oggend- of nie oggend mense wees. Ons kat Spookie mag dalk 3uur jou kom wakker maak vir kos maar as jy voor elf met hom probeer praat of aan hom vat, sal hy jou byt. Die ander een Katta kyk jou siel dood as jy hom durf pla. Hou dit in gedagte as Rufus jou gesig probeer afruk omdat jy te vriendelik “Goeie môre” gesê het.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

20 responses to “Goeie môre…nee dit is nie!

  1. Stem saam! Ek weet nie waar ander mense die passie so vroeg kry om al so vroeg vrolik te wees nie!! Die ergste vir my is ek word wakker dan is ek honger, en dis so missie om eers kos en koffie by mekaar te kry. Ek dink ons is normaal en die vrolikes moet ons uitlos tot ons op ons vrolike vlak kom 🙂

    Liked by 1 person

  2. Menz se reël vir oggendmense: MOET NIE chirpy om my voor 10h00 NIE!!!!

    Die feit dat menz 4h15 opstaan en reeds @ 5h30 by die werk sit, beteken nie menz is wakker of OP nie.

    Like

  3. Nou het ek lekker gelees en heeltyd geglimlag. My dogter is ook ‘n N.O (aard na haar ma…) wat met ‘n oggendmens getroud is. Gelukkig werk hy met groot takt rondom die ingrypende verskil – ek dink sulke wederhelftes moet baie, baie lief vir hulle N.O’s wees!

    Like

  4. So bly daar is nog iemand soos ek wat erg skuinsbeneuk kan raak as ek te vroeg (voor 6 in oggend) wakker gemaak word. My vuiste vlieg ook in alle rigtings. Ek hou van slaap in n stikdonker kamer waar die donker so dig is soos ghries. Raai wat maak my die gouste wakker, wat my onmiddellik helder wakker het en my soos n jack-in-the-box laat regop spring? Sit my kamer se lig aan. Dis al. Dan bly almal veilig en ongedeerd.

    Like

  5. Dis absoluut fassinerend, julle N.O. mense. Ek is ‘n definitiewe oggend mens 🙂 katte en man gelukkig ook! Ek sukkel selfs soms om wakker te bly vir Nuwe Jaar, hahaha.

    Like

  6. Ek het nou geskree van die lag!! Ek is ook ‘n N.O en my liefie is ‘n oggendmens. O donner, elke oggend lag hy vir my wat so deurmekaar is, en ek wil hom hard bliksem as hy dit doen. Hy moet net sy goedjies vat en saggies die huis verlaat en werk toe gaan.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s