As ek tog net weer ‘n tiener kan wees.

1Nee, nie vir die lyf nie. Ek het in elk geval nie boobs gehad nie en dit het gelyk of ek te min kos kry. Ook nie sodat ek weer 24uur gemoedsbekakking kan beleef nie en dat my hormone my soos ‘n malmens laat voel nie. Ek sal net weer ‘n paar goed wil ervaar. My eerste soen, die eerste keer wat ek verlief geraak het, my vermoë om diep te kan dink en om stories te skryf wat die aarde laat bewe. Almal het ‘n honderd en tien dinge om te sê oor tieners en hoe die goed mens mal maak. Maar ek voel eintlik jammer vir hulle. Eendag is jy ‘n kind wat in die modder speel en almal is maatjies met almal. Oornag flip iemand ‘n switch iewers diep binne jou brein en jy word wakker met ‘n monster binne jou.

Meisies lyk anders, seuns ruik anders en niemand verstaan dat elke dag se drama is die grootste drama van jou lewe want jy het dit nog nooit beleef. En jy weet nie hoe om dit te hanteer nie. Meisies begin sommer huil oor ‘n rok wat nie pas en seuns slaan ‘n gat in die deur want sy toks is nie waar dit moet wees. Ouers en kinders word vreemd vir mekaar en jy is kinda op jou eie om die stront van jou hoërskool jare uit te sort. Skool suck, onderwysers suck, clicks vorm en vriendskappe raak verlore in hierdie Hunger Games wat almal tienjare noem.

Maar dis nie all bad nie. Dis die jare van jou lewe waar baie eerstes plaasvind. Jy begin die grootmens wêreld raak sien, wat op die nuus verskyn maak skielik saak in jou lewe. Jy is effortlessly cool sonder dat jy dit eers weet en poetry hang om jou soos jou ouma se cheap perfume. Jy is ongelukkig pynlik bewus van jou eie lyf en wat alles NIE reg is nie. Ek sal graag wil lieg en sê dit verander, maar dit doen nie. Ek sal graag wil sê “things get better from here”maar dit doen nie, inteendeel as jy dink die lewe as ‘n tiener suck….just wait.

Ek sal graag weer ‘n tiener wil wees sodat ek saam my vriende op die gras kan lê en groot droom oor wat ons eendag gaan word. Jy sou ‘n Springbok rugbyspeler wees, sy sou ‘n dokter wees, hy sou ‘n advokaat wees….jy run nou die Sasol shoppie, sy maak kinders groot saam ‘n man wat rondloop en hy is dood.

Ek sou graag na die liefde weer met tiener oë wil kyk wat net die beste glo en oor wolke liefdes verhale kan skryf.Ek wil daardie onskuld weer beleef waar ek kan glo dat maak nie saak wat nie, ons sal veraltyd saam wees. Ek wil weer sing-songs toe gaan, by die sokkies gaan vry, skelm rook en skinder oor wie “dit” al gedoen het. En iemand anders hê wat groot besluite neem soos wat eet ons en waar hou ons kersfees hierdie jaar. Ek wil weer saam my vriendin ons gunsteling song kliphard sit en dans soos freaks en uitflip elke keer as die song op die radio speel want dis nog nie op CD nie.

My grootste worry wat my punt vir Engels is en of ek my Arries toets geslaag het. Politiek is iets wat my nie raak en ek het nog niemand verloor vir wie ek lief is nie. Die dood is iets wat met oumense gebeur en my hart het nog al sy stukkies. Ja ek sal net eenkeer weer ‘n tiener wil wees vir skelm swem in die aand, soentjies steel om die hoekies en ure op die pers kombers saam die pelle lê en ‘n wêreld vol moontlikheid vir ons sien wag.

As die seisoene draai en ek weer kaalvoet kan loop dan kom gryp die nostalgie my met altwee arms vas en druk lang vergete emosie uit my uit. Selfs ‘n traan of twee. Dan mis ek skielik die onskuld van tiener wees.

Die Wit Hasie

Advertisements

7 responses to “As ek tog net weer ‘n tiener kan wees.

  1. Ek hoor jou… raak beskrywing, met my 2 tieners in die huis en ek was darem nie TE lank terug n tiener nie.
    Ek het lekker geloer. As tiener was mens nie bewus van grootmens pyne en seer nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s