Boeke is betowerend.

the_book_of_secrets_by_shaynart-wallpaper-1920x1080-1024x576.jpgMy grootste droom, groter as om my eie stories in ‘n boek te lees, is om my eie boekwinkel te besit. Om elke dag in te gaan, die koffiemasjien te stook en heeldag doenig te wees tussen die boeke. Dit kom van omring wees deur boekwurms. My pa se ouers het ‘n hele kamer in hulle huis wat net vir boeke is en my ma se ouers het ons elke liewe vakansie gevat om boeke te gaan uitneem by die biblioteek, geen TV deur die dag nie. My ma spandeer ook meer geld aan boeke as kos.

Ek was en is nogsteeds is baie weird kind, het nie vreeslik goed ingepas in enige van die groepies nie en was ‘n geek voor enige iemand geweet het wat dit is. My naam was Storieverteller en my werk was om voor in die klas te staan en stories uit my kop te vertel om die massas besig te hou as ‘n onnie siek was of net gatvol vir ons was. Needless to say, ek is later lekker geboelie oor dit. Ek het elke oomblik wat ek kon in die dorp se Bib. spandeer. Ek en die tannie daar was al groot pelle en sy het my gehelp na “grootmens” boeke oorgaan toe ek nog nie eers op hoërskool was want ek het die kinder afdeling leeg gelees. Daardie tyd het ek net gedink sy is oulik, nou besef ek sy het boeke gekies wat nie te rof sou wees vir so jong kind nie.

Die gevoel van papier tussen jou vingers, die reuk van ‘n ou boek as jy dit oopmaak, die sjuuuut geluid as jy omblaai…these are few of my favorite things. Ek blog elke dag maar elke aand moet ek in my dagboek skryf. Daar is ‘n gevoel van leemte in my as ek nie pen op papier sit ten minste elke tweede dag nie. Ek skryf baie lelik maar as ek kon, was hierdie blog op papier. Digital media is not my friend. Dan praat ek nou nie eers van Ereaders nie nie, gah!

In matriek moes ons Kringe in die bos van Dalene Matthee lees. Daardie tannie het my opgefok hoor. (daar is geen ander manier om dit te stel, jammer julle) Haar storie van hoe die bos vernietig word, die geldgurigheid van die mens en die uitroei van die olifante het my in trane gehad. Die gewig van wat ons aan die wêreld om ons doen van so vroeg af, het swaar in my kom lê. Hier waar ek sit en tik  12 jaar later, het ek weer ‘n knop in die keel. Susters van Eva was ook een van daardie boeke wat my lewe verander het, dalk die feminis in my so bietjie wakker gemaak.(maar dis ‘n blog vir ‘n ander dag)

Ek verloor myself in boeke en ek dink dis al hoekom ek nog kophou. Lees ‘n M&B vir romanse, Stephen King as jy wil bang wees vir jou eie skaduwee, Jonathan Kellerman se Alex Delaware vir die speurder in jou, Tannie Dalene vir jou eg Suid-Afrikaanse fix(en as jy wil huil) ag en ek kan aan en aan gaan. Punt is, dis hoekom ek wil skryf en moet skryf. Ek wil verewig lewe in ‘n boek en ek wil in mense se binnekant gaan rond woel as hulle my storie lees. Ek word bitter dedonnerin vir mense wat te LUI is om hulle kinder weg te kry voor die TV en aan die lees te kry. Sekere kinders sal net nooit van lees hou nie, dit kan my boetie vir jou vertel maar jy moet darem probeer. Die wat lees weet hoe om deure na ander wêrelde oop te maak. En as jy op boss level  kom, het jy nie eers meer ‘n boek nodig nie. Jy kyk net in die verte in en tjoep, weg is jy.

Die Wit Hasie

Advertisements

14 responses to “Boeke is betowerend.

  1. Soveel boeke, so min tyd. Ek laai oudioboeke op my ipod en luister daarna as ek wakker word in die nag. My man is disleksies, vandaar die oudioboeke, maar ek gee glad nie om vir hierdie “maklike lees” nie.

    Like

  2. Ek het noudie dag ‘n boek gelees van hoe mens se geheue werk. ‘n Interessante stukkie was hoe een van die ou Grieke (het nou sy naam vergeet, een van die bekendes – hahahha, daar vaal my geheue my nou) neergekyk het op die idee van boeke en om dinge neer te skryf, want dit beteken mens gebruik nie jou brein om alles te onthou en oor te vertel nie. Ironies genoeg sou ons nie van sy geheue-trieks geweet het, as iemand dit nie neergeskryf het nie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s