Brein vs Boobs

Kyk, ek het vir my vererg die ander dag laat die bloed in my ore suis en alles oor hierdie foto:

13096205_1746951252189825_5468972156922136824_n.jpg

Ek is seker meeste mammas “aaaag sweet” oor die ou poppie wat so lekker speel maar sit gou jou “ek is ‘n sterk vrou” brille op en kyk weer. My eerste vraag toe ek hierdie sien “was daar nie ‘n spaceship of hospitaal playset nie?” Jy weet, sodat dolla kan leer sy kan meer in haar lewe word as ‘n house maid! Ek is nie ‘n tipiese feminis nie. Ek het after all ‘n alpha male getrou wat Chuck Norris crispies vir breakfast eet. Ek streel sy ego blink soveel ek kan want dis vir my lekker. Ek maak kaalvoet kos en run die huis. Hy kan baie mooi na homself kyk maar vir wat moet hy as ek dit kan doen reken ek.

Ek hou van netjies aan trek en my gesiggie mooi inkleur. MAAR ek is nie een vir hakskoene, kort rokkies of my tatas adverteer nie. Ek is taamlik handig (net genoeg om nie te vrek) maar vir wat moet ek dit doen as ek ‘n man het. Ek kan werk maar hy hou daarvan dat ek by die huis is en ek LOVE dit. Hy betaal vir my studies en ek kry die kans om my skrywer droom uit te leef. Almal wen. Ek dink nie vrouens moet rugby speel nie, ek dink vrouens moet stadig met hierdie feminist-ding want ek het nie lus om my eie motor band om te ruil nie. Ja as mans met ‘n 100 vrouens kan slaap en ‘n legend wees dan kan dit vir die vrou ook tel maar jy wen niks vir ons geslag deur ‘n kaalgat foto op die internet te sit nie. Looking at you Kim! Inteendeel, jy donner alles net op.

Ek dink ons lewe in ‘n goeie era vir vrouens. Daar is shows soos Madam Secretary en The Good Wife wat wys hoe sexy ‘n vrou met ‘n brein is en dat jy kan sterk wees, sexy wees en ass kick sonder om jou fanny te gebruik. Ek dink daar is ‘n manier om ‘n vroulike, fyn meisie groot te maak wat haar man soos die man van die huis kan laat voel, sonder om sy vloerlap te wees.

lingerie-football-_1568674i.jpg

Hierdie kak hierbo, help ook niemand nie. Geen man vat jou ernstig op nie. Niemand sien jou as ‘n atleet nie, niemand dink jy het skills nie….jy is net nog ‘n ou se wet dream. Op skool het ek die lyf van ‘n laerskool seun gehad terwyl my vriendinne met C en D cups gespog het. Ek moes staat maak op persoonlikheid as ek enige ou se aandag wou trek. Hier waar ek nou sit is ek meer lava lamp as atleet en tog was ek nie ‘n soet hasie met die lava lamp lyfie gewees nie. Glo dit of nie maar meeste mans (nie dude, ou of tjomma nie) verkies ‘n vrou met wie hy kan praat ook. Jy hoef nie jou kaalgat vir ‘n ou te whatsapp nie, jy hoef nie ‘n nommer 10 lyfie te hê as mister ‘n boep het nie en jy kan soveel meer wees as net ieamand se vrou en ma.

Ek sê altyd, ek het nie ‘n man nodig om gelukkig te wees nie maar dis baie makliker om ‘n onsite handy man te hê. (dis ‘n grappie vir die wat se stervere nou kielie) Die punt van hierdie rant is, terwyl sussie nou so lekker speel met haar stykplank moet jy vir boetie nader trek om speel-speel skottelgoed te was. Eendag sal jou skoondogter vir jou dankie sê soos wat ek elke dag die Here dank vir my skoonma. Maak jou poppie eerder groot met boeke en modesty en rolmodelle soos Madam Sectary en maybe, just maybe kan ons verlos word van ‘n generasie Kim Kartrashians.

Die Wit Hasie

Advertisements

28 responses to “Brein vs Boobs

  1. Briljant! Ekt al gehoor my dogtertjie van 3 is te on-afhanklik, maar ek leer haar om haarself te help. Syt poppe maar verkies om blokkies te bou. Ouens wil mos beter wees so hulle moet ook leer om huis goedjies soos wasgoed was en skottelgoed doen. En dis anyway lekkerder om daai goed te doen as nie gedwing word nie. Ek hou regtig van hoe jy iets stel, laat my lekker lag en relate

    Like

  2. Mmmmm… nou lag ek in my mou vir jou, sorry. Het jy nie die ander dag gekla omdat jy nie n soom kon insit, of was dit n knoop aanwerk nie… vaardighede….
    Ag ek sien maar die onskuld en die mooi in die prentjie raak… lol

    Like

    • Dit is so, ek wil weet hoe om naaldwerk te doen en die prentjie is onskuldig maar dis juis hoekom ek oor dit geskryf het want skielik lyk dit nie meer so vir my nie en dis nou al dae wat dit my pla. Nou ja, as iets so om my hang dan skryf ek hom uit.

      Liked by 1 person

  3. ‘n Jintelman leer sy vrou hoe om die motorband om te ruil en die kragprop te vervang, maar doen dit steeds vir haar omdat hy wil. ‘n Jintelman laat nie toe dat sy vrou stryk of vloere was nie. ‘n Jintelman kook soms vir sy vrou kos, al gebruik hy tweemaal soveel skottelgoed en smaak dit net helfte so lekker. ‘n Jintelman was die skottelgoed (onder protes) en laai die wasmasjien soos ‘n pro.
    Die lady wat met so ‘n jintelman getroud is: Sy laat hom toe om al die goed vir haar te doen, al kan sy dit waarskynlik self beter doen, want sy weet dit is die ultimate ego boost.

    Liked by 1 person

  4. Net leë mans hou van tert. Die res van ons hou van ‘n vrou met ‘n actual persoonlikheid. Behalwe nou die bierbekke want hulle evolusie is effe stadig, indien enigsins. Dis hulle wat nooit grootword nie en braaf lyk maar hulleself bevredig met real-life Barbies.

    Like

  5. Kyk, as die Laatlam wil spee-speel stryk dan los ek haar want daai kind het verbale diaree en is baie woelig. Maar sy verkies verf, klei en speel in haar tent. Maar sy wil ook eendag “boobies” soos haar ma he – “met groen strepe” (die are)

    Like

    • Maar jy weet ook darem dis nie al wat sy gaan wees nie. Ek het ongelukkig ‘n baie spesifieke persoon in gedagte gehad toe ek die geskryf het. hoe sy seks on legs is en net bo oor mense loop en toe wonder ek, wat word van haar meisiekinders? Gaan hulle weet om mooi te wees is nie al? Ek dink nie met jou laatlam sal mens ooit daardie vraag vra nie as ek dinge so lees

      Like

      • Sy kan seker word wat sy wil maar die ideaal vir my kinders is beslis nie om vrou-vrou te speel nie. Ek droom vir hulle om te swot en oorsee nes te gaan skrop. Geleenthede wat ek nie gehad het nie. Trou en kinders kry kan wag. Maar dinge gebeur anders as wat mens hoop.

        Like

      • My ma wou dit vir my gehad het maar ek was te veel van ‘n introvert. Groot gemaak in watte, pynlik skaam…ek kon net nie gaan swot. Ek was net te bang, hel ek kon nie eers bestuur nie want ek was bang(is steeds bang hoor)Laat getroud as ek na die vriende kyk en nou eers het ek die dinge wat sy vir my gedroom het. Nou dat iemand my hand vashou. Jammer ek babbel vreeslik. Ek en jou laatlam sal goed gel

        Like

      • Ek dink die Tiener gaan redelik jonk trou en ma-speel. Sy is baie “home-bound”. Die Laatlam sal ons nog sien. Dalk oorleef ek nie en dan moet sy eendag haar stiefma se kak-doeke omruil. Muuwhaaaa!

        Like

    • Ek is ongelukkig ‘n walking talking contradiction ook nou nog. Ek kan my vervies vir vrouens wat net worry oor looks maar my net so vererg vir die man bashers. Ek dink ek’s 50 shades of in the middle en dan skryf ek om almal in orde te kry

      Liked by 1 person

  6. Dis soos die advertensies van Hooverstofsuiers in die sestigerjare…so ‘n slanke huisvroutjie met perfekte kapsel,perdebymiddeltjie en valletjiesvoorskoot,wat ‘n stofsuier rondstoot…bwaaaaa!

    Like

  7. My dogtertjie het eendag by die huis gekom en my vertel, weet jy mamma, dogtertjies mag ook van blou hou. Ek besef toe, maak nie saak hoe hard ek probeer nie, danksy die ou siele by die skool en veral die onderwysers sal sy altyd onderskei en probeer sekere goed apart hou. Dis mos snaaks dat “Jannie” met ‘n pop speel..

    Like

  8. Ek glo kinders moet groot word met opsies! As sy wil stryk en huis hou vir man en kids moet dit haar besluit wees nie omdat dit iets is wat sosiaal aanvaarbaar is nie. En sy moet ook die gereedskap/geleerdheid hê om enige iets te kan doen wat sy wil. Ek het nou nie n getroue handyman soos hasie nie so ek moet maar self wiel omruil! ek sal egter nie nee dankie sê as iemand aanbied nie.

    Like

  9. My moer het ‘n ruk terug (dalk jare?! Ek is nie deesdae meer so in beheer van my tydlyne nie…) so gestrip oor ‘n FB advertensie vir fotosessies waarin dogtertjies mamma se trourok kon aantrek. Dis creepy. En stupid. Want dan maak jy jou kind groot dat trou die ultimate is.

    Liked by 1 person

  10. WOW ek het nou elke liewe blog gelees…. Jy skryf so goed!!! Ek is een van daardie mense wat NIKS van lees hou nie. Ekt nie eers daardie voorgeskrewe boek “Kringe…” gelees nie. Toe ek begin lees kon ek nie ophou nie. Welgedaan! Ek glo saam jou dat jou droom sal waar word. Jou eie boekwinkel met jou eie boek op die boekrak. Moet nooit ophou droom en skryf nie.

    **Ps. Ek sal jou def ondersteun en jou boek koop**

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s