If you’re happy and you know it…drink iets

Ek het opgehou drink en nou raak ek super opgewonder oor ALLES. Ek is niks minder as ‘n ooraktiewe jack russel. Ek kan vir my hond enige kak ding in my happy voice sê en sy sal opgewonde uitsien daarna. “Kom poeps, kom jou stouter, kom ons gaan bad. Ja bad, jippeee” en sy sal al om my spring terwyl ek dit sê tot in die badkamer en sodra ek die kraan opdraai is sy van “oeps, a mistake has been made.” maar dis dan te laat.

Dis hoe my brein deesdae voel, nou dat ek nie die ding in ‘n liter wyn elke tweede dag marineer nie. Ek het nie opgehou drink vir enige diep rede nie, my ass pas net nie meer in my broeke so die dop moes gechop word. Kan ek net vir julle vertel, ek het geen idee hoe mense wat nie drink cope met ander mense nie. Weet jy hoe ondraaglik sommige mense nou is?! Ek kyk na hulle en dink, hoe ken ek jou al vir jare en besef nou eers watse assmuffin jy is?!

Ek kan darem nou weer beter skryf….of kan ek? Ek moet ook nou met probleme en negatiewe emosies op ‘n gesonde manier deal. Ek kan nie nou as ek bedonnerd is die wyn gryp en my kwaadmonster versuip nie. Aan die ander kant van sake voel ek meer inbeheer van dinge om my. Ek hou nie daarvan om tipsy of dronk te word nie. Dit freak my heeltemal uit want dan het ek nie beheer oor my mond nie en ek is altyd bang ek maak my naam gat. Sover my kennis strek (en ek stel altyd na die tyd deeglik ondersoek in) het ek nog nooit my naam so weggegooi dat ek hom nie kon terug kry nie.

Nou probeer ek die jack russel in my tem deur te skryf en te blog maar dis nie so maklik. Ek fan uit op ander bloggers soos MM en vele ander wat seker dink hierdie haas is mal (mal soos ‘n haas, I get it now!) en elke episode van my gunstling shows is vrek intens, ek is ook nou soos my oupa en kan my bek nie hou as ek ‘n fliek kyk want ek verdomp absorbeer die fliek. So gaan dit vir weke, maande en dan….dan blaas iemand my wiele af, sit die ligte af en jaag die parade huis toe. Dan duik ek soos ‘n sky diver sonder ‘n valskerm en slaap maklik ‘n dag verby. Geen wonder honde slaap so baie nie, om so bly oor alles te wees is hardewerk.

En om te dink, op skool was ek ‘n emo kid voor emo cool was and look at me now….all happy and shit. Ek irriteer nou al myself en as dit nie was vir my klere wat nou so lekker pas, het ek wraggies wyn gaan koop. Happy me is amper meer ondraaglik as die assmuffin mense! Hoe kan ek as ‘n serious writer type gesien word as ek soos ‘n drugged up  hippie deur die lewe hop? Ek is seker as ek myself net kon oortuig om te oefen dan kan ek bietjie meer “normaal” wees, buts we hates it!

Die Wit Hasie

Advertisements

10 responses to “If you’re happy and you know it…drink iets

  1. 😆

    Ek wonder altyd waar bêre hierdie #altydhappyaltydclappy# ouens hulle byle!

    Maar ek is bly dit werk vir jou ass. Ek weet, ek weet, dit sal vir my bolholle ook werk, maar ek SUKKEL. Wyn en koffie hou my meeste van die tyd staande! Wel, wyn net in die aande. En ook nie elke aand nie. Maar tog.

    Like

  2. Jy kan snaaks wees – ek sit nou lekker en lag. Nee wat man het jy nie juis daai swart broek te groot groot gekoop en geweier om hom terug te vat nie…. lol Dan kan jy mos maar die wyn drink, daai broek gaan pas…
    Ek kry myself deesdae dat ek in die noodapteek staan maar dat daar net mooi geen drank op die rakke is waarvoor ek lus is om te drink nie… so dan drink en nie… regte ou droedrol.

    Like

  3. Omdat my dogter en baie van haar vriende recovering alkoholiste is ken ek heelwat mense wat glad nie enige alkohol drink nie. Ou Bill en Bob het al dekades terug in die “big Book” geskryf – “We are not a glum lot.” Ek vind dit is nogal waar van meeste geheelonthouers. Geniet die vrolikheid en skryflus Hasie!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s