So werk dit nie!

003.JPGEk is op my pos soos elke aand. Hoog in die toring met die groot rivier van vuur voor my wat ons dorp van die dooies skei. Daar is vanaand koue kolle in die rivier waar dit nie behoorlik gestook is nie, iemand se gat gaan klap hieroor maar ek kan nie nou daaraan dink nie. Dis weak spots waar iets sal kan deur kom. Ek lig die geweer, knyp een oog toe en mik die loop na die skaduwee regs van my wat bietjie te vinnig beweeg. Ek blaas my asem uit, vou my vinger stywer om die sneller en…blêr. Ek frons en kyk na die geweer. Alles lyk reg maar geen skoot. Die skaduwee is nou ‘n figuur wat vinnig oor ‘n koue kol beweeg. Ek mik weer, asem uit, vinger om die sneller…blêr.

Ek skiet regop in die bed en kyk om my rond. Woef slaap, manlief slaap, kat slaap so wat het my wakker gemaak? Ag en dan kom dit afgedryf in die gang, die hartseerste blêr wat ek al ooit uit enige skaap hoor kom het. Ek spring op en gryp die flits want hy blêr nie sommer so laat in die aand nie. Daar is fout. Ek kan hom hoor rondspring in sy hok en ek is baie seker vanaand kry ek ‘n slang in of om sy hok. Daar gekom vind ek net ‘n baie hartseer skaap. Geen gogga wat hom byt, niemand wat hom steel, net hy wat ‘n tantrum gooi oor iets. Dis bietjie koud so ek gooi hom toe met kombersie en gaan slaap weer. Dis net na een magties.

Tom Hardy, my Mad Max. Ek kan sy sterk arms om my voel en hy glimlag vir my terwyl hy my styf teen hom druk. Sy lippe is so naby aan myne datek die haartjies van sy stoppelbaard kan voel en…..blêr. Motherfu!#$@!! Die keer wonder ek nie eers wat my wakker gemaak het nie. Ek vlieg uit die bed en woef moet net koes of ek trap haar dalk plat. Dis nou 4uur die oggend en hierdie stront staan my nie aan nie. Ek het dinge om te doen in my droomwêreld. Dis die hoogtepunt van my dag en hier word nou ernstig ingemeng met dit. Die keer bokspring hy in die hok rond. Ek sien niks wat hierdie reaksie regverdig nie and yet, here we are. Ek gaan haal toe maar sy winterkombersie en gooi hom toe want ek weet nie wat anders soek hy nie. Ek praat nie skaap. Hy blêr van vloer tot dak en ek weet manlief gaan nou-nou wakker word van hierdie lawaai.

Gelukkig bly skaap stil. Hy het koud gekry en wou sou winterkombersie hê. Kan jy glo, ek moet 4uur die oggend opstaan want die skaap kry koud. The inmates are running the asylum. Maar wag, dis nie al nie. Koning Spookie kies toe nou hierdie oomblik om ook huis toe te kom. Kyk en hy kan mos aangaan asof iemand hom wil doodmaak. Vanoggend is erger en vir ‘n oomblik dink ek die kat het wraggies iets oorgekom. Ek hol die koue donker van die opwas kamer in om liefie se kosbare kat te red maar ek sien hom nie. Die venster is oop, daar is kos maar hy gaan iets vreeslik aan. Ek loer deur die venster en verwag om bloed te sien. Nee my maat, die fo@#% do!## kat sit voor die deur en skree! Die LORD wil hê ek moet die deur vir hom oopmaak want vandag is nou nie sy dag vir deur die venster klim nie.

Ek verloor dit. Dis nou genoeg. Regtig waar. Hierdie vyfster diere hotel meng nou ernstig in met my slaap en my mental state. Ek skop daardie deur so hard dat die kosyn bewe. Koning Spookie kan sy sterre dank daar was ‘n deur tussen ons. Moerig soos iets uit die hel storm ek terug kamer toe en ek wag net dat meneer iets sê van ek maak hom wakker dan kak hy ook sommer. Gelukkig slaap hy soet. Katta het gewaai, seker bang ek skop hom en Jess het nie geroer uit haar mandjie. Suur gluur ek haar aan want waar is die man’s best friend ding. Daar kon ‘n boef of ‘n slang by die skaap gewees het maar sy snork soos sy slaap. Useless!

In droomland het alles inmekaar getuimel. Weg is Mr Hardy, weg is my zombie town en weg is die kans om my drome te geniet. Nou hol ek in die skool rond half kaal, laat vir ‘n toets wat ek niks voor geleer het nie en ek bly verdwaal. Gaan ek regtig skuldig voel volgende keer as liefie skaap chops vir aand ete voorstel?

IMG-20150214-00783

Die Wit Hasie

Advertisements

9 responses to “So werk dit nie!

  1. 😆

    Jou huis klink fantasties! Nie almal is so gelukkig om ‘n Skapiemê te hê nie! (Alhoewel ek ook die naweek sou skaaptjops braai as die skaap inmeng met my tyd saam Tom Hardy!)

    Like

  2. Neeeeeee, nie skaaptjops nie! ‘n Goeie voorbeeld van hoe alle diere maar net dieselfde liefde wil hê. Hy sou al lankal by my in die bed gewees het. Ek offer definitief slaap op vir my diere 🙂 Hehehe, vrek snaaks van kat by die deur. Ek val elke keer vir daai triek.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s