Waar kom Muggie vandaan?

Het jy al ooit iets in soveel detail gedroom dat jy kon sweer dit het gebeur? Kon jy nag na nag weer terug gaan na daardie plek en rondloop in ‘n wêreld wat jy seker van is bestaan iewers? Het jy iemand in jou droom ontmoet wat selfs as jy wakker word, nog daar is?

Ek droom baie. Ek droom in vreeslike detail en ek kan gewoonlik alles onthou. Van my beste stories op skool het in ‘n droom my kom vind en lank genoeg in die oggend son gehang dat ek hulle kon neer skryf. Maar nog nooit het ek van een karakter so baie gedroom soos Muggie Stompel nie. Hoe hierdie meisie onstaan het en waar sy vandaan kom weet ek nie maar sy karring aan my. Sy het ‘n groot avontuur en ‘n belangrike taak wat aan die gang moet kom maar ek kry dit nie geskryf vir haar. Sien, ek glo nie ek kan skryf nie. Ek glo nie dat die storie wat ek gedroom het, vreeslik oorspronklik is nie en elke keer wat ek hom begin skryf dink ek:

“This is shit. Utter and total shit. We hates it!”

download (1)

Ek is nou besig met ‘n skryf kursus en gesels baie met van die ander “studente”. Ek het oor die blog gepraat en toe stel een van hulle voor dat ek net die begin van die storie op die blog sit. Net so klein happie van dit en kyk wat dink ander mense wat self stories skryf en ook baie lees. Vir weke sit ek nou en top hieroor want…

  1. Daar kan vir my gelag word
  2. Dalk steel iemand vir Muggie
  3. Dalk word daar vir my gelag
  4. Ek is ‘n banggat want dis hoe hasies is

Geen van die verskonings was goed genoeg nie want niks bring my nader aan, hou aan karring of los dit. Maar dis ‘n storie wat nie wil los nie. Ons het draak eiers om uit te broei, ‘n vyand om te verslaan, die wêreld van mites en mens herenig en hopenlik verlief te raak iewers op die pad. Ek weet regtig nie wat om hier te doen nie en toe wonder ek of daar ander is wat ook so sukkel. Kan dit so moeilik wees om ‘n storie te skryf?

Magriet Stompel is niks special nie. Sy is sestien en wag steeds dat puberty moet gebeur vir haar. Haar oë is te groot vir haar gesig, haar hare is dun muisvaal spookasem en sy het die lyf van ‘n seun. Sy lyk nie soos haar haar ousus Rina nie. Rina het donker bruin hare en bene tot onder haar arms. Al wat haar bene keer is haar perfekte borste. Haar ouer broer Daan is ‘n adonis met ‘n fris lyf en ‘n glimlag wat die meisie laat giggel en bloos. Dan kom sy, ou Magriet. Hoekom haar ouers gekies het om haar hierdie naam te gee sal sy nooit verstaan want Magriet het Maggie geword en nie die grand engelse Mêggie nie. Nee, sommer stomp afrikaans Maggie en toe sy nie hoër as ‘n poep hoog word nie, het die seuns haar Muggie begin noem. Muggie Stompel. Sy het nou al vrede daarmee gemaak dat sy alleen en mal gaan doodgaan eendag, want geen kêrel sal by ‘n Muggie Stompel wil kersopsteek nie. Ongelukkig is dit nie waar die tragedie van muggie se lewe eindig nie. Muggie het ‘n jonger boetie en omdat haar ouers al die beste DNA vir Rina en Daan gegee het, het daar niks oor gebly vir die twee jongstes nie. Kerneels is vernoem na ma se ouer broer, ‘n vors man met ‘n bulderende stem maar Kerneels Stompel lyk meer na ‘n honger weeskind en sy twee voortande sit bo oor sy onderlip. Almal noem hom Muis en hy is die grootste pes wat Muggie ken. Hy volg haar soos ‘n hakskeen brak met geen einde en vra simpel vrae voor outjies wat Muggie van hou. Sy begin dink sy gaan wel mal doodgaan maar nie alleen nie. Muis sal daar wees om haar op haar doodsbed te vra wat bloomers is.

Dalk moet mens net skryf en skryf tot jy alles klaar geskryf het en dan gee jy dit vir iemand anders om na te kyk. My Afrikaans juffrou het altyd gesê die geheim vir goeie stories skryf is….S.O.S=sitvlak op stoel. Ek sal julle laat weet hoe dit uitwerk.

Die Wit Hasie

Advertisements

18 responses to “Waar kom Muggie vandaan?

    • Ek het nie woorde om vir jou te vertel hoe sukkel ek nie. Ek sukkel om’n woord te kry wat feetjies, trolle, drake ens as een opsom. mythical creatures? maar in afrikaans klink dit nie so goed. jinne, ekt al te erg verengels

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s