Om te blog is nie net ‘n hobby nie

ef268dc911d4f4520b796939873718a543b4daad3a58b36690cefd797d51e327.jpg

Die ander dag is ek weer besig om te rant en rave oor iets by ‘n vriendin. Wat dit was kan ek nie presies onthou nie want as ek stoom afblaas rol ek ‘n olifant soos ‘n tolbos en is skoon duislig na die tyd. Maar iewers in hierdie gesprek sê sy vir my “niemand werk so hard soos jy nie en dan kry jy nie eers ‘n sent nie.” Wel toe is die stoom uit my tjoe-tjoe trein. O dis reg, nou onthou ek. Die rant het gegaan daaroor dat ek my pitte verloor het om te dink dat ek kan opmeet teen mense wat gaan swot het en grade het in alles skryf related. Veral in ‘n taal wat deur (volgens die wêreld standaard) baie min mense gepraat word en nog minder van hulle lees.

Sy was reg oor die hard werk. Ek is van 7uur die oggend tot 11uur in die aand voltyds besig op my rekenaar. Of dit nou is met die kursus, Muggie, my blog of Die Wit Hasie bemark, ek is heel dag elke dag besig om te skryf.(Dank die Vader vir die geleentheid) Ek weet op een of ander stadium gaan ek moet begin dink hoe ek ‘n sent hiervoor kan kry maar vir my gaan dit nie oor die geld nie. Dit gaan oor die liefde vir stories vertel, dit deel met ander mense en dalk iemand opgewonde maak oor Afrikaans. Ek het twee mense in my lewe al sover gekry om te begin blog of dagboek te hou as terapie. Want skryf maak mos alles gesond en vir die eerste keer in my lewe VOEL dit of ek lewe. Ek is trots op my ‘n klein blog, op my page, op my onvoltooide stories, op myself wat die luiste mens op aarde kan wees en tog amper 16ure ‘n dag hierdie keyboard timmer.

Nou dat ek mooi hieroor dink, ek was nog nooit regtig trots op myself nie behalwe vir ons troue wat ek byna op my eie gereël het en dit was perfek. Net om beter te voel oor wie jy is behoort al ‘n bonus te wees ne. Hierdie klink bietjie soos soft bragging ek weet en daarvoor is ek jammer. Dis eintlik ‘n mini-rant. Jy hoef nie altyd alles te doen net om geld te maak nie, soms kan jy iets doen omdat dit jou binnekant aan die brand steek. Laat een ou nou ooit weer sy oë rol vir my as ek sê ek skryf maar maak niks geld nie, boeta dan gaan ek jou laat S.O.S vir 16ure en ons kyk wat kry jy reg. As ek net aan hou hardwerk, glo ek met my hele hart dat ek wel ‘n sukses kan maak van skryf. Bietjie talent, baie werk, Wayde van Niekerk. Let’s hope.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

5 responses to “Om te blog is nie net ‘n hobby nie

  1. Terug pieng: Om te blog is nie net ‘n hobby nie – Flamingcrystal·

  2. Dis wat blog aan mens doen.Al lees mense nie eers by jou nie,is dit ‘n losmaak van gedagtes wat altyd styf in jou binneste toegepak was.Mens leer jouself ken en dis sommer heerlik.Ek dink jy gaan nog baie aanhang kry,want jy is so eerlik en spontaan!Hoeraa vir die Haas!!🐰🐇

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s