As mense nie meer praat nie

57587129.jpg

Ek hou daarvan om stukkies te plaas wat mense aan die praat kry. Ek hou daarvan om saam te praat maar ek hou nie daarvan om nie met mense voice- to- voice te praat nie. Want soos ek nou weer gesien het, hoe jy iets sê en dit bedoel, kom nie altyd so aan die anderkant van die skerm uit nie. Met hoeveel van ons het dit nie al gebeur nie? Jy en liefie praat oor iets bv die kinders se huiswerk wat so baie is, jy sit by die werk en praat met mamma(of pappa) en ‘n klomp werk beland in jou IN hokkie. Jou aandag is nie heeltemal by man/vroulief se whatsapp nie en op die vraag “Sal jy Gerrie help vandaand, ek is regtig besig.” antwoord jy net “Ja goed.” OEPS! want waar jy dit nou bedoel het as , “ja liefie ek sal dit doen,geen probleem nie” sien mamma net jou kortaf “ja whatever ek het nie lus vir die kak” antwoord. En die hel is los.

Nou blaas jou foon op met al haar kwaai boodskappe wat deurkom oor hoe sy die hele tyd met die kinders sit en die minste wat jy kan doen blah-blah-blah. As so iets met my gebeur, slaan ek gewoonlik ‘n koue sweet uit en BEL dan vir liefie. In die begin van ons verhouding was dit ongelukkig nie moontlik nie want ek was in SA, hy in Zim en daar waar hy is, was daar nie sein. Liewer aarde maar het ons darem baklei. Gelukkig het ek gou genoeg voicenotes ondek sodat hy my stem kon hoor en hoor dat toe ek gesê het”Jaaaa okay man”, ek dit met lag in my stem gesê en nie met ongeduld. Ek probeer altyd mooi dink oor wat ek tik en kyk hoe dit van alle kante opgeneem kan word want soms kan mens nie bel of voicenote nie en dan sit jy met ‘n storie waar jy jouself deeglik moet verduidelik om ‘n misverstand op te klaar. Soms word dit nooit opgeklaar en julle verhouding lei skade.

In die era wat ons lewe is dit nou so maklik om met ander te connect. Van emails tot twitter, jy kan met hordes mense op ‘n dag gesels sonder om jou mond oop te maak. Dis vinnig en jy praat sommer met 5 mense op een slag (mens tik baie vinniger as wat ons besef) maar wat gaan verlore deur so te praat met mekaar? Die “ek kan dit in jou stem hoor” faktor. Ek kan nou my vriendin bel en onmiddelik hoor iets is nie reg, dinge loop nie lekker aan haar kant en met so bietjie vra en krap sal sy bv my vertel die hond het gif in gekry en hoe seer is haar hart. Maar as ons whatsapp of email….hoe gaan ek raai iets is af? Dan praat ons nou nie eers van as jy ‘n tikfout maak of auto correct jou boodskap beet kry nie. Ek het een keer my vriendin vertel van kefir grains wat ek in die winkel gesien het, maar kefir grains is nie wat op haar skerm verskyn het nie. Ek word nou nog rooi as ek aan dit dink. Digitale misverstande, die rede hoekom ek alles voicenote.

Die Wit Haas

Advertisements

4 responses to “As mense nie meer praat nie

  1. Dan is daar die storie van diegene wat nie so lekker hoor nie. Ek en my man kan beskaafd gesels oor whatsapp (ons lessenaars is so drie meter van mekaar af) en daar is nie misverstande nie, maar as hy nou “gil” (volgens my) of as ek binnemonds mompel (volgens hom), dan ontstaan daar so elke nou en dan ‘n koue oorloggie. Ek verpes telefone, want ek kan nie HOOR nie, maar om op my te GIL is ook nie aanvaarbaar nie – ek laaik tegnologie.

    Liked by 1 person

  2. Ek het nou hierdie post gelees terwyl die whatsapps inkom en my oog vang die Outlook popup. Oops! Not good. Miskien het hierdie Mindfulness ministers tog iets beet

    Like

  3. Menz gesels nie graag face-to-face nie, menz skryf eerder. Behalwe met menzseMan, daar moet menz eerder face-to-face anders kom die boodskap verkeerd aan die ander kant aan. Well, mostly. Daar gaan ook partykeer iets missing aan die receiving end …. 😉

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s