Sal jy oorleef?

how-to-survive-the-apocalypse_502919b596887.jpgEen van my gunsteling TV series begin in Oktober en ek kan net nie meer wag nie. The Walking Dead, dis ‘n storie oor zombies vir die van julle wat nie weet nie. Ek is mal vir sulke tipe stories want ek is ‘n groot apocalypse fan(al kan ek daardie woord nooit uitspreek nie). Ek hou van die idee dat organized government verval, dat dit elke ou vir homself is en dat die mensdom uitgedun word. My ma vra my altyd “maar wat van as een van jou eie mense opgevreet word.” Wel, ek gaan julle mis maar so is die lewe. Ek weet, ek weet, zombies gaan nie sommer gebeur nie maar Ebola kan, die superflu kan of selfs oorlog. Oorlog is ‘n bietjie meer onwaarskynlik omdat mense deesdae verkies om dinge uit te praat en die vet CEO’s alles sal doen om te keer dat die cash flow opraak. War is bad for business so dis meer waarskynlik dat dit ‘n kiem sal wees wat ons roer. Jy kan nie onder handel met ‘n virus nie, jy kan nie ‘n kiem omkoop nie en hulle diskrimeneer glad nie. Almal sal af chop.

Hier waar ons in Afrika bly is ons nogal geskroef as so iets uitbreek. Dit sal in die eerste plek honderde mense se dood kos voor hulle die dots connect dat daar iets fout is. Dan is ons regerings in elk geval ‘n klomp breinlose poepkoppe so hulle sal nie weet hoe om dit te hanteer nie. O en dan praat ons nog nie eers van ons health care system wat eerder back alley care genoem kan word. Ons is geskroef.

Het jy al ooit gedink wat jou plan sal wees as so iets uitbreek? Waar sal jy gaan as mense om jou soos poef in ‘n long-drop val? En as civilization as we know it verval, sal jy kan oorbegin? Laat ek met julle ‘n paar tips deel.

1.Hou die nuus dop en moenie glo as hulle sê die regering het alles onder beheer nie. Die ouens wat die disaster movies oorleef, is die wat voor die tyd hulle eie gut volg.

2.Doomsday preppers is nie mal en jy kan ook een wees. Ek sê nou nie gaan koop die hele Shoprite leeg nie maar wat gaan dit nou van jou menswees weg vat as jy net ekstra voorraad het? Water is baie belangrik. Jy kry ook bruistablette wat water suiwer. Dit kos niks om ‘n paar bottels vol te maak en te stoor nie. Stoor ‘n klomp blikkies kos ook. As dit gebeur dat daar ‘n outbreak of selfs oorlog is, gaan jy vir ‘n rukkie in jou huis vas gekeer wees. Die winkels sal tien teen een geloot en gebrand word so jy gaan nie kos kan kry. Koop pakkies saad en bêre dit ook. Om jou eie kos te kan groei is die beste manier om te oorleef. Begin sommer vandag jou eie groentetuin. Hou drank soos vodka ook in voorraad. En nee, dis nie vir jou om te suip nie. Gaan doen jou huiswerk man.

3.Wapens. Vergeet van gewere. Loud, messy and they run out of bullets. As TWD ons enige iets geleer het, dan is dit dat messe, pangas en ‘n katana die beste sal wees as jy jouself moet beskerm. Home made wapens kan ook werk maar as jou aartappelkanon in jou gesig ontplof, gaan daar nie ‘n dokter wees om jou te help dus probeer sulke goed vermy. Jou beste wapen is jou brein. Gebruik die ding dammit! Hardloop as daar gevaar is, kruip weg as boewens jou soek, never split up want dit werk nooit in die horror movies nie. Maak ook maar seker jy is fiks. En for the love of pete, hou ‘n flits of twee by jou. In elke freaking movie het niemand ooit een nie. Moenie daardie moroon wees wat in die donker met ‘n vuurhoutjie loop nie asseblief.

4.Jou span. Jy en Frikkie braai dalk elke naweek baie lekker maar is Frikkie met sy grootbek en neiging om te veel te suip regtig die beste ou om aan jou sy te hê as die stront die fan strike? Jou ouma met haar vrot kniee is dalk jou hart se punt maar sy gaan nie ver kom as jy vinnig iewers moet wees nie ne. Moet ook nou asseblief nie die groep wees wat nuwe maatjies maak met almal en almal probeer help nie. You will die. As ons praat van een of ander super bug, dan kan elke nuwe persoon ‘n nuwe kans wees vir die kiem om jou te vang. Vermy ander mense. Die probleem met hierdie mindset is dat jy na jou vriende begin kyk op ‘n ander manier. Dalk gaan jy dink “wow, ons sal ass kick” of dis sal meer wees van “Ek is so in my moer in as iets moet gebeur and you all will die” As jy en skoonma reeds nie oor die weg kom nie sal ek voorstel dat jy haar eerder los(teensy sy ‘n dokter is) want die kans is goed jy gaan haar een aand met ‘n panga by kom as sy jou weer wil vertel hoe om te braai.d7881b6bdfb6e71868d960b6ac61fdd6.jpg

5.Go plan. Jy moet ‘n onstap plan hê. Kom ons sê jy bly in die stad en mense begin siek word, daar moet ‘n plek wees as jou plan B want in ‘n stad of selfs dorp waar almal so opmekaar bly, sal ‘n kiem met ‘n superbike rondjaag. Kyk na ‘n plek met vars water, ver van mense. My voorstel sal plantasies, woude wees. Dink Magoebaskloof, Knysa woude of dalk ‘n reservaat met ‘n groot dam. Voor jy nou na jou naaste wildsplaas jaag, onthou twee goed: Olifante kan jou trap en leeus kan jou vreet so hou dit ingedagte ne. Vergeet ook van karre asseblief. Enige disaster movie wat mens kyk, is die paaie altyd vol. Kyk waar is jou naaste bike shop en hou jou oog op daardie plek as dinge rof raak. Leer jou mense van bike ry as jy kan.

As jy mooi kyk na ‘n land soos SA bly ons eintlik klaar in chaos waar elke ou kan maak soos hy wil(sekere mense mag moor, steel en bly waar hulle wil terwyl ander die wet moet volg) en eintlik lewe ons al klaar in survival mode. Jy vertrou niemand, as jy uitgaan weet jy enige tyd kan iemand jou aanval en selfs as jy gaan slaap is dit met een oog oop so ons mense hier in Afrika is bietjie meer voorberei dink ek. Die verskil sal nou net wees dat as iemand in jou huis kom sal jou hom mag aanval EN nie tronk toe gaan nie. Sal ek so ‘n outbreak of apocalypse oorleef, tien teen een nie. Ek is onfiks en lui en glad nie handig nie MAAR ek kan darem die een wees wat sê I told you so as dit wel gebeur.

I’ll be right back….

Die Wit Hasie

PS.Hierdie is geskryf met ‘n smirk on the face. Die wit haas het nie skielik donker gegaan nie.

 

 

Advertisements

31 responses to “Sal jy oorleef?

    • Op die tweede vraag oor hoe veilig dit is. BAIE veilig. Ek kan in die middel van die nag alleen buite sit en kyk na die sterre. Die mense hier om ons is baie rustig en almal weet wie bly in die huise hier so niemand kom pla nie. Ons het wel kleintjies gehad wat heel aan die begin die kettel en spices en eetgoed gesteel het maar dis net waar die armpies deur die venster kon kom. Dis byna 3jaar terug. Ek verkies om hier tussen almal te bly as wat ek in SA bly want daardie mense is soveel meer geweldadig

      Liked by 1 person

  1. Ek sal seker maar n stille dood sterf as ek my voete by die huis se hek uitsit, dink terwyl ek in ons erf is sal ek half en half “ok” wees, maar soos in movies, moet jy mos maar altyd “jou plek” verlaat en dis is waar ek gaan omkap.
    Ooh jy gat swaarkry want wat van die Skaap, (of gaan hy sorg vir tjops) die kat(te) die apie, die man en al die ander diere… wonder of jou hart, jou kop of jou logika gaan wen.
    Ek wou al vra, jy wat so uit en in die huis is, na Skaap toe en so aan, hoe veilig is dit daar?

    Like

    • As ek my man het sal ek dit maak. Hy is net super man met sulke goed. En glo dit of nie, vir die diere is daar ook ‘n escape plan. Ek het baie tyd op hande as ek by die grens of lughawe moet deur so dan dink en nou aan sulke goed om my besig te hou.

      Like

  2. Kyk, as so iets gebeur wil ek in Daryl en Michonne se gang wees. Hulle is bad-ass-zombie-choppers.

    Nodeloos om te sê sal ek binne die eerste 24 uur gevreet word, without a doubt. Maar ek wil my laaste 24 uur met Daryl spandeer (sien, ek en hy is eintlik getroud, maar niemand weet dit nie. Behalwe jy. Nou weet jy dit ook. )

    Like

  3. Een korreksie. Oorlog is uitstekend vir besigheid.
    Surviving the apocalypse? Hoekom sou ek wou wonder ek nou so by myselfwers? But each to his/her own…

    Like

    • Ek wonder hoe sal dit wees as daar minder mense is en die natuur weer oorneem. Dit moet nogal iets wees om te sien dink jy nie? Dankie vir die korreksie. Ek sal moet gaan rond snuffel oor die topic

      Like

      • Ek sou wat wou gee om die wêreld te sien soos die middeleeuse ontdekkingsreisigers dit gesien het, maar helaas. Ek doen eerder moeite om in my leeftyd plekke te loop sien waar die natuur nog ‘n kortkop voorloop, want ek sien nie dat dit in my leeftyd sal verbeter nie. Katastrofe of te not.

        Like

      • Nee dit sal nie maar ek sal dit weer vir die soveelste keer sê, die stukkie is meer tong in die kies as kom ons flip uit oor dit geskryf. Dis deel van ‘n storie waarmee ek besig is ook so ek is nogal in die let’s survive mode.

        Like

      • Niemand flip uit nie en niemand wil vir Hasie donnir nie. Ek is doodseker almal verstaan ook dat jou inskrywing nie ernstig opgeneem moet word nie,
        maar…
        deur enigiets te publiseer, of dit nou hier is of in daardie eendag boek, nooi jy kommentaar uit. Kommentaar is nie ‘n persoonlike aanval nie, dit is bloot die gevoel wat jou skrywe by jou leser ontlok. Kuns is bedoel om gevoel te ontlok, dit is ‘n goeie ding. Deur kuns te pleeg vra jy ‘n vraag aan jou gehoor, dan kan jy nie onsteld raak met die antwoorde nie.
        Dit vat ‘n dikkerige vel Hasie. Vrede!

        Liked by 1 person

      • Haai nee dis glad nie hoe ek voel nie. Ek dink ek kon my laaste kommentaar dalk duideliker gestel het, ek voel glad nie aangeval of enige iets nie. Ek bedoel net mense moenie dat dit hulle omkrap nie, dis net ‘n grappie. Ek het juis die geskryf om te hoor wat dink mense. Dis jammer mens moet alles tik want ‘n misverstand gebeur so vinnig.

        Liked by 1 person

  4. Ooh PES…. kyk wat ek lees ek nou raak….
    An outbreak of yellow fever that’s been affecting the Democratic Republic of Congo and Angola, killing more than 400 people and sickening even more, is poised to spread beyond central Africa. It’s already the region’s largest outbreak in decades.

    Yellow fever is transmitted by the same mosquito that transmits the Zika virus. The symptoms can be anything from a general fever to jaundice (that’s where the “yellow” comes in) to a severe liver disease with bleeding.

    While the more severe symptoms are relatively rare, the virus kills about half of those who develop them.

    There’s no treatment once you get yellow fever. There is a vaccine that protects against it, but a current vaccine shortage has some groups worried that there won’t be enough doses to contain the most recent outbreak.

    Like

  5. Gaia is besig om haarself gesond te maak en al die rowe wat nog daar sit af te gooi, dis hoekom daar al die brande en vloede en droogtes en aardbewings en en en is, klink meer waarskynlik as zombies ?? en as sy besluit sy is nou lus kan sy op haar as spin en as ons een oggend wakker word dan kom die son in die weste op.. Ons moet maar ons oor teen die grond hou dink ek….

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s