Meditation en ‘n besige brein

12096045_471208136337762_24368694829500618_n.jpgHet jy al ooit probeer mediteer? Ek het nog altyd gedink ek is baie goed met dit want ek kan net die verte in staar en weg is ek. Verlore in my eie kop. Op skool het ek baie grief geky vir dagdroom en ek doen dit soms as mense my verveel ook. Maar toe lees ek, dis nie wat meditiation is nie. Nee, jy moet nie net stil sit nie, jy moet jou brein ook kry om stil te sit. My brein, stil sit? Gah!! Jy het ‘n beter kans om ‘n kleuter by ‘n kinderpartytjie te oortuig van ‘n middag slaapie as wat jy my brein gaan kry om stil te sit.

Ek het nou al my beste probeer. Gaan sit iewers waar dit stil is, maak my oë toe, my kop leeg en fokus op ‘n geluid soos die wind wat waai of die water wat in die dam in loop. Dan haal ek nou asem soos die slim mense sê jy moet en probeer ontspan. Elke gedagte wat verby kom, laat ek net gaan. Ek fokus nie op dit en probeer my kop leeg hou. Maar my gedagtes is sneaky. Trek aan soos ‘n wulpse tiener wat haar gat voor die rugby span gaan swaai(het die katte kos gekry, is die venster in die sitkamer oop, het jy tande geborsel) Gaan weg. Ek gaan nie nou aandag gee nie. Ek zen nou eers uit. Sy gee nie op nie. Sy gaan haal maatjies wat wulps en flippen sexy is (wat gaan jy skryf vir jou blog môre, het jy al iets in jou dagboek geskryf, was jy op pinterest vandag om te gaan soek vir tattoo idees) Gaan weg. Voetsek. Ek stel nie belang nie. Ek freaking mediteer, ek is ‘n kalm wese, stress loop van my af soos water van ‘n eend se rug, I’m getting my Oummmmm on (jy het vergeet  om aartappels in die stew te sit, skaapie is nog buite, jy is so dors dit voel of jy deur die woestyn loop, jou lyf is dood van die naeltjie af onder toe) Ag en dan is die deur oop en die hele slet groepie val my aan. Dan is dit verby. Om daarna weer te probeer skoonmaak en oorbegin is useless. Ek staan op en gaan doen alles wat ek nou aan gesit en dink het. Die stress is nie minder, insperasie het my nie gevind en nou is my kop seer.

As ek probeer op my yoga mat lê en mediteer, word ek ‘n uur later wakker met ‘n seer nek en geen idee watter jaar dit is of waar ek is nie. Ek wens regtig ek kon hierdie meditation ding reg kry want my brein is so besig dat ek nie kan sif tussen static en kreatiewe nuwe idees nie. My brein is ‘n kleuter en dis moet ek hom so hanteer. Ek druk ‘n ysie in my mond en staar na die wit skerm en terwyl die brein besig is om te fokus op die ysie, pop nuwe idees op wat ek kan gebruik. Dalk lyk elke ou se meditasie net nie dieselfde nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

12 responses to “Meditation en ‘n besige brein

  1. Dis amper soos om ‘n klein hondjie te leer om aan ‘n leiband te laat loop.Hy ruk n pluk eers en draai al in die rondte en hol entjies en steek vas en so aan.
    Jy moet ‘n mantra kry wat jy oor en oor sê, maklike ene soos I am the Iam that I am en dan los jy eers jou brein dat hy rondhol en as hy moeg is dan gaan sit hy. dan kan jy begin.

    Liked by 1 person

  2. hehehehe Ek moet sê ek is mal oor meditasie en het verskeie meditasies wat vir my werk. 99% van die meditasie wat ek ken, hoef jy nie jou gedagter leeg te maak nie en gaan jy op ‘n reis binne-in jou. Meditasie kan vir almal werk, ons moet net almal leer om nie te hard te probeer nie. Baie mense dink meditasie is harde werk. Dit is juis om mens te laat ontspan en gefokus te raak, so as dit harde werk vir mens is, los die meditasie tegniek wat jy probeer het en vinfd een wat vir jou werk.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s