Is ons dalk Aliens?

222

Het jy al ooit na die miljoene sterre in die hemelruim gekyk en gedink ons kan nie alleen wees nie? Met die internet wat jou nou met een kliek reg oor die wêreld kan vat, is daar nie veel mysteries oor nie. Nou kyk ek maar na die sterre en hoop daar is nog ander plekke wat ons nie van weet nie. Gisteraand het ‘n gedagte deur my kop geflits net voor ek droomland betree het….Wat van as ons die aliens is? Dink gou hieroor, alle diere verstaan mekaar. Jy kan ‘n kat en ‘n hond bymekaar sit en kort voor lank is hulle of vriende of vyande. Hoe verstaan hulle mekaar? Hoe weet ons nagaapie wat is ‘n ander nagaapie as hy saam ons groot geword het? Die ander aand was hier ‘n mannetjie wat begin skree het en ons klein Tarzan het gevlug. Hoe het hy geweet wat daardie nagaapie sê?

Hier sit ek nou, slim mens wat ek dink ek is en ek kan nie eers met ‘n ander mens praat as hy nie Engels of Afrikaans is nie. En hoekom kan diere mekaar verstaan maar ons verstaan hulle nie? Hoe weet ons Tarzan wat hy kan eet en wat nie as hy niemand hom geleer het nie? Instinct sê jy dalk maar dan hoekom het hy dit en ons as mense nie? Diere leef in harmonie met  hulle omgewing. Elkeen is daar vir ‘n rede. Hy pas iewers in die link in. Gras vir die bok, die bok vir die leeu ens. maar ons as mens pas net mooi nêrens in nie. Ons is nie kos vir iets nie en as ons vandag weg is gaan die aarde eintlik BETER doen sonder ons. Vat byvoorbeeld die leeu weg en die bokke raak te veel, die gras te min en kort voor lank vrek alles.

Die ouens wat sê daar was ‘n groot “event” wat vir T-Rex en kie  uitgewis het, moet dalk wonder of dit nie ons space ship was wat hier gecrash het nie. Jy moet erken, dit sal een cool boek wees om te lees. Dalk kom haal ons spesie ons eendag wie weet maar ek hou nogal van die idee dat ek ‘n alien kan wees. Ek wens net ek was eerder ‘n alien soos Superman wat se kragte net op aarde werk.

Maar alle sci-fi op ‘n stokkie nou. Die enigste regte aliens hier op aarde is katte. Vir die soveelste keer het Spookie die hele huis op hol gehad oor hy honger is en toe hy my met sulke skrefies oogies aan kyk terwyl ek waitress speel, toe kon ek sommer sien die freak weet presies wat hy doen. Hy weet, ek weet en ons verstaan mekaar.

Die Wit Hasie

Advertisements

7 responses to “Is ons dalk Aliens?

  1. Jy laat my dink aan die sci-fi reeks Battleship Galactica wat ‘n paar jaar gelede op TV was. Op die einde (jammer vir die spoiler) besef ons die mense is die voorvaders van die mense op aarde.

    En ja katte is aliens… as kat eienaar verstaan ek heeltemaal

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s