Jess se swembad

048.JPGMy hond is ‘n koolkop. As sy ‘n mens kind was, dan was sy ons “special child”. Sy het nou al ‘n duik in die gaasdeur geloop(elke dag ‘n nuwe een) al het ek linte gehang om te waarsku hier is iets. Sy blaf elke keer as iemand by die huis ingestap kom en met manlief wat in en uit is asof hierdie ‘n kantoor is, raak mens vinnig dik vir haar. Sy sal met ‘n vaart afstorm hek toe om vir die “boef” te gaan blaf, tot die ou die hek oopmaak dan kom kruip sy agter  my weg. Sy staan nie in die aande op as daar ‘n geluid is nie al staan ek op. Sy reken “if it’s not food, why bother”. Sy het ook snaaks goedjies wat sy doen as dinge om haar te veel raak, sy gaan loop onder deur die tafeldoek sodat dit oor haar rug gly en lek-lek die lug. Enige iets wat hang sal sy haar rug so skuur. Ek blameer hierdie koolkoppie van haar op die trauma van haar ma se dood(Gena is voor haar doodgery nadat iemand die hek oopgelos het en dit het my 2dae gevat om haar te kry) en dat sy 1 van 8 kleintjies in ‘n jack russel mix-ma se maag was (nie genoeg suurstof)Sy het wel al ‘n Mosambiekse spoegkobra aan gevat en my lewe gered so sy kan ‘n super hero wees wanneer dit haar pas.

Hier waar ons bly word dit lag-lag 40 en op grade in die somer. Ons spuit die huis binne nat net sodat dit ‘n bietjie afkoel. Buite die huis is ‘n ou visdam en die lady van my het mos besluit dis nou haar swembad. Als in die hak, tot sy met haar nat gat op jou kom spring en daardie vrot visreuk jou neusgate vermorsel. Ek kan my vererg vir haar as sy dit doen maar hoe kan jy nou kwaad bly vir ‘n ou dingetjie  wat so gelukkig word net van swem. Sy gaan strek haar in die water uit en hou wag oor die erg(in her mind) maar ongelukkig lyk dit net of ons ‘n wit seekoei aan geskaf het. Nou moet ons praat oor Jess se aards vyand…die paddas. Sy moet haar swembad met die klomp deel want haar swembad is hulle kleuterskool. Ek het eendag in die huis gesit en skielik ‘n vreeslik lawaai van buite gehoor. Sy het getjank en gegrom asof iets haar aanval. Slang! Is die eerste ding wat ek dink en ek storm met moord in my hart hier uit, reg om my baba te red.

Daar gekom is die malkoppie besig om die water aan te val. Nee, toe nie die water nie… die paddavissies. Sy het oorlog verklaar met die paddavissies. As hulle teen haar voet vas swem, tjank sy en dan hap-hap-hap sy na hulle dat haar kake klap. Ek het niks gesê, net my kop geskud en probeer dink waar ek verkeerd gegaan het met haar. Sy haat nou nog die paddas. As sy een sien draai sy haar kop weg asof sy stront ruik en stap dan weg. Maar met die blou aapies het sy pelle gemaak. Hulle kom vir my groente en sy maak vriende. Wat de hel? Gelukkig het ons vir Katta wat hulle verjaag en as daar ‘n vreemde hond in die erf kom dan sort hy hom uit met ‘n paar klappe. Ons het nie ‘n waghond nie, ons het ‘n wagkat en ‘n kitools hond. Dinge in Zim werk maar anders jong.

1480646_10203634478206481_1522371737_n.jpg

012Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Jess se swembad

  1. Ek dink jou koolkophond is opvreetbaar pragtig! Die hondjies met persoonlikheid is tog maar die beste! Ek voel myself dikwels meer aangetrokke tot mense (en diere) wat nie juis in die gewone square boksie sou pas nie!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s