Van uitstel kom afstel…of stres jou vrek

IMG_20160827_115337.jpgSo lyk my tafel. Vandag is die dag wat ek my kursus take moet ingee. MOET. Dis nou al te lank wat ek dit los vir later terwyl ek my besig hou met alles behalwe dit (soos ‘n blog byvoorbeeld) Ek weet nie wat my mental block is as dit kom by iets wat ek MOET doen nie. As ek nie die huis moet skoonmaak nie, doen ek dit sommer self want ek is verveeld maar sodra daar mense kom kuier en ek die huis moet reg kry…stel ek uit tot ‘n uur voor almal opdaag. Sodra iets moet gedoen word, stel ek uit, so lank as moontlik tot op nommer 99. Dis ‘n mental block wat ek nie uit my kry nie. Procrastinator is the name, not doing it till the deadline looms is my game. Selfs as ek moet opstaan is dit ‘n storie van uitstel en uitstel (tot Skaapie voor die venster kom staan en skree) Ek kan amper nie aan een ding dink wat ek wel alles voor die deadline klaar gehad het nie…O wag, my troue was spot one gereël. Dit is die een keer wat ek glad nie op enige iets uitgestel het nie. My ma het nie so gevoel nie maar alles was on time en klaar.

En wat doen ek toe nou vandag…werk aan my Muggie Stompel storie. Dit het niks met die kursus te doen nie, dit gaan nie my take help nie en my kop is nou te seer om aan te gaan met die taak. Wat de hel is my probleem? Ek doen dit met oefen ook of as ek met iemand moet praat oor iets ongemaklik soos bv watter bitch sy eintlik is. Ek stel uit en stel uit tot omstandighede my dwing om dit wat gedoen moet word, te doen. Ek het al oral gaan snuffel oor mental blocks en al daardie dinge maar ek kry net niks wat werk vir my nie. Soms is ek bly ek stel so uit. Ek het ‘n taamlike humeur aan my maar koel af so vinnig soos ek ontplof. Die probleem met ontplof is dat dit dan is wat my gifbek behoorlik klappe uitdeel en dit maak gewoonlik die probleem net erger. Dan is ek bly vir die uitstel want teen die tyd wat ek gedwing word om met die persoon te praat, is ek weer kalm en kan ek mooi dink voor ek praat. Nie dat dit help nie, want gewoonlik dink hulle nie.

My beste werk word gebore van uitstel. Ek is onder druk, gestress en dan ontplof iets binne my brein. Stories en idees tuimel uit, dis asof ek die dark side of the brain bereik het en ‘n nuwe samelewing ontdek het. Maar daarna is ek moertoe vir dae, ek kry sommer griep. Dus probeer ek iets nuut nou, werk aan die taak tot my vel begin juk van al die stil sit en boring goed doen, doen bietjie iets anders, dan terug taak toe. Kom ons kyk of dit werk. Miskien kan ek steeds die dark side bereik sonder om myself siek en mal te maak en dalk kan ek leer om van hierdie uitstel nonsens ontslae te raak.

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Van uitstel kom afstel…of stres jou vrek

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s