Ek is oud genoeg vir ‘n tattoo

Ja, jy het reg gelees, ‘n tattoo. Vir ‘n paar jaar nou al speel ek met die idee rond. Ek wou nog altyd een gehad het maar ek het gewag want soos jy ouer word, verander jy en so ook jou smaak. Toe ek jonger was het ek gevoel my lewe is so deurmekaar, ek is so deurmekaar, dat ek iets sal opsit waaroor ek later spyt sal wees. Iets snaaks op die vel is niks nuut vir my. Ek het ‘n geboorte merk so groot soos die helfte van my palm, swart. Ek spot altyd en sê ek is darem 1% BEE. Toe ek jonger was, wou ek net van die ding onstlae raak sodat ek ook bikinis kan dra want oom Dokter het gesê die ding mag nie in die son nie. My ouers het my vertel dis waar ‘n engel my gesoen het toe ek gebore is en eers later in my lewe, as dinge baie donker was, het ek besef hoeveel dit beteken. Ek het ‘n klein stukkie van dit met laser probeer verwyder maar ek is baie bly ek het nie aangehou met dit nie want ek is nou baie trots op my engelsoen. Behalwe nou as mense dit sien en met afgrys vra “wat het daar gebeur” of soos die een knaap kwyt geraak het “Dit lyk soos kak wat op jou maag gesmelt het” by gesê, dis dieselfde ou wat nooit erken het hy ken my nie “want jy het ‘n mooi gesiggie as jy net nie so vet was nie”

In elk geval, ek het besluit om te wag met die tattoo idee tot ek in my 30’s is. Ek het oor die jare al deeglik navorsing gedoen oor dit. Van wat ek wil hê tot na wie ek wil gaan. Daar is baie mense wat dit oordoen met die tattoos en dan lyk asof hulle in nat koerant toe gedraai is. Maar daar is ook die wat dit netjies doen en verstaan dat dit kuns is.

Klein, fyn en iets wat by my pas. Tattoos kan mooi wees as jy dit reg doen. My groot ding nou sal wees om seker te maak dat ek by die heel beste tattoo kunstenaar uitkom. Ek ken soveel mense wat sommer by enige paloeka gaan sit het en dan lyk dit soos iets wat jy in die tronk sou kry. Nee dankie, as jy ware kuns wil hê dan betaal jy ‘n bietjie meer om dit te kry. Tattoos is nie vir almal nie en word steeds as taboo gesien deur sommiges. Maar ek dink met soveel mense op die aarde, is tattoos net nog ‘n manier om jou uniek, ‘n individual in ‘n massa gesigte te maak. As ek nou net manlief kan kry om op te hou sy oë rol vir my as ek oor dit praat, sal dit great wees.

b65658a2866d8cc333ead2d6e37560cb.jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “Ek is oud genoeg vir ‘n tattoo

  1. My dogter het ‘n tatoe van ‘n hibiskus op haar lae rug – dis vir my mooi. Maar toe vertel sy my eergister as mens ‘n tatoe het, mag jy nie in die VSA bloed skenk nie! Egter geen probleem nie, want hulle wil ook nie skenkers uit Afrika he nie 🙂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s