Die storie wat alles begin het

My lewe in ‘n glaskas

Prisonierskop was ‘n klein dorpie, vasgevang in die sewentigs. Ek was vasgevang in die dorp. Dit was ‘n klein gemeenskappie. Ek was nie deel daarvan nie, ek was te “anders”.

Hy het saam sy ouers en ‘n “Bentley Movers” trok gekom. Daar was geen briesie nie, net ‘n hitte wat om jou lyf gevou het en jou stadig gesmoor het. Ek het vir hom geloer. Hy het vir my geglimlag. Ek het terug geglimlag.

Die gemeenskap het hom nie aanvaar nie. Hy was ‘n kunstenaar. Hy was ook “anders”. In die begin het ek by my venster gesit en droom maar later het ons saam gesit en droom. Ons geheime met mekaar gedeel. Ek was nie meer alleen nie.

Hy het gesing en ‘n prentjie geskilder met sy woorde, dit ingekleur met sy stem en dit afgerond met sy musiek. Hy kon teken wat in sy verbeelding rondgewemel het en dit ‘n lewe op papier gee. Hy het my gehelp droom, my help ontsnap met sy prentjies. Hy het nog ‘n vriendin gehad, Karen. Ek was nie jaloers nie. Geen vrou sou hom kon kry nie.

Na ‘n aand wat hy en Karen gekuier het, is sy in ‘n parkie gevind. Erg aangerand, in ‘n koma. Sy was swanger. Hulle het gesê hy het haar aangerand en gehoop sy verloor die baba, want dit is syne. Hulle was verkeerd. Selfs sy eie ouers het teen hom gedraai. Karen moes wakker word, almal vertel dit was ‘n misverstand. Ek het die waarheid geweet. Sy musiek het stil geword en sy glimlag het verdwyn. Hulle het hom geknak. Ek kon dit in sy oë sien.

Karen het wakker geword. Te laat. Ek het hom gaan soek en hom gevind. Ek het hom vertel dinge sou weer beter word. Hy het na my bly staar met lewelose oë. Ek het in sy oë gekyk en probeer om weer weg te glip na die see waar ons in die branders gespeel het. Gesoek na die prentjies maar dit was reeds weg. Hy was weg maar…….. nee, nie hy nie. Hy was lief vir die lewe. Hy het net heen en weer gewieg. Ek het my verbeel dat ek vir ‘n oomblik, net vir ‘n sekonde, weer sy oë sien blink het. Die wind het saggies blare orals om my neergelê, ‘n geelbruin tapyt. Die wind het tergend aan my hare gepluk, my laat verstaan ek sal nooit ontsnap nie, hom weggedraai van ons af sodat niemand kon sien hoe hy op sy swakste oomblik gelyk het nie. Die tou het om die tak gekraak maar ek kon hom nie groet nie. Eers toe hulle nader kom, het hulle die tou gesien. Iemand het my regop gehelp, die blare van my lyf afgeskud en met my probeer praat, maar ek kon nie antwoord nie.

Skynheiliges en vreemdes het gehuil, maar ek kon nie, want vir my was hy steeds daar, onder die boom. Ek wou vir die hele dorp vertel. Ek wou op hulle skreeu. Ek kon nie.

Die wind gly deur my hare. Ek kan nie meer ontsnap nie. Ek het sy prentjies nodig. Die wind het gewen. Ek is steeds hier, “body and soul”.

“Kom, drink jou pille” sê die verpleegster. Hulle dink ek is mal. Ek is nie, ek speel net my rol. Ek speel die rol wat aan my gegee is, op my afgedwing is. Ek speel dit so goed. Hy sou trots wees. Ek kan steeds nie sê wat ek al daardie jare gelede wou sê nie.

Sy naam was Henko… en hy was gay.

Advertisements

6 responses to “Die storie wat alles begin het

  1. Lyk my as ek op die kaart kyk is waar jy grootgeword het en waar ek grootgeword het naby mekaar… hu? Ek dink nie ek het ooit die grootmense van Prisonierskop hoor praat nie, tensy dit n poep klein dorpie soos Soutpan was. Is dit naby Boshof in die Vrystaat?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s