Trots om ‘n bitch te wees…

Nee, ek is nie. Baie jare terug was ek baie trots daarop dat ek bitch was want ek moes veg vir myself teen mense watse waardes drasties van myne verskil het en ek was outnumbered in daardie groep. Maar deesdae piss dit my af as vrouens so trots is op hulle bitchiness, veral as dit gemik is op ‘n ander vrou. Ek skaam my vir vrouens wat vieslik raak teenoor mekaar, skinder en hulle verlekker in ‘n ander vrou se foute (gewoonlik in groepies) Ek het iewers gelees the world would be very different if we celebrated being nice instead of being a bitch…. of iets soos dit. Kyk nou wat het met die tannie en whatsapp groepie gebeur, hoekom het al die vrouens op daardie groepie nie om haar laer getrek en haar probeer beskerm?

Baie vriendskappe het onnodig lank aangegaan juis omdat ek nie ‘n bitch wou wees nie maar dit moes eindig want sy was ‘n bitch. Ek duld nie meer ‘n geskinder in my midde nie.(Dankie my vriendin A) Dis een ding om te praat oor wie los vir wie, wie sukkel met stoute kinders of wie se man ‘n asshole is maar dis nie nice om te praat van hoe vet sy geword, te lag oor haar man wat rondloop en sy weet dit nie…man, net om te lag en jou te verlekker in ‘n ander vrou se seer is sommer k@k. As jy onseker is of julle skinder, vra jouself of julle oor dit sou praat as sy tussen julle was. Ons is baie vinnig om women’s month te vier maar ons “bitches” kraak mekaar die heel meeste af, ons boelie mekaar en ons kan nie die son oor ‘n ander vrou sien skyn nie. Wil jy katterig sien, sit ‘n maer vrou tussen ‘n klomp vetties of nog erger as jy vet is en hulle maer….jy kan die naels sien uitkom.

So waar kom ons aan hierdie idee dat jy as jy ‘n bitch is, jy sterk is? Ek weet nie maar ek kan jou sê, ons is gebrein wash. Dit vat baie meer om nice te wees. Om gaaf met iemand te wees wat katterig is of jou minderwaardig laat voel, om weg te stap uit die bondel sodra hulle van die tannie se moefie begin praat en lag daaroor, om die een te wees wat ander stil maak as hulle sê ‘n vrou is ‘n slet. Ek is op skool nogal lekker geboelie en vir baie lank het ek gedink deur ‘n bitch te wees, sal niemand skoor soek met my.  Al wat gebeur is mense skinder steeds oor jou maar die keer is jy die boelie in hulle storie. Jy mag vir jouself opstaan, hel jy moet! Maar as ons almal die houdingtjies by die deur los, ophou katterig wees en ophou stront praat oor mekaar kan dinge beter gaan. Die stront van “clicks” kan ‘n stille dood sterf en ons kan ophou om mekaar af te kraak.

Jy is nie ‘n badass sterk vrou as jy ‘n bitch is nie. Jy is ‘n badass sterk vrou as jy uit die groep kan weg stap, langs die ander vrou kan gaan sit en met haar gesels met ‘n oop opregte hart. Jy is ‘n badass sterk vrou as jy vriendelik kan wees met mense wat bitchy is met jou. Celebrating being a good, friendly and strong woman…I’m making this a thing.

images

Die Wit Hasie

Advertisements

10 responses to “Trots om ‘n bitch te wees…

  1. Ekmyselff sien nie myself as n bitch nie MAAR
    … vriendelik kan wees met mense wat bitchy is met jou… hierdie gaan ek nie nie doen nie, ek gaan nie skeinheilig wees en n moordkuil van my hart maak nie, dan mens ek net nie met haar nie… sy kan haar stink houding en reuk vir haarself hou – ek plaas my nie naby haar om verder n krap in die gesig te kry nie, so ek hou verby. Ek hoef nie van almal te hou of met almal vriendelik te wees nie, dit beteken nie ek haat hulle nie, ek kies net met wie ek meng – want ek KAN.

    Like

  2. Ek wens sommige vrouens in die weekplek dink ook so. Maar hulle dink as hulle bitchy is sal almal hulle vrees en respekteer. Met die teenoorgestelde gevolge…

    Like

  3. Daar is ‘n nare gesegde wat ek nou gaan aanhaal hier van onder my skerpioen klip uit…as jy aan ‘n dr@l vat…stink jou hand! Ek is ‘n selferkende snob…nie omdat ek dink ek is beter as ander nie…omdat ek nie krag of tyd het om te mors op enigiets wat nie waarde toevoeg tot my lewe nie! My eie geselskap is aangenaam en ek vul dit versigtig en suinig met hand picked friends, hou my neus uit hulle sake en hou my sake meesal my eie!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s