Fussy eaters en niks ore

Hierdie waitress gaan tans deur ‘n krisis. Ons klein nagaapie het nou in ‘n fussy eater verander. In die begin het hy rou eier en melk gekry, toe hy tandjies begin kry was dit oor na pronutro en van daar vars vrugte. Alles het goed gegaan tot so ‘n maand terug. Hy kry yogurt of melk, blikkies vrugte en vars vrugte asook eier of vleis. Hy eet gesonder as ons. Maar toe begin ek sien dat die klein meneer net sy piesang eet en niks anders, so ek sit toe maar ekstra piesang in. Nee, toe is dit nie goed genoeg nie en hy eet net sy eier, toe net die yogurt. Hy het ook deur ‘n phase gegaan waar hy nie vars vrugte wou eet nie, hy gaan steek sy vrugte weg tot dit uitdroog en dan eet hy dit. Elke aand voel ek soos ‘n chef op ‘n TV show wat die judges moet impress. Soos ek genoem het, hy kry nou al beter kos as my man. Ek het al gaan loer op websites vir ouers van kleuters vir raad. Steeds wen ek nie, hy eet net wat hy wil en nie wat hy moet nie en mors dan die res. Ek is al gatvol.

As dit nie genoeg is nie, het ninja-skaap sy mission om in die huis in te kom steeds nie laat vaar nie. Ek  is ‘n volwasse vrou en beskou myself as redelik slim…tot ek kaalvoet, al skreeuend soos ‘n barbaar going into battle agter die skaap aan hardloop. Dan lyk, klink of voel ek glad nie slim nie. I cave woman. Hy het net nie ore nie en sy nuwe ding is om ons gaasdeur aan te rand. Die gaas het al meer hobbels as my bo-bene. Ek is nie seker hoekom die deur hom so kwaad maak nie maar hy doen dit ook net as ek nie naby is om te sien. Laas week het ek begin huil omdat hy in die huis kom piepie het en ek in dit trap. Hy het net buite die deur gestaan en loer vir my. In trane het ek hom gevra hoekom hy so stout is, hoekom hy dit doen juis waar ek sit en werk. Hy net geblêr en verder gekou aan een van my taak se bladsye. Skaapie dink dat die tuinwerker ‘n ander skaap is. Hy wei heeldag waar Barnibas werk en sodra Barnibas huis toe gaan, wil skaapie kom slaap. Dis vyf uur die middag en nog helder daglig man, daar is geen manier dat Skaapie dan al in die bed gaan klim nie. Hy soek net sy bottle.  Ja ek weet, hy is dalk al ‘n bietjie oud vir bottel drink maar dis ‘n bederfie wat ek nie omgee om te doen nie. Hy is nou net ‘n bietjie TE bederf al.

Terwyl ek hier sit en tik, stamp hy weer die gaasdeur oop en hol dan na die ander deur want hy het gesien ek staan op om die gaasdeur toe te maak en dan glip hy by die ander deur in. Ek sal nooit weet hoekom nie want al wat hy doen is nommer een en twee en dan hol hy weer uit. Dink hy my huis is sy badkamer? Nee kyk, jy kan dink jy is hoe grand, goed opgevoed en slim tot harige viervoet kinders jou ore aan sit. Nou moet ek nog vandag navorsing doen oor organisasies wat diere help want manlief het besluit as hy doodgaan moet al sy geld vir diere geskenk word. Ek begin dink hierdie diere het nou volle beheer oor ons.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

9 responses to “Fussy eaters en niks ore

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s