Is ek fyngevoelig?

download.jpg

Ek het ‘n baie groot probleem met mense wat my nie terug antwoord as ek vir hulle ‘n boodskap stuur nie. Om my te ignore is soos om die nuclear war knoppie te druk veral as jy familie is. Ek verstaan dat die lewe besig is, dat dinge teen die spoed van lig deesdae beweeg so ek verwag nie dat jy my binne sekondes moet antwoord nie maar na 24uur neem ek aan…jy ignore my. Al my mense (vriende en familie) is in SA en ons sien mekaar nie baie nie. Al hoe ons kan praat is deur die skermpies. Ek doen baie moeite om die verhoudings sterk te hou en te wys ek gee om so jy kan jou nogal indink hoe dit lyk as iemand my nie antwoord nie. Dit skree net “ek kan facebook maar ek WIL nie met jou praat nie.” Nou wat doen ek dan?

Ek aanvaar dat ek baie selfsugtige mense in my lewe het vir wie ek meer omgee as wat hulle vir my omgee. As iemand ‘n verhouding met jou wil hê, dan so nou en dan…sal die boodskap van hulle af kom. My hart is regtig baie seer vandag. Ek begin wonder of daar iets fout is met my, doen ek nie genoeg nie, is ek nou maar net een van daardie mense wat hulle sonder kan lewe? So ek het besluit, al verlang ek na die mense…ek sal nooit ooit weer eerste ‘n boodskap stuur nie. Vandag is ek finaal klaar met almal. Een hart kan ook net soveel teleurstelling vat. En as ek dan nou niemand oor het teen Desember, wel dis ook okay want hoekom sal jy mense in jou lewe wil hê wat nie omgee of hulle daar is of nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

11 responses to “Is ek fyngevoelig?

  1. Ek is met jou op daai een. As ek nie iemand dadelik antwoord nie, word op my kop gekak. Maar hulle kan ure of ‘n dag vat om my te antwoord en dan is dit ok. Dit irriteer my vreeslik as ek hello sê vir mense en hulle reply nooit terug nie. Dan voel ek nie belangrik genoeg in hulle lewe nie. En ja, two can play that game. You get what you give.

    Like

  2. Almal het nie altyd ‘n sein nie, of kan iewers besig wees. Leer om mense ruimte te gee, laat jou vriende min wees. Sosiale media oorlaai ons met ‘n onnatuurlike hoeveelheid boodskappe per uur.

    Like

      • In my geval, in die middel van Kaapstad, het ek swak of geen sein waar ek woon. Boodskappe kan dae neem om af te lewer. Jy is hopeloos te liggeraak. Ignoreer mense wat jou ignoreer. Om jou arm af te kou gaan jou net verder seermaak. Verminder jou verwagtinge.

        Like

  3. Daar is min dinge wat my so kan omkrap as om geignoreer te word – hetsy dit vriende, familie, kollegas of enige ander situasie is. Ek leer egter dat verskillende mense verskillende prioriteite het, soms stel iemand uit om my te antwoord want hulle wil nie die boodskap afjaag nie, hulle wil wag tot my boodskap hulle onverdeelde aandag kan kry en hulle is op ‘n kursus of regtig besig. Sommige mense is aktief op FB, ander “sluip” – bekyk als maar neem nie regtig self deel nie. My een sus werk regtig haar as af – letterlik dag en nag – maar ek weet as en wanneer sy tyd kry tap sy ‘n lekker bad, skink ‘n glasie, sluit die badkamerdeur en bel my vir ‘n hele uur telefoonkuier. (Ons bly ook bitter ver van mekaar af). Dan is sommiges net selfsugtig en jou vriendskap is nie vir hulle so belangrik as wat dit vir jou is nie. Anyway as ek te opgewonde raak lees ek weer “Don’t sweat the small stuff.” help nie ek mors my kosbare energie op goed wat ek nie kan beheer nie! Ek rpobeer om nie ander se maatstawwe myne te maak nie – nie altyd maklik nie – bv ek sal vir hom ‘n verjaarsdagboodskap stuur al het hy myne vergeet ens. DIe feit dat hy ‘n d%@$ wil wees beteken nie ek word ene nie – dit kan ek wel probeer. Maar soms moet ek, ongeag hoe hard ek probeer ook erken, dit is beter om my rug te draai en weg te stap van die enetjie af – ter wille van my eie saligheid en innerlike vrede. If your friendship costs me my peace I cannot afford you!

    Liked by 1 person

  4. Heng krap jy nou waar ek ook jik.
    Ek het n paar “groepies” op Whatsapp juis om mense wat vir my belangrik is bymekaar te hou, verhouding te bou, belangstelling te toon en op hoogte met die doen en late te wees en omgee te toon. Dit is nogal n voltydse werkie en vat nogal van jou tyd, veral as jy moeite doen en opreg is in dit. Kyk jy maak vir my dik de@#%& in as ek sien jy lees iets, jy is oline en jy antwooord nie, en 3 dae later waneer dit vir jou pas kom spoeg jy iets terug. Moenie my vertel jy stel belang nie – bog! As dit, die verhouding en die omgee vir jou enigsins iets beteken het sou jy iets terug gestuur het. Dit krap my ook erg om en dit maak seer, soos jy se.

    Liked by 1 person

  5. Erger as dit is mense wat jou in die rede val terwyl jy praat–dis mos genoeg bewys dat hulle nie dink wat jy se is van enige belang nie. Dis mos ok ignore, in hoofletters en in bold print.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s