Die snotboks is stukkend

15446.jpg

Hierdie tyd van die jaar is hel vir my. Dit was ‘n baie lang winter en dis droog. Die wind kom en tel al die stof op en kom strooi dit oor my huis. Die stof is ook nie normale stof nie, die poeier en jy vee twee keer ‘n dag alles af. Dan blom daar ook allerhande mooi goeters wat hulle eie “stof” op die wind se rug laai om na die volgende blom te vat sodat die circle of life kan aan gaan. En intussen voel dit of myne gaan eindig. Tandpyn, hoofpyn, oë wat heeltyd traan, nies, toe neus en ‘n vet geswelde gesig. Ja, dis sinus tyd alweer en die jaar is baie erg. Ek kan niks ruik nie teensy dit ‘n baie skerp reuk is. Met die gevolg is ons amper gister aand dood (dalk is ek bietjie dramaties nou) want die gasstoof het gelek en ek het dit eers geruik toe die gas al in die sitkamer intrek. Met ‘n man wat rook kan ek bly wees ons loop nie met geskroeide hare en swart gesiggies rond nie.

Omdat alles om die snotboks seer is, niks lekker ruik of proe nie kan ek eerlik waar sê die ‘n wonder middel vir die wat gewig wil verloor. So daar is darem so een plus punt of silwer randjie. Ek het al alles op die mark probeer om die sinus probleem op te los maar daardie pille werk nie vir my. Dis nie omdat dit niks aan die sinus doen nie, dis oor dit so baie aan my doen. Ek gaan op ‘n lekker trip as ek enige sinus pille drink. Ek is loomerig en so gechill dat niks, net mooi niks my op gestress kry. Klink great teensy jy goed wil doen soos bestuur, loop en dink. Een of ander middel in die pille het net ‘n helse effek op my wat dit nie op ander mense het nie. Viks en bloekom-olie is nou maar my beste vriende. Ek stoom elke aand as ek gaan bad en net vir good measure, gooi ek tea tree en lavender olie in die bad. Gister aand stap manlief in die badkamer in en kyk my so snaaks aan.

“Dit ruik asof jy jouself gaan stew.”sê hy vir my. Ek dink dit ruik lekker maar tipies man, dink hy met sy maag. Hy is ook nie regtig verkeerd nie. Dit ruik meer soos rosemary daar binne met al die verskillende olies, die water is net onder kookpunt (want ek haat lou warm water) en ek is so wit en rond dat jy kan vergewe word as jy sou dink ons stewe ‘n varkie. Wat my baie af laat voel oor alles is nie hoe ek sukkel met die hoofpyn en ander skete nie maar oor ek nie kan ruik nie. Wanneer die bos begin blom na die winter is dit ‘n reuk wat jy nie kan beskryf nie.

Ek hoop en bid dit kom reën die jaar vroeër as al die ander jare sodat die stof weer grond kan word en ek tog net weer soos ‘n mens kan voel.

Gelukkige Lente se Gat!

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Die snotboks is stukkend

  1. Dit gaan ook maar rof hier in die Bosveld op die oomblik. Moet erken, hierdie tyd van die jaar, tussen die winter en die eerste reëns is my depressietyd! Ek kyk eergister na my pragtige skaaphond so – sy is eintlik ‘n “prime specimen” met ‘n blinkswart haredos en skoonwitgesiggie maar sy lyk nou sommer vaal van die stof! Nadat sy geswem en afgedroog het lyk sy weer pragtig maar toe ek gister by die huis kom – weer vaal van die stof. Nou as die stof my vinnigste hond in een dag so affekteer moet jy weet hoe alles lyk wat stilstaan! Ons volstaan maar by neussproei!

    Like

  2. Haai foeitog Haas? Ekan nou ‘n ma-ding op jou trek en net traai? Dis my siekte ook, ek gebruik elke aand en oggend ‘n neussproei en dalk ‘n allergie pilletjie, sommer daai cheap Allergex, laat mens slaap ook! Maar moenie ophou om my stories te lees oor ek traai help nie…! As die pawpaw die fan strike gebruik ek viral guard…dis ‘n natuurlike immuun booster! Ai!!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s