Die naweek is gedoen en goed gedoen

AP_Lion_Walks_14.jpg

Ons het dit gemaak. Ons het saam leeus gestap, olifante gery en saam jong leeus gaan jag. Die naweek was ‘n naweek van baie eerstes en ‘n eye opener. Ons het baie geleer en ons vrek gestap. Ek is nou nog so styf dat ek soos ‘n ou tannie loop. Ek wil graag ons uitstappie Antelope Park toe in Engels skryf sodat meer mense dit kan lees so verkoon maar as dit bietjie lank vat, ek moet eers iemand vra om dit te proeflees voor ek dit kan plaas. Ek het ook besef dat leeus, so awesome soos wat hulle is, nie juis vir my is nie. Die Amerikaanse Indiane het geglo in Spirit guides/animals en ek dink my man pas baie goed by ‘n leeu maar ek is dalk eerder ‘n olifant(en nou praat ons nie oor gewig nie) Ons het ook poachers aangevat die naweek wat my net hartseer gemaak het want dit voel of die hele Afrika voor die Black Gates of Mordor staan en daar is nie ‘n Frodo om ons te red nie.

Vir die van julle wat nie bang is vir internet surf nie, gaan snuffel rond op www.antelopepark.co.zw. Die mense doen wonderlike werk en het in een naweek dit reg gekry om my ‘n vurige conservationist te maak. Die Handlers is helde en manne met….wel daai goete van staal(julle weet wat ek bedoel). Ek hoop om ‘n blog te post oor ons naweek by AP wat almal sal aanmoedig om ons eie Middel Earth te beskerm al lyk dit soos ‘n oorlog wat mens nie kan wen. Ons bly regtig in een van die mooiste plekke op aarde.

Die Wit Hasie

PS Die foto is van hulle website af

Advertisements

2 responses to “Die naweek is gedoen en goed gedoen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s