Die serial killer in ons huis

Ja, ek moet nou uit met dit. Ek kan hierdie geheim nie meer langer saam my dra nie. American Gothic het vir my gewys dat geheime oor moord nooit goed uitdraai nie. Ons het ‘n serial killer in ons huis. Hy lyk normaal en onskuldig maar los jy hom net vir ‘n oomblik, dan is dit verby en jy moet die stukkies optel…of eerder die vere. Nee dis nie een van die katte nie. Spookie kan nie jag nie (true story) en Katte weet hy mag net muise vir ons bring. Die Ed Gein van ons huis is Tarzan. Hy vermoor klein voëltjies wat skuiling in die hok kom soek het en hy doen dit terwyl hy my in die oë kyk. Ek was laas donderdag in trane oor sy bloeddorstige neigings. Ek piep die klein blou suisies en vuurvinkies vreeslik op en elke aand gaan ek eers in die hok in om seker te maak almal is uit want Tarzan het al een se stert uitgepluk(ek kon gou genoeg die klein outjie red) maar Donderdag het ek een gemis.

Ek sit nog heel rustig en lees my boek terwyl knaapie die hok deur baljaar. Gewoonlik kom vreet hy aan my boek as ek nou nie kyk na die Russian Gymnast wat hy is nie maar die aand los hy my en ek is net te dankbaar. Die volgende oomblik begin hy geluide maak wat ek nog nie gehoor het nie en ek hoor die arme voëltjie se geskree tussenin. Ek vlieg op en gryp hom maar hy stop daardie arme ou dingetjie se hele kop in sy mond en maak my seer om los te kom. Toe laat spaander hy na die hoogste punt van die hok en vreet die ou dingetjie voete en al op. Ek huil so dat Manlief dink iets het met Tarzan gebeur. Hy was natuurlik baie trots op sy jong jagter se instinkte om vleis vir homself te kry. Ek was so die donner in vir Tarzan dat ek geloop het en dinge tussen ons is steeds nie lekker nie.

Ek verstaan dat dit is maar hoe nagaapies is, hulle sal vreet wat hulle gevang kry en ek kan ook nie kwaad wees vir hom nie maar ek is. Hier is so min voëltjies en dan vreet hy ook nog die goed op. Maar ‘n les is geleer, ek inspekteer nou deeglik die hok…hy ook, net ingeval ek ‘n slagoffer gemis het.

004.JPG006.JPG005.JPG

Die Wit Hasie

 

Advertisements

3 responses to “Die serial killer in ons huis

  1. Daai tweede foto lyk baie onskuldig – sou nooit kon sê nie! Laat my dink aan die bure se worshond wat altyd ‘n paar droeë hondepille in sy kosbak oorgelos het om duiwe te lok. Dan vang hy sommer self bietjie vars vleis om sy droeë diët aan te vul!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s