‘n Storie oor Leeus

Om die storie in Engels te skryf vat langer as wat ek verwag het. Ek het dus besluit om ‘n paar van die fotos te plaas net om darem te wys ek werk aan dit.

021.JPGDie man in die groen baadjie is die leeu se “handler”. Hulle is saam hiedie leeus van dat hulle gebore word tot dat hulle self kan jag.121.JPGDie een heel regs is Tamuka. ‘n Dogtertjie wat deur en deur ‘n leeu is. Sy is die een wat hulle ook vir jou sê om voor te pasop want sy jag alles en almal(nog niks gevang nie, hulle is nou eers 10maande oud) En in die middle is Tonga, The Boy. Baie lui en hy kla vreeslik met elke tree.144.JPGEk het op hierdie outjies gaan ry. Almal in hulle laat 20’s. Hulle was deel van ‘n trop van 16 kleintjies wat tydens ‘n droogte in die 90’s gered is. Die boer wat hulle laat red het, het die plan gekry om “rides” te doen as ‘n manier om geld in te kry vir voer. Die park kan net 4 olifante dra en die ander is na Vic Falls en ander parke gestuur. Die diere is iets waarvoor ek baie bang was maar nou sal ek al my geldjies gee as ek net een kan red.035.JPGHierdie groot meneer gaan die leier van ‘n trop wees een van die dae. Hy en vyf ander manne eet elke dag saam. Die rede hiervoor is om te sien wie die baas is want hy is die een wat hulle soek om ‘n trop te lei en ook pa te wees vir toekomstige leeutjies.178.JPGVan ons chalet se stoep af kon ons die vier gentle giants dophou terwyl hulle in die water baljaar. Dit was goed om te sien hoe mooi daar na hulle gekyk word. Daar word net twee keer per dag ritte gedoen(oggend en laat middag) en die res van die tyd is hulle in die veld.188.JPG‘n Perd of ‘n Donkie…of is dit ‘n Ponkie?195.JPGOok net in Afrika wat die sonsondergang so mooi is.

Ek wil nie veel meer weg gee nie want ek het ‘n hele storie oor als geskryf. Ek sukkel nog om te besluit of ek dit die beste besluit is om dit in Engels te doen. Anyway, dankie vir julle geduld en dat julle steeds kom inloer op die blog. Dis ‘n voorreg om my stories met julle te kan deel.

Die Wit Hasie

Advertisements

8 responses to “‘n Storie oor Leeus

  1. Wow Wow Wow! Ek hou van alles wat ek sien! Hoe wonderlik dat mense tyd en geld spandeer om diere weer in hul natuurlike habitat te vestig. Ons het baie meer sulkes nodig. Lyk of julle ‘n amper onbeskryflike ervaring gehad het!

    Like

    • Mens kan dit nie behoorlik beskryf nie maar ek gaan verseker probeer. Hulle motto is dat as die gemeenskap baat deur diere te bewaar, dan sal hulle harder werk om dit te doen. En dit werk.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s